
Toorkombuis: My wingerd word herfs in rosyne
2025-04-15"Luigi’s se brood was byna oordadig uitgerys en die sagte wit van die brood deurspek met blinkvet rosyne, uitgeswel in die warm deeg, wat stroopsoet in jou mond ontplof het."

Toorkombuis: Oor sprokies en pampoenbredie
2025-03-13"[I]n my toorkombuis word hierdie nederige groente nie ’n luukse ryding nie. Nee, dit word omtower in pampoenkoekies met ’n kaneelsuikerlaag wat onder jou tande kraak. Of, nog lekkerder – in ’n bredie waarvan die smaak genoeg is om jou sommer weer van voor af in sprokies te laat glo."

Toorkombuis: Karen se bleddie lekker steak
2025-02-13"Ek kon kwalik aan iets anders dink toe die sjef daardie wonderlike stuk vleis daar uit die hittige oond haal. Dis in die oond gebraai, kon jy sien, en nie oor die oop vuur van steakrestaurante nie. En dit het gedrup van die botter. Daardie hemelse stuk vleis land toe in die asblik ... danksy Mislike Miranda."

Toorkombuis: ’n Oorvloed van appelkose en onthou
2025-01-14"Moenie dat die geweeklaag jou onderkry nie. Januarie is ook ’n maand van nuwe uitdagings en alles in oorvloed – somerson, baie blou lug en die sappigste somervrugte in alle kleure en geure. En – die beste van alles – dis appelkoostyd."

Toorkombuis: Krismis met die radio en gemmerbroodmannetjies
2024-12-11"Wanneer my ouma by ons kom kuier het, moes ek smiddae halfvier saam met haar regskuif en stelling inneem by die radio vir Esmé en Jan se resepte in So maak mens. Dan moes ek fyn luister en vir haar die resep neerskryf."

Toorkombuis: Goud-in-die-mond – roomys vir die feestyd-blues
2024-11-12"Wees gewaarsku: Dis verslawend. Dis die soort roomys waarvan jy selfs diep in die winter bly droom."

Toorkombuis: Brood vir Bottergat
2024-10-14"Met hierdie maklike broodresep het ek al tientalle siele tot brood bak bekeer. Geen voer van ’n morsige suurdeegplantjie nie. Geen geknie. Roer net, laat staan en bak."

Sluk daai ertjies (saam met pasta, spek en room)
2024-09-13"Maar noudat ek my woorde gesluk het – en daarmee saam ’n hele vurkvrag groen albastertjies – bly my gunsteling-ertjiemaal hierdie eenvoudige pastagereg. Jy kan natuurlik jou eie pasta maak, wat die gereg nóg lekkerder maak – maar as die tyd min is ..."

Swartboonsop vir die samesyn
2024-08-19"My lotsgebondenheid, glo ek, is om mens en dier te voer. Ek is soos ’n wafferse Italiaanse mama, gedurig besig om te kook en mense om my tafel te versamel. En in hierdie vreeslike koue winter sorg ek dat daar altyd ten minste ’n pot sop aan die prut is."

Promosie: Reis met rys
2024-08-02"Jy kan tog nie bredie eet sonder rys nie? Kerrie en rys. Bobotie en geelrys. En wat is meer verkwikkend op ’n warm somersdag as ’n lekker rysslaai wat eintlik groen is van al die vars kruie? Noem maar op – daai lekker Chinese gebraaide rys met die repies eier, breyani, kitsery, pilaf, risotto ... ai, die risotto ..."

Winterkokon en pastavelle: avonture met lasagne
2024-07-17"En net daar, met my eie handgemaakte lasagnevelle laag op laag gepak met die geurige vleissous tussenin, het ek nog ’n keer my hart verloor."

Die lekker lewe – koffie en lamsboud
2024-06-13"My liefde vir koffie het op Volmoed begin. Ek was agt jaar oud en het deur die opening in die plankheining geklim om by tant Martjie langsaan te gaan kuier. Veral wanneer sy koffiebone op die oop vuur in ’n groot ou ysterpot gerooster het." Lees meer oor Karen Hart se potgebraaide lamsboud met koffie en bosbessies.

Koningskos uit ’n knoetserige ou knol – patat-en-tiemie-sop
2024-05-14"Die lekkerste lekker vir my is die patat so in sy skil in die oond gebak. Ek eet hom net so uit die skil uit – daardie aardse lekkerte het niks nodig nie, net ’n bietjie geduld met die afkoelslag."

Botterhoender met maan en musiek
2024-04-16"Dis met hierdie musiek en harmonie in my kop en hart dat ek geur en kleur in my potte kombineer en met die wonderlikste smake vorendag kom. Die musiek gee balans aan alles. En met die maan wat, selfs wanneer ek hom nie sien nie, oor my waak, hoe kan ek anders as om lepelsvol van daardie betowering in my kospotte in te roer."

Herfsvye bring vreugde
2024-03-19"Vir my is die mooiste van die vy dat dit nie regtig ’n vrug in die ware sin van die woord is nie. Dis eintlik ’n blom, sê hulle, wat na binnetoe groei. En as jy ’n vy oopsny, kan jy sien hoe waar dit is." Karen Hart deel ’n vyetertresep.