’n Onderhoud met Retief Scholtz, hoofskrywer van Suidooster op kykNET

  • 4

Retief Scholtz (foto voorsien)

Retief Scholtz is die hoofskrywer van die TV-reeks Suidooster. Hy praat met Naomi Meyer oor die skryfproses van so ’n projek.

Retief, (relatief) nuwe jaar en (relatief) nuwe hoofskrywer vir Suidooster. Jy is nou al ’n paar maande lank hoofskrywer daar. Vertel my asseblief heel eerste van die pad wat jy geloop het tot hier. Is ek reg as ek sê dit het vir jou by die sosiale media begin? Jy het ’n inskrywing op Facebook gesien en toe die teks Dop voorgelê? Vertel ’n bietjie meer?

Dit het inderdaad alles daar begin toe Kosie Smit in 2016 die geleentheid gegee het vir ’n aspirantskrywer om deel te wees van sy dramaseisoen by die Pieter Toerien-teater in Johannesburg. Daarna het ek bly ja sê wanneer mense my vra om of vír hulle of saam met hulle te skryf. Ek is nog elke keer daarna dankbaar vir elke geleentheid wat oor my pad kom (en verlig dat ek nog ’n maand my huur kan betaal as ’n vryskutskrywer). Na Dop het ander teaterstukke gevolg (oa Weerkaats, Karel se Oupa, Die voordele van eierwit, Nagskofkliek), en het ek die geleentheid gekry om vir televisie te begin skryf. Ek was onder andere as skrywer betrokke by reekse soos Dwaalster, Alles Malan, GIL, Sara se geheim, Ekstra medium en die storiefilms Tannie Elsie, Voor ek vergeet, Nommer 5, Nommer 54, en het onlangs ook vir die eerste keer die regie van my eie skryfwerk behartig met die storiefilms Brompot en Hardegat. Tussendeur was daar ’n paar radiodramas en kortfilms en ek was vir twee jaar ’n storielyner en draaiboekskrywer by die telenovela Arendsvlei. Dit is in ’n neutedop hoe my pad geloop het tot hier waar ek in Augustus 2021 aangestel is as hoofskrywer by Suidooster. Natuurlik met baie laat nagte, idees wat nie uitgewerk het nie, die angs van die vryskutlewe en trane tussendeur. 

.......

Dit is in ’n neutedop hoe my pad geloop het tot hier waar ek in Augustus 2021 aangestel is as hoofskrywer by Suidooster. Natuurlik met baie laat nagte, idees wat nie uitgewerk het nie, die angs van die vryskutlewe en trane tussendeur. 

.......

Interessant ook dat jy nie met drama begin het nie. Eers later het jy drama studeer en teksanalise begin doen. Hoe verskil die gewone daaglikse dialoog wat mense voer van die soort dialoog wat mens op TV of op die verhoog hoor? Of in boeke lees?

Ek het ’n honneursgraad in bedryfsielkunde gedoen by Noordwes-Universiteit en basies elke werk onder die son daarna voordat ek begin skryf het en uiteindelik geweet het wat ek met my lewe wil doen. Een van die grootste uitdagings vir enige skrywer is om die dialoog so natuurlik as moontlik te laat klink, maak nie saak wat die platform is nie. Die oomblik wat ’n gesprek op die verhoog, radio of televisie klink soos ’n gesprek wat jy in jou alledaagse lewe sou hoor, vind die gehoor dit maklik om met die storie te vereenselwig. Niemand praat dieselfde nie en dis fantasties, maar ek is oortuig daarvan dat jy nie sommer daarmee wegkom as daar nie hart is in wat jy skryf en hoe jy dit laat klink nie.  

Groepsfoto van Suidooster: verskaf

Ek neem aan om goed te kan skryf, veral vir die TV, moet mens mooi luister. Hoe gemaak met ’n sepie soos Suidooster - wat luister jy af, en hoe dink jy na oor wat volgende moet gebeur?

