
Foto’s van Hettie Richter en Daniah de Villiers: verskaf
Daar is ’n groep mense wat die gawe het om met diere te kan kommunikeer. Om met diere te kommunikeer is ’n eeue oue kuns wat die afgelope tyd weer momentum en belangstelling gekry het. ’n Nuwe program op kykNET werp lig op twee van hierdie mense – en natuurlik op die program se ander belangrike hoofkarakters: die diere.
Die aanbieder van die program, Daniah de Villiers, ’n aktrise en diere-aktivis, en Hettie Richter, ’n dierekommunikeerder wat haar bystaan, praat met Naomi Meyer oor die program Dierepraters wat vanaf Woensdag 28 Julie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.
Hallo Daniah en Hettie! Ek sien julle is binnekort op kykNET te sien in ’n realiteitsreeks met die titel Dierepraters. Waar het elkeen van julle se belangstelling in diere begin?
Daniah: Ek was nog altyd baie lief vir diere gewees. Maar ek dink ek het ’n dieper waardering en liefde vir diere en die natuur ontwikkel toe ek vir drie jaar saam met ’n trop leeus grootgeword het. Ek het ’n ander kant van diere gesien en hulle beteken nog steeds so baie vir my.
Ek is baie lief vir mense se stories aanhoor en baie lief vir diere, so toe hulle my kontak om Dierepraters aan te bied het ek nie eens twee keer gedink nie.
Hettie: Ek het die voorreg gehad om op ’n plaas groot te word met ouers wat ook lief vir diere, veral perde, was. Ek het ’n paar diere wat my deur my kinderjare gedra het. Die diere het so ’n groot impak op my gemaak en sal vir ewig in my hart bly voortleef.

Daniah de Villiers: foto verskaf
Honde, katte, perde ... ek hoor ’n voëltjie fluit hulle is almal daar! Watter diere gaan op julle program gesien word en kan julle dalk al iets vertel oor ’n storie of twee op die progamme waarna kykers kan uitsien?
Daniah: Ja, daar is van pikkewyne tot honde en leeus en allerhande tipes viervoetige vriende wat die kykers gaan ontmoet.
Die program kyk na ’n verskeidenheid alternatiewe maniere om diere te help met verskillende maniere en vlakke van kommunikasie. Ek gaan met mense gesels en na hulle getuienisse van hulle en hul diere luister. Hoe dit hulle gebaat het en wat hul perspektief van dierekommunikasie is, asook wat hulle diere vir hulle beteken.
Ek het ’n hele paar vreemde stories ook gehoor wat baie interessant en selfs skokkend is. Kykers sal maar moet wag en saam met my beleef.
Hettie: Elke dier is uniek uit eie reg. Ek was mal daaroor om met die seediere te werk by die Two Oceans-akwarium, waar die pikkewyne ’n paar wyshede kwytraak. Met ’n kat met ’n spesifieke werk wat die eienaar nie besef het nie en as ’n irritasie beskou het. Met ’n perd wat ons almal verras het met ’n geskenkie wat sy dra. En natuurlik die leeu wat my altyd na aan die hart sal lê.
Hoe dink julle praat mense met diere en hulle met ons?
Daniah: Ek glo mense kommunikeer baie meer met hul diere as wat ons dink. Dis ’n verhouding en dieselfde verstaan tussen mekaar soos wat jy met jou beste vriend/vriendin sou hê.
Hettie: Emotion speaks a thousand words. My kind het ’n husky genaamd Hunter wat wraggies sy ogies gerol het en neergeval en gesug het na hy aangespreek was agv stoute gedrag. Liggaamstaal; and they speak to your soul. Soms is dit net ’n knowing. Die grootste geheim is: Love is a universal language.

Hettie Richter: foto verskaf
In die pandemietyd is mense baie geïsoleerd en diere kan dalk help om alleenmense minder afgesonderd te laat voel. Maar voordat almal dadelik diere gaan aanskaf: Watter praktiese oorwegings moet ’n mens oordink voordat jy ’n dier koop of by ’n skuiling gaan haal?
Daniah: Ek het al self gesien en ervaar hoe mense op die ingewing van die oomblik "instant gratification" wil hê en hul behoefte wil vul. Maar mense moet besef om na die troeteldier se behoeftes om te sien is net so belangrik. Dis ’n lewenslange toewyding wat mens maak. Maak nie saak hoeveel skoene daai woefie opeet nie, hul verdien steeds onvoorwaardelike liefde.
Hettie: Ek sien my diere as ’n verantwoordelikheid op alle vlakke, selfs op ’n emosionele vlak. Maak seker jy en die dier is compatible. Maak seker jy het tyd of andersins dat die dier ’n maat het. Ek sien my diere as my familie en verruil hul vir niks in die wêreld nie. Hulle is hier om ons harte oop te maak ...


