Jan Rap

Gebore op ’n baie vroeë ouderdom. Onlangs afgetree.

Jonathan Jansen

Jan Rap 2013-10-03 "Soos professor Jonathan Jansen sê, swart ouers verkies dat hulle kinders in Engels onderrig word.  Sy hele betoog sou nie gebeur het as Afrikaanse ouers dieselfde ingesteldheid gehad het nie."

Vir Angus oor onder andere die UV-strale

Jan Rap 2013-09-27 Die 'wieg van die mensdom' se mense kan netsowel immigrante van, sê waar Sjina, of Antarktika nou is, wees.  Of nie.  Ons weet nog nie.

Donkerland gaan toe ...

Jan Rap 2013-09-27 ... so voort soos ek vermoed het; Boereverguising en eie-bril-stukkend-trap oor die verlede, of sal ek sê gewaande verlede.

Vir Chris de Wit oor Sailor Malan

Jan Rap 2013-09-23 Om 34 vyandige vliegtuie af te skiet sit nie in enige ou se broek nie, hy wás dus 'n yster.

Vir Angus en Wouter

Jan Rap 2013-09-23 Ek reageer op julle kommentaar onder Angus se brief oor die blas vel.

Vir Jaco oor sy probleem met Dan Roodt

Jan Rap 2013-09-23 Jy het dus 'n drogstelling gemaak en ek weet nie of dit moedswillig is en of dit maar net is omdat jy nie mooi verstaan wat jy lees nie.

Aanrandinsident (Kind op onderwyser)

Jan Rap 2013-09-23 Daar is niks, of nie meer as die gewone, verkeerd in daardie kind se ouerhuis of met die kind nie.

Oor Jaco se antwoorde

Jan Rap 2013-09-09 Om debat te voer geld 'n paar beginsels en een belangrike een is dat persoonlike opinies, met ander woorde stelling sonder feitelike stawing, taboe is.

Vir Angus oor sy Kennisbrief

Jan Rap 2013-09-09 Dit is natuurlik jou goeie reg om op 'n kissie te klim en jou oortuigings ten opsigte van godsdiens te verkondig, dis immers 'n vry land (alhoewel, ek wonder) maar hoekom altyd op 'n neerhalende manier?

Vir Jaco wat wil praat

Jan Rap 2013-09-04 Jy is in vervoering oor die konstitusie; hoe help hierdie konstitusie die wat ly onder misdaad en regeringsonbekwaamhede – plaasaanvalle, rou riool in riviere, stakings, slaggate ens?

Dankie George …

Jan Rap 2013-09-04 Hoe dit ookal sy, ons Afrikaanssprekendes tel nie. Wie se skuld is dit? Ons eie.

Talent

Jan Rap 2013-09-04 My bek het oopgehang; dat 'n ou so uit die vuis uit kan rym verg talent. Die man kan vir ure praat sonder om enigsins te hakkel of stotter en dit nogal in rym!

Jaco jy praat deurmekaar

Jan Rap 2013-09-02 Terloops, jy sê in jou openingsparagraaf "SA is nie 'n demokrasie nie, wel 'n regsstaat" maar dan praat jy regdeur in jou brief van 'ons demokrasie'. Hoe nou?

Eerlikwaar, Wouter …

Jan Rap 2013-09-02 Is die mediese wetenskap byvoorbeeld meer gevorderd as, sê, die regswese, of is metallurgie agter plofstoftegnologie, het suiwer wiskunde tred gehou met kwantummeganika, die soort van ding.

Etiket

Jan Rap 2013-09-02 Nou die dag toe ek die bakkie aanskakel vang ek die laaste stukkie van die praatjie wat Amore met Nathaniel oor etiket het en die stukkie wat ek hoor Nathaniel sê is: " ... 99 Afrikaanssprekendes in die gehoor en een Japannees dan praat jy Engels."
Top