
Brandnetels en ’n sout kaaskoek vir almal wat virus-voos is
2021-09-21"Ek was so opgewonde oor die brandnetels dat ek gesukkel het om te besluit wat ek daarmee gaan maak – brandnetel-gnocchi was ’n gunsteling, maar toe wen die kaaskoek."

Driving Miss Daisy ... reguit kospotte toe
2021-08-17"Hy het eenkeer vir my en my ma agter in die taxi hoor gesels oor die kerrie wat ek wil kook. Maak ek myne met 'ertappeltjies'? vra hy toe. So met die gesels vind ek toe uit hy was jare lank die kok aan boord van die boot wat tussen Mosselbaai se hawe en een van die oliebore gevaar het. Hy belowe toe vir my hy sal sy eie, handgeskrewe resepte vir my bring."

Beskuit
2021-07-15"Ek bak koekies en beskuit. Die koekies is vir bestellings – in moeilike tye soek mense troos in tuisgebak. Maar die beskuit is vir die huis."

Die gezoem van die bye
2021-06-15"Dis nie net vir die nougat en my soetgebak dat ek hul heuning gebruik nie. Ek begin my dag met ’n koppie kookwater met ’n eetlepel van dié heuning en ’n eetlepel appelasyn. Al vir baie jare lank. En ek kook ook graag met heuning. Daar is niks lekkerder as hierdie varklies wat in die sous van heuning en appelbier gaargemaak is nie – pure rykmanstafel!"

Shaleen Surtie-Richards, my hart is seer
2021-06-10"Vir my sal Shaleen die enigste Fiela Komoetie bly. Daar sal nooit weer ’n Nenna wees nie. En ek het my smaak vir die oorspronklike fliek verloor nadat ek Shaleen op die verhoog in Shirley Valentyn gesien het."

Naaldekokers en sjokolademuffins
2021-05-16"My naaldekoker het my weer die betowering om my laat raaksien. Hy het my hart lig gemaak. Die lekkerte van dans-dans deur die lewe gaan, is dat jy die vrugteskommel en muesli van die tafel kan vee om plek te maak vir ’n sondige espresso en ’n dekadente sjokolademuffin wat jou van kop tot tone met gesmelte sjokolade besmeer."

My kombuis word herfs
2021-04-21"Maar niks kom by herfs nie ... dis ’n kleurespel en ’n rykdom van smake en geure. My kombuis word herfs in die warm hart van pampoene en borrie, die ryk rooi van paprika en tamatiesop. En dan is daar die kwepers ..."

Waatlemoenskilpiekels
2021-03-01"Dis hoe die ding met waatlemoenskille ’n nuwe wending geneem het. Ek het so ’n bietjie begin oplees, eers uit nuuskierigheid en toe met ’n gedrewenheid wat ek aan niks anders as hierdie virusvoosheid kan toeskryf nie."

Piesangbrood
2021-01-22"Met die koms van die nuwe jaar en die werklikheid van die tweede vlaag het die gespot ook begin. 'Nou gaan ons weer piesangbrood bak!' Dis toe dat ek besluit: Aan die liederlike lot van my naam en naamgenote kan ek nie veel doen nie, maar ek kan darem probeer om die piesangbrood tot die kroonprinses van die teetafel te verhef."

Hertzoggies vir die Kersvakansie
2020-12-08"Van al hierdie politiekery het hierdie De Bakke-kind destyds niks geweet nie. Dit was ’n koekie uit Ouma se blikke en ek kon die son en die see daarin proe."

Trooskos
2020-10-27"In die kombuis beteken deernis vir my net een ding: trooskos. En vir my is trooskos op sy beste ’n bak doodgewone macaroni-en-kaas."

Erfeniskos in Erfenismaand
2020-09-30"Ek het in die Karoo grootgeword en maar eers hier in die Kaap met waterblommetjiebredie kennis gemaak. Ek het by Cass [Abrahams], uit haar boek, geleer hoe om dit te maak."

Blertsie se geel
2020-08-26"Blertsie, met sy borriegeel borsie en sy trawante se vrolike voëlgesang, kleur my hart en my kombuis ’n sonskyngeel, nog lank voor die donkerte gewyk het. Dan toor ek met kruie en speserye en kook lekker kerriefrikkadelle op ’n goudgeel borrierys, flertse sonskyn vir die donker wolke en reëndag daar buite."

Dis die einde van die pad met my wintertrosie
2020-07-21"Chocolate Log, het die grootbase by Nestlé besluit, is geskiedenis. Ek kan nie onthou wanneer ek die eerste keer deur die dun lagie sjokolade en wolksagte wit tot in die beskuitjie gebyt het nie. Ook nie wanneer ek besluit het dis dié een wat my deur my winters gaan dra nie."

Lied van die lemoen
2020-06-23"As ek die storie van Adam en Eva moes oorvertel, sou dit die lemoen wees wat tot hul val gelei het. Die lemoenboom daar in die middel van die tuin sou Eva al met die geur van sy bloeisels verlei het."