Dis die einde van die pad met my wintertrosie
2020-07-21"Chocolate Log, het die grootbase by Nestlé besluit, is geskiedenis. Ek kan nie onthou wanneer ek die eerste keer deur die dun lagie sjokolade en wolksagte wit tot in die beskuitjie gebyt het nie. Ook nie wanneer ek besluit het dis dié een wat my deur my winters gaan dra nie."
Lied van die lemoen
2020-06-23"As ek die storie van Adam en Eva moes oorvertel, sou dit die lemoen wees wat tot hul val gelei het. Die lemoenboom daar in die middel van die tuin sou Eva al met die geur van sy bloeisels verlei het."
Niks kom by tuisgemaakte malvalekkers nie
2020-05-26"Malvalekkers is vir my feetjiekos, sagte kussinkies van genot – hopeloos te veel suiker en net te lekker om nié toorkos te wees nie."
Hart-kos: Karen Hart oor kos en COVID-19
2020-05-21"Kook en bak was nog altyd vir my terapeuties, en nou nog meer as tevore. Ek het jare gelede die hartseer van my sielemaat se dood só verwerk – van vroegoggend tot laataand voor die stoof gestaan en kook."
Natuurlik is ek bang
2020-04-16"Vir my mense maak ek skottels vir die saamwees. Ons het miskien die stories ontgroei, maar die gesels hou nie op nie en die stiltes praat ook."
Bou jou burger met regte maalvleis, niks anders nie
2020-03-17"En daar kry ek toe my Big Mac. Dit was koud en ek was honger en dié burger het heel goed afgegaan. Maar ek het ook besef ek sal nie huil as ek nog vyftig jaar vir die volgende een moet wag nie. Ek maak eerder my eie."
Boere-souttert sonder grêndgeit
2020-02-27"Die tert weet nog steeds waar hy vandaan kom en giggel so in sy binneste oor die aanstellerigheid van sy grênder niggies, die quiches."
Regte outydse suurlemoenstroop
2020-02-10"En so met die lees besluit ek – by hierdie huis gaan ek ’n suurlemoenboom plant, hier in die agterplaas tussen die twee lukwartbome en die koejawelboom."
Die allerlekkerste roomys
2020-02-03“Agterna het my pa ons na die promenade in Seepunt geneem en daar het ek, nog aan die sweef van die musiek, saam met my pa en my broer draairoomys in die aandskemer langs die see geëet.”
Mango met hoogsomer in die lyf
2020-01-07“In die sappige vlees en soet smaak van ’n mango proe jy die oordaad van hoogsomer. En dis ’n ou vruggie wat jy ook nie sommer so in ordentlike geselskap kan eet nie. Die beste manier om ’n mango te eet, sê hulle, is om die badkamerdeur te sluit, jou klere uit te trek en in die bad te klim.”
Top 10-resepte 2019: Karen Hart se keuse
2019-12-19“Dis die gereg wat ek gaan maak wanneer die stilte neerdaal ná die woelinge van die Kerstyd, wanneer ek saam met my huismense om die kombuistafel gaan sit en nabetragting hou en ons, sat geëet aan feeskosse en die oorskiet daarna, hunker na ’n skotteltjie eenvoudige trooskos.”
Splinterkoekies vir krismis
2019-12-05“In vaalkos skuil baie keer meer geur en ’n magdom van smaakontploffings as op die borde waarop aspirerende klein kunswerke uitgestal is. En moenie ’n koekie aankyk en beoordeel voordat jy daardie eerste hap gevat het nie …”
Poue, bloubessies en bittersjokolade
2019-11-21“Dit was nie altyd maklik nie, ja, maar wanneer daardie poue die bloubessies uit jou hand pik en jou lank en takserend met ’n oeroue wysheid aankyk, vergeet jy van al die rondhollery en hoe duur daardie bessies is.”
Terug Karooveld toe met rooibos en lam
2019-11-07“Maar hierdie kombinasie van rooibos en lam neem my ver terug, iewers na ’n groot stoep wat uitkyk oor die Karooveld. Dan sit en luister ek na die stilte en kyk na die skemermis wat oor die doringbome by die droë rivierloop hang. Trooskos, troostee, my klein hoekie in die ewigheid.”
Lamsboud – die heel lekkerste is die onthou
2019-10-24“Toe staan daardie twee daar onder die Karoo-sterrehemel en sing die liefdesduet uit Don Giovanni soos ek dit in my lewe nooit weer sal hoor nie – saam met Dirk, saam met die onthou …”

