Retief Scholtz

Retief Scholtz voltooi ’n B.Com (Hons) in Bedryfsielkunde by die NWU, Potchefstroom kampus in 2006 en ’n Drama Diploma in 2010 by MATC in Pretoria. Sy skryfwerk sluit in die volgende:

Teaterwerk:

DOP (2016), genomineer vir ’n Woordtrofee vir André Odendaal as Beste Akteur, 5 Naledi Nominasies en 4 KKNK Kanna nominasies, waar Scholtz wen vir Beste Nuutgeskrewe Teks. Karel se Oupa (2017) is genomineer vir 4 Naledi teatertoekennings en Weerkaats (2017) word aangewys as die Aardklop Hartsvriende se Gunsteling Produksie by Aardklop 2017. Scholtz word met die Fiësta toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar in 2018 bekroon. Drie nuwe toneelstukke vir 2019 waarvan die eerste een debuteer by KKNK 2019. ’n Opdragproduksie vir Margit Meyer Rödenbeck en Marion Holm; Die voordele van eierwit.

Film:

SLAAF (2017), ’n 24-minute Silwerskermfees Kort_ilm, is genomineer vir Beste Teks (Retief Scholtz) en word as die wenner aangwys vir Beste Akteur (Carel Nel).

Televisie-werk:

Retief dien as mede-skrywer op twee Drama-reekse vir kykNET: Dwaalster (2018) in samewerking met Nicola Hanekom en Alles Malan (2018) saam met Corné en René van Rooyen. Scholtz is tans besig met die ontwikkeling van ’n ligte drama vir kykNET in samewerking met Beer Adriaanse.

Foto van Retief Scholtz: verskaf

’n Onderhoud met Retief Scholtz, hoofskrywer van Suidooster op kykNET

Naomi Meyer, Retief Scholtz TV 2022-01-19

"[E]k dink altyd aan ’n ma wat hoor haar kind huil, of twee verliefdes wat die eerste keer vir mekaar sê hoe hulle oor mekaar voel, of wat deur jou kop gaan wanneer jy jou vinger met ’n hamer raak slaan. Daai gevoelens is dieselfde vir ons almal, maak nie saak wie ons is of waar ons vandaan kom nie. Dis waar ek my woorde gaan haal. As skrywer klim jy in jou karakter se hart – dis jou werk."

Skrywers gesels oor kykNET-reeks Dwaalster

Marli van Eeden, Nicola Hanekom, Retief Scholtz Onderhoude 2019-01-31

"Ons hoofkarakter, Annabel Loots, vlug uit die stad omdat sy in gevaar is weens haar werk as ’n ondersoekende joernalis. Terwyl sy op Maanhaarsdrif laag lê, word haar string plofbare artikels oor skaliegasontginning en korrupsie gepubliseer, met dramatiese gevolge."

Top