“My pa was ’n dominee!”
2015-07-01Jean Oosthuizen het met ’n paar uiteenlopende pastoriekinders gesels om te hoor watter invloed die pastorielewe op hulle geloofsvorming gehad het.
Die noodsaaklikheid van 'n totaal “ander” teologie
2015-06-23"Aangesien die huidige aarde moet vergaan, kwel die ekologiese krisis min Christene. Van hulle vra: Waarom moet ons moeite doen om die aarde te red as dit tog eendag moet vergaan?"
Die merkwaardige nalatenskap van Jan die Gewer
2015-06-11Jean Oosthuizen het met Pieter Kapp, die skrywer van Nalatenskappe sonder einde, gesels oor die onuitwisbare spore wat Jannie Marais in Suid-Afrika nagelaat het.
Red ons taal
2015-06-03"Afrikaans beskik oor norme en standaarde wat deur die jare geskep is, asook ’n goedontwikkelde wetenskapstaal en akademiese taal – ons hoef dus nie woorde of terme te gaan soek nie, dit bestaan reeds en ons kan dit gebruik. Die manier waarop ons dit gebruik, hang van sprekers se houding teenoor taalgebruik af."
Sit die skrikbewind van boelies stop
2015-06-03"Die skade aan mense wat op skool geboelie word, is onberekenbaar, veral as hulle dit in stilte en in die geheim dra. Die rede vir stilswye is dikwels die skaamte en vernedering wat hulle ervaar en minderwaardig laat voel."
Waarheen nou met die kerk?
2015-05-20 Hoofstroomkerke in Westerse lande trap wêreldwyd al hoe meer klei om lidmate te behou, en veral jongmense bly in al groter wordende getalle weg uit die kerk. Ook in Suid-Afrika het kerkleiers by die afgelope sinode van die NG Kerk in die Wes- en Suid-Kaap gevra waarheen nou met die kerk? As die kerk hom […]
"Die regte Eugène Marais moet nog ontdek word.”
2015-05-13"Die handdruk van die dood is ’n eerlike poging om te probeer verstaan hoekom Marais nooit werklik ten volle tot sy reg gekom het nie; dit is ’n opregte poging om begrip vir die omvang van sy verslawing te kweek."
Waar lê die uitklophou vir Afrikaans?
2015-05-08"Ons het so baie om trots op te wees rakende Afrikaans wat ons oor 90 jaar bereik het: ons letterkunde, ons woordeboeke, ons vaktaal, die gehalte van studente wat in Afrikaans aan ons universiteite opgelei is, ons vermoë om planne te maak as ons in ’n drukgang kom [...], ons verenigings wat voortreflike werk doen, ons kunstefeeste, ons mense wat op soveel vlakke die land dien. So kan ’n mens aangaan. Kom ons koester wat ons het en bou daarop voort."
Groen ekonomie kan die planeet red
2015-04-29Die wêreld staan voor ’n ekonomiese keuse wat die toekomstige welstand van die hele mensdom kan bepaal. Is die katastrofale gevolge van die aarde se oorbenutting dalk nader as wat ons dink?
Strydkamer moet die land van duisternis red
2015-04-29Die elektrisiteitskrisis kos die land elke maand miljarde rand. Baie Suid-Afrikaners verkeer letterlik en spreekwoordelik in die duister oor die land se energiesituasie. Jean Oosthuizen het met Christo van der Rheede gesels om uit te vind hoe ernstig die situasie is en hoe dit die ekonomie raak.
Hoeveel is een plus een in Kubaans?
2015-04-21Jean Oosthuizen het met Fedsas se provinsiale bestuurder in die Vrystaat, Chris Verhoef, gesels oor die departement se planne om Kubaanse onderwysers in te voer.
Is Al-Qaeda regtig in Suid-Afrika bedrywig?
2015-04-14"Daar is meer as genoeg bewyse van wat in ons land aan die broei is."