Kommentaar
Beste Hettie
Ek het ’n swart hondjie, Vlekkie, 8 jaar oud, wat baie skielik begin het om angsaanvalle te kry. Sy bewe en hiperventileer en is heeltemal verskrik. So ’n maand gelede begin. Sy is nou al meer as ’n week op medikasie, maar het nou vandag begin om met haar gesiggie in ’n hoek te gaan staan. Sy is my skaduwee. Ek kry haar bitter jammer, want ek weet nie wat het gebeur nie. Ek het 6 maande gelede verhuis en moes twee van my vier hondekinders laat "slaap" het. Sy het so mooi aangepas in die aftreeoord – ek moet Maandag teruggaan skool toe, maar ek is bekommerd. Hoe kan ek haar help?
Hettie. Ons het jou vraag aan Marianne Lomberg gestuur. Hier is haar antwoord. https://voertaal.nu/vra-die-veearts-vlekkie-kry-angsaanvalle/
Goeienaand, Hettie. Ek het die Brandbach Sport Horse-stoet. Ek het so baie vrae en wonder so baie wat my pêdde te sê het. Dit is vir my verskriklik moeilik om hulle te verkoop. Ek wens jy kan altyd hier wees dat ek kan weet of hulle happy sal wees met die mens en met hul nuwe toekoms. Sal jou graag wil nooi om te kom kuier.
Goeiemiddag
Ek wil graag weet hoe om kontak te maak. Ons het 'n Jack Russel met 'n storie en ons verstaan haar nie. Hoe kan ons kontak maak met Hettie? Hoor graag van iemand.
My Jackrussel wat in Desember 8 jaar oud sal wees, is ewe skielik doof. As ek op 'n grondpad ry, maak hy vir my mal met 'n kermgeluid. Hoe kan ek hom help?
Hoe maak ek kontak met Hettie Richter om advies te kry met my Jack russel wat 'n baie senuweeagtig hondjie is?
Hallo Hettie
Ek wil weet of daar kursusse aangebied word.
Ek is so lief vir diere, maar wil eers hê iemand moet my sê of ek wel sal kan kommunikeer, asb.
Goeiedag
Wil graag met 'n diereprater kontak maak oor my dachshund wat skielik begin seizures kry het, alhoewel die veaarts niks in bloed kon optel nie. Ook my aanneemhondjie wat heeldag en aldag uitkomplek soek.
Hallo Hettie. Ek het het 'n hele spul vrae wat ek graag wil vra... Ek moet partymaal na kinders se honde kyk en dit voel vir my asof balans heeltemal versteur word in my huis..
Diere regtig vir my amper die belangrikste, en sal so graag met jou wil kontak maak.
Hello. Ek soek Hettie se kontakdetails, asb.
Goeiedag! Ons ontvang baie navrae rondom die dierepraters se kontakbesonderhede, maar mag dit ongelukkig ingevolge die nuwe wetgewing nie verskaf nie. Groete, die LitNet-redaksie
Hi Hettie,
I need your help. I adopted a 6 year old Yorkie from her parents that's moving away and can't have dogs. She lost her partner a few months ago as well. I take her for walks twice a day, which she had never done before, but love to do now. She gets so excited that she shivers and cries just before her walk. She follows me everywhere and I can't leave her alone at home, not even to go to the gate, then she cries loudly. My worry is that, if I have to go to work, I know she'll cry the whole day and I'm sure I'll get complaints from the neighbours. How can I help her be at ease?
Liewe Hettie.
Ek het twee Jack Russels en Foxies aangeneem. Hulle het verskriklik baie energie (soos 'n energizer battery wat glad nie pap loop nie). Maar ek lief die energie. Maar Boetie is baie domineering en boelie vir Sussie. Hy wil graag vir almal laat weet hy is die seuntjie van die huis. Hulle is amper een jaar oud. Maar hulle is baie stout.
Ek wil graag hoor of jy met hulle kan kom praat en vra dat hy ophou om so 'n boelie te wees, ophou stout wees en ook om Ma en Pa se bed oor te neem in die aand.
Hi Hettie
Wil graag uitvind wat ons kan doen om ons twee worshonde saam met ons te laat stap. Hulle is byna 17 maande oud. Ons het puppy training gedoen met hulle, maar kan nie gaan stap met hulle nie. Hulle is baie angstig en beur so vorentoe, ons moet omtrent draf om by te bly. Die een is net heeltyd neus in die grond en tjankblaf al die pad.
Ons woon in Midrand, Johannesburg. Kan jy dalk iemand aanbeveel wat ons kan help met hulle, asseblief?
Indien moontlik - kan iemand ons help om ons drie groot honde in vrede saam te laat wees? Ons het die erf opgedeel, maar dit is baie moeilik. Groot, groot asb.; indien iemand met hulle kan kom gesels sal ek lekker koffie maak. Dankie.
Het hulp nodig met honde wat mekaar nie heeltemal vertrou nie, moet hulle saam laat bly en dit gebeur nie.
