Koningskos uit ’n knoetserige ou knol – patat-en-tiemie-sop
2024-05-14"Die lekkerste lekker vir my is die patat so in sy skil in die oond gebak. Ek eet hom net so uit die skil uit – daardie aardse lekkerte het niks nodig nie, net ’n bietjie geduld met die afkoelslag."
Botterhoender met maan en musiek
2024-04-16"Dis met hierdie musiek en harmonie in my kop en hart dat ek geur en kleur in my potte kombineer en met die wonderlikste smake vorendag kom. Die musiek gee balans aan alles. En met die maan wat, selfs wanneer ek hom nie sien nie, oor my waak, hoe kan ek anders as om lepelsvol van daardie betowering in my kospotte in te roer."
Herfsvye bring vreugde
2024-03-19"Vir my is die mooiste van die vy dat dit nie regtig ’n vrug in die ware sin van die woord is nie. Dis eintlik ’n blom, sê hulle, wat na binnetoe groei. En as jy ’n vy oopsny, kan jy sien hoe waar dit is." Karen Hart deel ’n vyetertresep.
Bekbrandrissiepot vir Valentynsdag
2024-02-13"Rooi ... As ek aan Valentynsdag dink, sien ek rooi. Nie die rooi van die hartjies en goetertjies wat kort ná Kersfees al op die winkelrakke begin propaganda maak vir die liefdesfees in Februarie nie. Nee, daai soort rooi wat die bul kop omlaag laat stof trap en storm."
Ode aan die ui – Franse uiequiche
2024-01-16"Uie, soos Neruda ook sê, is bestem vir die arm man se tafel. En in die baie lang en behoeftige Januariemaand was dit ’n uitkoms. Maar met hierdie eg Franse quiche word die ui tot koningskos verhef."
’n Kerssprokie ... met bobotie en geelrys
2023-12-19"Op my Kerstafel skep ek ’n nuwe kossprokie – ’n lekker tradisionele feesmaal wat my sak pas en my nie gaan laat bloed sweet tot einde Januarie nie. Bobotie met geelrys en stoweperskes, omring deur bakkies met klapper, blatjang en sambal, miskien nog ’n lekker vars slaai – vir die koeligheid en die mooi."
Trek vir daai blik tuna ’n feesrokkie aan
2023-11-15"Hierdie jaar, het ek besluit, trek ek vir November ’n feesrokkie aan. Ek neem ’n eenvoudige blikkie tuna en maak daarvan ’n feestelike dis wat selfs op die Kerstafel nie sal afsteek nie. En ek lag saam met my pa al die vrese weg vir die hartseertyd wat voorlê – ’n 24ste Kersfees sonder hom en ’n eerste sonder my ma."
Solank as die lepel in die pappot staan
2023-10-18"Maar dan sal ek skielik op ’n Sondagmôre wakker word met die vreemde verlange in my en die pappot nader trek ..."
Ontdekkingsreis van geure in dié bleeksiel-lensieskottel
2023-09-19"Ek het intussen die lensies in my kombuis tot sterstatus verhef met my verruklike lensiebobotie en geurige lensieburgers, heerlike lensiesop met varkskenkel en ’n heel gesofistikeerde lensieslaai. Maar hierdie dis, waarmee ek destyds die platsak kanniekokers verlei het, bly nog my gunsteling ..."
Marmite-koek vir die onthou
2023-08-16"Die tafels het gekreun onder al die borde eetgoed wat Prince Albert se dorpstannies aangedra het. Maar al wat ek onthou, is die koddige klein broodvierkantjies, botter en Marmite in die middel, alkant aan die buitekant gesmeer met ’n botter-Marmite-mengsel en in fyn biltong gerol."
Die betowering van sjokolade en klapper
2023-07-13"Met die proeslag het ek onmiddellik geweet: Ek gaan nie rus voordat ek hierdie resep my eie gemaak en vervolmaak het nie. Dit was nie maklik nie. Daardie Grootbrak Romany Creams was ‘n belewenis. Na etlike probeerslae het ek toe eindelik geweet ek het ‘n wenner. Dit was die begin van die einde."
Murgbene: ’n laaste maal
2023-06-16"My ma is dood. Ja, ek is hartseer ... [T]rou aan mý aard gaan my gedagtes natuurlik dadelik terug na my toorkombuis. Wat sou ek vir my ma vir ’n laaste maal wou kook?"
Kruie en speserye: toorgoed vir ’n nuwe begin
2023-05-15"Wanneer jy nou eers jou flessie toorgoed byderhand het, kan jy lostrek en die lekkerste geregte skep. Begin sommer met hierdie een."
Arabiese nagte en ’n Mediterreense son
2023-04-24"Ek het my verkyk aan die blink, dieppers boepensvrug met sy groen stingelhoedjie; so eksoties en so vreemd. [...] Ek het nog te min van kos geweet om beelde op te tower van Arabiese nagte of om met die warm son en blou see van Mediterreense lande op my tong te speel."
Blomkool-en-tiemie-sop: newwermaaind die klankie
2023-03-14"Wanneer jy verby daardie klankie kan kom terwyl dit kook, kan jy die heerlike heilsaamheid van die groente op jou bord geniet. Soos met hierdie heerlike sop, ’n regte herfssop vir die koeligheid in die lug."

