Jean Oosthuizen

Joernalis

Boekwurms looi bankier se spaarplanne

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2015-11-03

"’n Voorstel dat boekliefhebbers biblioteek toe gaan of vriende se boeke leen as hulle geld wil bespaar het ’n storm in die kuberruim veroorsaak."

Skerpskryf in Afrikaans

Jean Oosthuizen Skole 2015-10-29

"Nie net onder moedertaalsprekers van Afrikaans nie, maar ook by diegene wie se tweede taal Afrikaans is, heers daar ’n aansteeklike opgewondenheid oor die taal wat kleur en kultuurgrense oorskry. As dit is hoe die jongmense van vandag Afrikaans ervaar, hoef daar geen vrees te bestaan vir die toekoms van Afrikaans nie."

Chaos by skole oor ANA’s

Paul Colditz, Jean Oosthuizen Onderhoude 2015-10-27

Die jaarlikse nasionale assesseringstoetse by skole het vanjaar chaos in die onderwyssektor veroorsaak toe die vyf onderwysvakbonde hul lede opdrag gegee het om dit te boikot. Jean Oosthuizen het by Paul Colditz gaan aanklop om uit te vind waaroor die bohaai gaan.

#feesmustfall kan bydra tot ’n beter Suid-Afrika

Jean Oosthuizen, Piet Croucamp Onderhoude 2015-10-23

"Suid-Afrika is vandag beter af as ’n maand gelede, danksy die woede en angs van die swart middelklas."

Daar is 'n olifant in die kerk

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2015-10-20

"Daar moet 'n brawe dag kom waar die Kerk bloot erken: die Bybel is hieroor verkeerd."

Geagte Jahwe deur Willie Esterhuyse

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2015-09-30

"Die inspirasie vir sy boek, wat deur Naledi uitgegee word, het hy op die stormagtige klein eiland Malta gekry. Dis daar waar hy met Jahwe begin korrespondeer en 11 briewe aan hom geskryf het."

Eugène Marais die Boheemse Boer in Londen

Jean Oosthuizen, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2015-09-21

Een van die talle raaisels oor die lewe van die beroemde Afrikaanse letterkundige Eugène Marais handel oor sy jare in Londen toe hy in die regte studeer het. In ’n opspraakwekkende boek wat pas deur Tafelberg uitgegee is, kom die skrywer, Carel van der Merwe, met talle verrassende ontdekkinge vorendag wat hy met vers en kapittel staaf.

Chris Chameleon, Boerseun in 'n punkpienk minirok

Chris Chameleon, Jean Oosthuizen Onderhoude 2015-09-14

"Afrikaans is ʼn taal, is ʼn mens. Jy praat hom en/of hou van hom of nie. Ek hou van hom. Eintlik is die taal vir my ʼn 'haar'. Sy sit gemaklik in my mond, ek worstel graag om haar kinkels my denke uit, sweet graag om haar kurwes my doene uit."

Wie het God geskep?

Jean Oosthuizen Geestelik 2015-09-03

"Vir Pienaar was dit vreemd dat ’n kreasionis soos Howe hom op die wetenskap beroep. Howe se argumente het soms vreemde draaie geloop. Hoewel hy hom telkens tot die wetenskap gewend het om God se bestaan te probeer bewys, is hy terselfdertyd ’n kreasionis wat glo die aarde is net 6 000 jaar oud."

Denise Ackermann en die Man op die geleende donkie

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2015-08-25

Denise Ackermann en Elna Mouton het Saterdagoggend in Protea Boekwinkel gesels oor Ackermann se boek Surprised by the man on the borrowed donkey, uitgegee deur Lux Verbi.

Syferkunde is wiskunde se moses

Jean Oosthuizen Skole 2015-08-19

Kan wiskunde lekker gemaak word vir leerders? Jean Oosthuizen gesels met Wilhelm du Toit wat 'n unieke program ontwikkel het om leerders se syfervaardigheid radikaal verbeter.

Wie se Afrikaans? Ommietafel by die Afrikaanse Taalmuseum

Jean Oosthuizen, Izak de Vries Portale 2015-08-18

"Baie van daardie mure wat Afrikaanse mense dekades lank in kampe verdeel het, is Vrydagaand afgebreek toe daar prontuit om die tafel gepraat is oor wie se Afrikaans."

Fotobeeld: Musiek, visuele kuns en poësie verklaar oorlog teen korrupsie

Jean Oosthuizen Menings 2015-08-12

Sangers, kletsrymers en digters het hulle stemme Vrydag dik gemaak teen alle vorme van korrupsie. Jean Oosthuizen het 'n fotobeeld saamgestel.

Ouers wat skei en baklei laat kinders ly

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2015-08-07

"Dit is ook nie net die kinders wat daaronder ly nie. Geskeide ouers gaan dikwels self deur diep waters na ʼn egskeiding, en die verhouding met hulle kinders ly baie keer erg daaronder."

Die Catch-22 van woordeboekwerk

Jean Oosthuizen, Jana Luther Skrywersonderhoude 2015-08-06

"’n Goeie woordeboek weerspieël die gees van sy tyd. Ons taal en taalgebruik weerspieël wie ons is. As woordeboekmakers is dit ons werk om taal op ’n gegewe moment in die tyd en geskiedenis te beskryf, sonder waardeoordele."

Top