Daar is ’n wonderlike span storielyners wat gelukkig saam besluit wat volgende moet gebeur. As skrywer kan jy baie maklik oorweldig raak om al die toutjies vas te hou, daarom geniet ek dit om saam met ander kreatiewe siele te werk. Wat die afluister aanbetref, het ek vrede gemaak met die feit dat ek alles afluister – as ek myself vang, dan doen ek dit. In winkeltoue, restaurante, ek kan dit nie verhelp nie. Gewoonlik nie die hele gesprek nie, want dit sal vreemd wees en ek mag dalk toegesluit word. Een van my gunstelingaktiwiteite is om op die promenade te gaan stap en ’n paar sekondes van vreemdelinge wat verby stap se gesprek te hoor en dan my eie storie in my kop op te maak met die stukkie gesprek wat ek gehoor het. Mense fassineer my geweldig. Ek dink met ’n sepie is dit veral belangrik dat die kykers voel hulle ken die karakters persoonlik. En net soos in die lewe hou ons nie van almal wat ons ken nie – party mense is ons vriende, ander is ons vyande, met sommiges is ons net ’n vlieg teen die muur, want ons wil weet wat met hulle gebeur. Kykers wil een keer ’n dag vir ’n halfuur uitklim uit hulle realiteit en gaan kyk wat maak die mense wat soos vriende en familie voel sonder dat hulle hoef deel te neem in die oomblik. Hulle is toeskouers, want die res van die tyd moet almal hard werk om die lewe te oorleef.  

........

En net soos in die lewe hou ons nie van almal wat ons ken nie – party mense is ons vriende, ander is ons vyande, met sommiges is ons net ’n vlieg teen die muur, want ons wil weet wat met hulle gebeur. Kykers wil een keer ’n dag vir ’n halfuur uitklim uit hulle realiteit en gaan kyk wat maak die mense wat soos vriende en familie voel sonder dat hulle hoef deel te neem in die oomblik. Hulle is toeskouers, want die res van die tyd moet almal hard werk om die lewe te oorleef.  

........

Wat is vir jou die belangrikste as jy ’n sepie skryf, die karakters of die intrige?

Intrige laat die kykers terugkom vir nog, maar ek glo altyd: karakters eerste. Wanneer karakters eg voel en emosie ontlok – positief of negatief – wil mens altyd meer weet van hulle.  

Vertel ’n bietjie prakties hoe mens ’n sepie soos Suidooster agter die skerms aanmekaarsit.

Dit is ’n massiewe operasie met baie mense wat elke dag baie hard werk. Dis ongelooflik hoe ’n produksie soos Suidooster so soomloos loop. Elke departement wat op ’n daaglikse basis hulle deel bydrae om die prentjie aanmekaar te sit. Stelle wat gebou moet word, klere en grimering wat gekies en gedoen moet word, woorde wat geleer word, logistieke uitdagings, tyd wat tot op die sekonde beplan word en wéér beplan word; klank, regie, bemarking, editing – die lys gaan aan en aan. En niemand kan sonder die ander een klaar kom nie, elkeen se bydrae is nodig om die prentjie te laat gebeur. Dis ure en ure se werk wat ingaan van die oomblik wat ons die storie uitdink tot die episodes aanmekaargesit word elke dag om vir daardie halfuur op televisie te wees. 

Wat is die lekkerste gedeelte van skryf vir ’n sepie? En die moeilikste?

........

Die uitdaging om konstant kreatief te wees, nuwe stories uit te dink en ’n lojale gehoor te vermaak is vir my die lekkerste uitdaging. Dis ook die moeilikste uitdaging. 

.........

Die uitdaging om konstant kreatief te wees, nuwe stories uit te dink en ’n lojale gehoor te vermaak is vir my die lekkerste uitdaging. Dis ook die moeilikste uitdaging. 

Waarna kan kykers vanjaar in hierdie reeks uitsien?

