Pophuise en pampoenkoekies vir die onthou
2019-10-09“Dan verlang ek sommer na al die aande voor die ou Aga-stoof in die kombuis en my ma wat vir ons Alba Bouwer se Stories van Rivierplaas voorlees. En die pampoenkoekies met die dik laag kaneelsuiker wat onder jou tande kraak wanneer jy in die sagte geel in byt.”
’n Kombersie vir erfenismaand
2019-09-26“Een van my Ouma se ou resepte, wat ek kleintyd leer ken het as Ouvrou-onder-die-kombers, ken baie ander bloot as koolfrikkadelle ...”
’n Tertjie teen die seer
2019-09-12“Wanneer ek nie kan wegkom van pyn en verlies nie, of net op ’n dag voel ek kan nie hierdie las van menswees langer dra nie, trek ek die koekpanne nader. In krisistye bak ek.”
Tamatiebredie is ’n waardige gryskoptante
2019-09-05"My tamatiebredie is ’n bietjie anders. Ek het te lank op die rand van die Bo-Kaap en in Woodstock gebly en het lankal geswig voor die verleidelike geure en speserye van die Maleise kookkuns. Dit kan jy ook duidelik in my bredies proe."
Moussaka – met ’n knippie kaneel
2019-08-15"Met daardie eerste happie al sal jy die kaneel proe en ver weggevoer word tot binne-in die kaneelverkoper se tent. Net solank jy nie vergeet nie – Ouma se kaneel verdien ook ’n plekkie in ons onthou."
Troossop met bene
2019-07-31"Ek het so ’n troossop met bene in vir oorlede oom Dawid Kruiper en sy mense van die Khomani San gekook. Dit was toe die afgevaardigdes van die Khomani San van die Kalahari af geryloop het om met Thabo Mbeki, toe nog president, te kom praat."
Die eenvoud van dinge
2019-07-11"Toe my ma, broos en breekbaar uit die aftree-oord se siekeboeg by my aankom, het ek haar bederf met ’n sny varsgebakte brood met ’n dik laag avokado, gegeur met sout en varsgemaalde swartpeper. Dis waarvan sy gedroom het, het sy so tussen die happe deur gesê, dit was heel bo aan haar emmerskoplysie."
Maalvleis deur Karen Hart: ’n onderhoud
2018-04-16"Ek hou daarvan om met kruie- en speserymengsels te eksperimenteer en maak my eie mengsels. Ek het in die kaneelwoude van Sri Lanka leer kerrie kook en dis maklik een van my gunstelinge, met ’n kerriepoeier wat ek self aanmaak."

