Eerlikwaar, Wouter …

  • 0

... jy sal begin oplet, konsentreer, fokus. Onderaan my brief (Vrydag, 30 Augustus) waarin ek jou vra om van jou stellings te staaf begin jy jou kommentaar met die stelling "... Jou brief het as oogmerk die vraag oor vooruitgang gehad."

Ek neem jy verwys hier na my brief van 16 Augustus. Jy's verkeerd; die brief was nie oor vooruitgang nie maar of mens sou kon bepaal in watter mate die verskillende dissiplines ten opsigte van mekaar ontwikkel is. Is die mediese wetenskap byvoorbeeld meer gevorderd as, sê, die regswese, of is metallurgie agter plofstoftegnologie, het suiwer wiskunde tred gehou met kwantummeganika, die soort van ding.

Wat jy gesê het ter stawing van jou stellings is ... niks; jy het bloot net daardie stellings herhaal. Miskien is dit te veel gevra van jou om 'n hele brief van jou se stellings te staaf of verduidelik so kom ons vat maar net so paartjies:

Hoekom sê jy Treurnicht en Van Zyl Slabbert kan nie in dieselfde asem genoem word nie (mag so wees maar wat is jou rede)?

Hoekom sê jy wat jy noem die 'federale model' (voortvloeisel uit aparte parallelle ontwikkeling met ander woorde) het nie gewerk nie? Dit is byvoorbeeld analoog daaraan om te beweer die wêreldhandelsentrum (Twin Towers) het nie gewerk nie bloot omdat hulle nie meer bestaan nie.

Waar het die Engelse goewerneurs, Louis Botha en Jan Smuts se apartheid met Malan en Strydom s'n verskil?

Was die woord 'baasskap' werklik Strydom s'n, het hy dit ooit gebruik?

Alhoewel hierdie vrae voortspruit uit stellings wat jy gemaak het en jy dus redes daarvoor BEHOORT te hê dink ek dit gaan jou 'n rukkie besig hou; ek vermoed jy't sommer net gepraat omdat praat praat is.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top