Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Anzil Kulsen se kortverhaal rondom die sosiale media

Naomi Meyer, Anzil Kulsen Skole 2021-09-17

"Hierdie storie kan soveel debat uitlok – daar is ’n paar relevante kwessie waarmee kinders op ’n baie jong ouderdom konfronteer word. Soos die gepoleerde beeld wat ons na buite uitstuur ..."

Toyota US Woordfees op TV 2021: ’n Onderhoud oor die Woordfeesbundel

Naomi Meyer, Suzette Myburgh Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-09-16

"Wat die 2022-Woordfeesbundel betref, moet skrywers nou opskud, want die spertyd vir inskrywings is om 16:00 op 30 September. Komaan, vat ’n kans – dit kan jou R5 000 in die sak bring!"

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Henriëtte Loubser se kortverhaal rondom ekologie en natuurbewaring

Naomi Meyer, Henriëtte Loubser Skole 2021-09-13

"Verder kan debatvoering oor ekotemas soos besoedeling, optrede om die aarde te beskerm, klimaatsverandering, uitwissing van spesies, uitputting van natuurlike hulpbronne en die toekoms van die planeet gevoer word. Daar kan idees uitgeruil word en voorstelle gemaak word om kwessies soos besoedeling en vernietiging aan te spreek; optredes te oorweeg, dus."

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

Naomi Meyer, Bassey Antia Interviews 2021-09-08

"Language may be a factor in how well the lecturer is understood. Language may be a factor in who understands the assessment question. Language may be a factor in who can communicate their answers and be rewarded adequately for the knowledge they possess."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel

Naomi Meyer, Elrien Scheepers Skole 2021-09-08

"Die vier elemente van ’n fabel sluit in ’n morele les, simbolisme, humor en antropomorfisme/vermensliking. Hoewel die diere in my fabel normale dieregedrag toon ... is hulle eintlik simbole van mense of kinders."

Nêrens, Noord-Kaap op kykNET: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Naomi Meyer, Nico Scheepers kykNET Portaal 2021-09-02

"Op die verhoog moet ’n woord of die draai van ’n frase jou hartsnare roer; hier kan  die sweef van ’n kamera deur die veld ’n gedig word."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Naomi Meyer, Chase Rhys Skole 2021-09-01

"Vi leerders wat wel Kaaps praat, gloe ek dattie ontmoeting van hul hystaal innie klaskamer ’n geleentheid bied vi heelheid en alignment. Ek hoep dat it hulle laat besef dat hulle tys sowel as op skool hul outentieke self kan wies.  Vi leerders wattie tys Kaaps praatie, maak blootstelling aan hierdie taal hul gedagtes oep. It gie hulle mee geleentheid om bewus te wôd vannie diversiteit vannie Afrikaanse taal en allie verskillende mense wat it praat."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie

Naomi Meyer, Fanie Viljoen Skole 2021-08-31

"Leerders sal miskien hul eie weergawe van ’n toekomstige skool kan versin, want hulle kinders sal moontlik eendag so skoolgaan. Die Zoom-klasse wat ons vandag sien, is net die begin daarvan."

Woordfees-TV 2021: ’n Onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Onderhoude 2021-08-31

"Ons hoop dat mense wat nog nooit by ’n fees was nie, iets van die ervaring van by ’n fees wees, op die TV sal beleef." Saartjie Botha oor vanjaar se Toyota US Woordfees wat op die TV uitgesaai sal word.

Die leefwyse van ons vroeë mense: ’n onderhoud met Niel le Roux en Rachelle Greeff

Naomi Meyer, Niel le Roux, Rachelle Greeff Onderhoude 2021-08-25

"Die Stigting vir bemagting deur Afrikaans poog met hierdie tipe taalerfenisprojekte om daardeur by te dra tot nasiebou, respek vir en begrip vir en van ons diverse kultuurlandskap. Is die vroeë mense se storie ons almal s’n? Beslis, volgens die SBA."

Kyk wie praat: ’n onderhoud met Jaco Nothnagel, vervaardiger en regisseur

Naomi Meyer, Jaco Nothnagel kykNET Portaal 2021-08-20

"Hulle het ons élke keer onkant gevang met hulle antwoorde – ons het reeds met die kinders se verfilming geweet dat die grootmense nie ’n kat se kans gaan staan nie!"

Wie word ’n miljoenêr? op kykNET: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Freddy Louw kykNET Portaal 2021-08-17

"Langs die pad is daar hulplyne – oor na die gehoor, bel ’n pel en 50/50."

COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Earl Basson Skole 2021-08-13

"Twee dinge staan uit: tegnologie en selfgerigte leer."

Onverskrokke vroue: uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag – ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

Naomi Meyer, Bettina Wyngaard Skrywersonderhoude 2021-08-10

"Elke boek wat ek skryf begin met ’n vraag, iets waaroor ek wonder. Met hierdie boek was die vraag: Hoe baie het dinge verander vir vroue vanaf Bybelse tye? En, in my meer moedelose oomblikke: Het dinge verander?"

COVID diaries: Women’s experience of the pandemic – an interview with Amanda Gouws and Olivia Ezeobi

Naomi Meyer, Amanda Gouws, Olivia Ezeobi Books and writers 2021-08-06

"Because everyone had to work from home, men expected to be able to close the door and get online and work without interruptions, while the mothers had to face the expanding care work and interruptions."

Top