Kan iemand ons groot asb help?
Sal dit so waardeer.
Hello Hettie. Het advice en hulp nodig met my doggie. Lekker dag
Beste Hettie,
Ek is 'n baie groot aanhanger van jou en het raad nodig. Veral noudat ek sien jy kan selfs oor 'n afstand met diere kommunikeer, sal ek jou advies waardeer. Ek wens ek het die vermoë besit om soos jy om so met diere te kon kommunikeer.
Ons het drie Pekingnese, al 3 is rescues wat al 4 jaar by ons is en hul ouderdomme word geskat op 8 jaar. Hierdie is soos my kinders, hulle is absoluut alles in ons lewens. Hulle slaap by ons op die bed, leef in die huis en kan enige tyd buite toe.
Ben en Mienkie is sover ons kan vasstel, saam van kleintyd en is deur hul vorige eienaars net agtergelaat toe hul Australië toe is. Mienkie het vreeslike sensitiewe voorbeentjies, die veerts vermoed sy is deur kinders(?) aan haar voorpote opgetel. Sy en Ben pieps met tye sommer in die huis, nie groot pieps nie, maar teen die gordyne, deurkosyne, veral as hulle erg opgewonde raak. Daar is altyd 'n oop deur, so hulle kan enige tyd uit. Mienkie is die kleinste van die 3 en word geboelie deur Ben en Pebbles, die ander tefie.
Pebbles is dieselfde tyd aangeneem, maar was erg bang en dit het baie tyd geneem om haar vertroue te wen. Nou is sy my sweetheart, al is sy sku vir vreemdes, maar sy gaan kruip nie meer weg as ons kuiermense kry nie. Sy het of 'n baie seer laer rug of heupies, want as ons speelgoed gooi, en sy spring vinnig weg, huil sy vreeslik en kan nie loop nie.
My vrae is: Hoe kry ek Ben en Mienkie om in die huis nie alles te wil merk nie, m.a.w teen goed te pieps nie? (Mienkie piepie soos n seuntjie hond, lig haar beentjie!)
Waar het Pebbles so seer, sodat ek weet hoe om haar te help? Ons te haar op die bed en stoele. Daar is soveel wat ek anders ook graag van hulle verlede sou wou weet om hulle lewe verder hemel op aarde te maak, maar die pieps deur Ben en Mienkie en Pebbles se seer ruggie/heupies is my eerste prioriteit.
Hallo Hettie. My Katjie, Sweety, lyk of sy hairball wil opbring so +-2 keer per dag. Veearts sê sy hoes. Ons probeer ander kos waarvan sy niks hou nie. Stres sy oor iets? Ek wil net weet wat fout is om haar te help. Lyk of sy seer kry. Is sy happy?
Beste Hettie. Ek is mal oor jou.
Ek wil so graag hê jy moet my help.
Ek het so drie jaar terug 'n verskriklike ongeluk gehad en oor my beste hondjie Mika gery. Sy was op slag dood. My hart was verskeur. Dit was 'n Minpin wat bietjie oorgewig was. Maar ons Riffrug was eintlik die oorsaak van die ongeluk. Hy't altyd op die klein hondjie af gehardloop en dan het hulle uit die pad gespring. En toe spring sy voor my wiel in.
So twee jaar daarna kry ek toe weer n Minpin. Haar naam is Katie. Ook baie intelligent, maar baie kwaai met ons Riffrug. Sy word ongelooflik kwaad as Griffin om my bed loop. En Katie is baie lief vir my man. So lief dat ek afgeskeep was. So, toe kry ek nog 'n minpin, Nonna, wat 'n free spirit is. Nou raak Katie kwaad as ek en Nonna bond. Ek gee nog altyd baie liefde vir Katie. Kan jy groot asb. by Katie uitvind hoekom sy so kwaai is?
Ons het ’n rottweiler/skaaphond-kruising. Hy is so ’n jaar en ses maande; kwaai maar ook saggeaard. Hy pas my man verskriklik op; hy kan nie beweeg nie dan is Rocky by. Hy is ook geleer om in die huis te slaap van kleins af, maar slaap langs die bed aan my kant. Dan het ons ’n twaalf jaar oue worshond. Die twee het goed aangepas en is maats, maar dit pla ons omdat die hond my man so oppas. Ek sou graag wou weet wat gaan in daai hondekop aan.
Beste Hettie
Ek sal graag wil hê dat jy met my hondekind, Blitz, kom praat. Hoe kan ek jou kontak?
Groete, Leone
Hi
Ek het twee tefies, albei reggemaak. Hulle het saam gtoot geword. Die minituurdoberman het onlangs probleme met haar een agterbeen begin kry, die veearts sê dit is kleinhondjiesindroom, maar van sy dit het, baklei die twee hondjies verskriklik, in so mate dat die bloed loop. Wat kan die oorsaak wees en wat kan ons doen?