Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Jan Vermeulen

Naomi Meyer, Jan Vermeulen Skrywersonderhoude 2020-03-03

"Die vonk vir die verhaal was ’n uitgebreide koerantberig oor georganiseerde onwettige hondegevegte in Gauteng en die bykans onmoontlike taak van wetstoepassers om die bedryf hok te slaan."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-03

"In 2019 kon ek die Winnie Rust-skryfskool in Stilbaai bywoon."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Nelia van Zyl

Naomi Meyer, Nelia van Zyl Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-03

"Via 'n laat biblioteekboek spoor Joanie haar ma op."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Isabel Martinson

Naomi Meyer, Isabel Martinson Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-28

"Onlangs, tydens die piek van die brande in Australië, het iemand gesê dat die mens gaan moet van voor af leer om kollektief te leef. Want die rampe tref ons as ’n eenheid."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jelleke Wierenga

Naomi Meyer, Jelleke Wierenga Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-27

"As kind was ek uitgelewer aan die vuil pote van verskeie mans, wat ek nou stelselmatig in my verhale uitroei."

As jy van moord droom: ’n onderhoud met Deborah Steinmair

Naomi Meyer, Deborah Steinmair Skrywersonderhoude 2020-02-26

"Ja, ek is vrekbang. En sal maar enige opstoppers absorbeer. Het ek ’n bronnelys? Nou kan ek nie onthou nie."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Madeleen Welman

Naomi Meyer, Madeleen Welman Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-25

"Die verhaal ('Juffrou Heila se tuin') handel oor selfopgelegde alleenheid wat so toeneem dat ’n skewe perspektief van die lewe begin oorneem."

Adam Small-fees 2020: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2020-02-20

"Lank nadat ons dood is, gaan Adam Small in Pniël en die Afrikaanse letterkunde bly lewe." 

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jeanetta Basson

Naomi Meyer, Jeanetta Basson Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"Die skryfproses van 'Blind' was ’n byna-outomatiese ontlading van empatie."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Johan de Nysschen

Naomi Meyer, Johan De Nysschen Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"Tydens ’n vakansie in die suide van Namibië het ons ’n draai in Lüderitz gemaak."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Frederick Botha

Naomi Meyer, Frederick Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"'Kyk hoe kyk hy vir my' handel oor Tryna wat aan die gewilde musiekspeletjieprogram Noot vir Noot deelneem en met onverwerkte trauma vanuit haar kinderverlede gekonfronteer word wanneer Petula Clark se liedjie 'Downtown' ’n baie spesifieke herinnering na haar toe terugbring."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Adellé von Ronge Kotzé

Naomi Meyer, Adellé von Ronge Kotzé Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"'Snip se boer' handel oor Monique Fourie wat besig is met haar finale jaar in veeartsenykunde by Onderstepoort. Sy word na ’n brahmaanplaas in die Vrystaat genooi vir eerstehandse ondervinding en raak met die intrapslag op die plaasboer se seun Roelf verlief."

Of Motherhood and Melancholia: a bilingual interview with Lou-Marié Kruger

Naomi Meyer, Lou-Marié Kruger Skrywersonderhoude 2020-02-19

"Ek het die boek geskryf vir almal wat in versorgingsrolle is en was en sal wees. Ek het die boek geskryf vir hulle wat verantwoordelik is vir die versorgers in die land. Dit is ons almal."

"Reken op ons woord": ’n onderhoud oor Pharos-woordeboeke

Naomi Meyer, Liné Loff, Annemie Stoman, Marietta Schoeman Onderhoude 2020-02-19

"Pharos se groeiende versameling gedrukte en aanlyn woordeboeke is toegespits op enigiemand wat goedversorgde skryfwerk wil skep."

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Gerda Taljaard

Naomi Meyer, Gerda Taljaard-Gilson Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-11

"Vandaar die verhaaltitel 'Drakebloed', wat nie net verwys na ’n soort toksiese plant wat die hoofkarakter gebruik om haar planne ten uitvoer te bring nie, maar ook na die aard van al drie karakters."

Top