Kykers gaan nog liewer raak vir die karakters wat hulle reeds lief het, en hulle gaan nóg kwater raak vir die karakters wat hulle reeds kwaad maak. Hulle gaan verras word deur die karakters oor wie hulle reeds ’n opinie het en hulle gaan soms nie kan glo wat hulle pas gesien en gehoor het nie.

Hier’s ’n moeilike een: Jy is ’n wit man. Hoe weet jy hoe om te skryf vir karakters wat anders praat as jy, of vir vroue, of kinders, of enigiemand wat ’n ander verwysingsraamwerk het? Hoe klim mens as skrywer in die vel in van jou karakters?

........

Mense se harte, breine en emosies werk dieselfde. Ons raak kwaad, ons raak bly, ons raak opgewonde; soms breek ons harte, ens. Dis universeel. 

.........

Mense se harte, breine en emosies werk dieselfde. Ons raak kwaad, ons raak bly, ons raak opgewonde; soms breek ons harte, ens. Dis universeel. Dis waaraan ek dink wanneer ek stories skryf – hoe werk die karakter se hart, hoekom dink die karakter op ’n sekere manier en wat is die emosie wat die karakter gebruik om ’n sekere situasie te hanteer? Mense – die spesie waarvan ons almal deel is – is my verwysingsraamwerk. Die wêreld waarin die mense (of dan karakters) leef, bring dan die verskille in wat belangrik is om ons uniek te maak. Nes Suid-Afrika word Suidooster verteenwoordig deur verskeie kulture en gelowe. Om seker te maak dat ons die eienskappe wat ons uniek maak, eer en vier, is daar verteenwoordigers van die verskillende kulture en gelowe deel van ons span. 

........

Ek weet dis nie so eenvoudig nie en ons lewe in ’n komplekse wêreld, maar ek dink altyd aan ’n ma wat hoor haar kind huil, of twee verliefdes wat die eerste keer vir mekaar sê hoe hulle oor mekaar voel, of wat deur jou kop gaan wanneer jy jou vinger met ’n hamer raak slaan. Daai gevoelens is dieselfde vir ons almal, maak nie saak wie ons is of waar ons vandaan kom nie. Dis waar ek my woorde gaan haal. As skrywer klim jy in jou karakter se hart – dis jou werk.

.........

Ek weet dis nie so eenvoudig nie en ons lewe in ’n komplekse wêreld, maar ek dink altyd aan ’n ma wat hoor haar kind huil, of twee verliefdes wat die eerste keer vir mekaar sê hoe hulle oor mekaar voel, of wat deur jou kop gaan wanneer jy jou vinger met ’n hamer raak slaan. Daai gevoelens is dieselfde vir ons almal, maak nie saak wie ons is of waar ons vandaan kom nie. Dis waar ek my woorde gaan haal. As skrywer klim jy in jou karakter se hart – dis jou werk.

  • 4

Kommentaar

  • Hennie van Deventer

    Die storielyn van Greg en Donovan en die een wat sommerso in die ander se skoene klim - ek weet darem nie.

  • Goeie reeks wat nou opgemors word deur Greg-/Donovan-drama. In bruin-realiteit sal vrou soos Bridgette nooit met kêreltjje soos Donovan trou nie. As hy immers nog hoog-geleerd of uitsonderlike prestasie bereik het. Laat gaan met Greg en bring Bridgette se man en dogter terug. Dit behoort interessante verwikkelinge te sorg! Laat ook toe dat Nazeem hom vasloop. Gee vir Bianca 'n liefdevolle persoon.

  • Ek sukkel ook om Greg sommer so in Donovan se skoene te aanvaar. Bridget is nie ’n dom vrou nie. Hoekom kom sy dit nie agter nie, maar met ’n kort besoekie herken Naazim sommer dadelik vir Greg. Maar nou ja, dit is mos sommer net ’n storie.

  • Moeg vir lesse.

    Die konstante "lesse" wat deesdae in die sepie ingeskryf word, raak nou te erg. Dit lyk eerder na 'n opvoedkundige, sielkundige klas vir sosiale euwels. Waarom nie soms net 'n lekker ontspannende storielyn gebruik nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top