Jan Rap
Gebore op ’n baie vroeë ouderdom. Onlangs afgetree.
Die onderwys en ouerbetrokkenheid
Jan Rap
2014-01-14
"Onderwys begin by die huis. Onsin; hierdie storie van begin-by-die-huis is net weer werk wat op die belastingbetaler gelaai word wanneer die dienste waarvoor hy belasting betaal nie gelewer word nie soos byvoorbeeld sekuriteit, vullisverwydering en ander munisipale dienste."
Bravo Annelie van Rooyen!
Jan Rap
2014-01-06
Met Annelie se bedankingstoesprakie (Huisgenootskouspel) het sy nie een keer die woorde 'amazing', 'stunning', 'awesome' of enige van die Engelse woorde wat die slebs so gretig is om te gebruik, gebruik nie.
Hoekom …
Jan Rap
2013-12-03
… as iemand sê hy kan nie Afrikaans praat nie, is dit in die sleutel van 'n stelling soos "ek is mos nie eintlik 'n pillemens nie", of "ek maak mos nie eintlik kos nie" terwyl, daarenteen, as iemand nie Engels kan praat nie, is dit in die sleutel van "berge bedek my"?
Bravo Amanda Strydom!
Jan Rap
2013-12-02
Amanda is 'n ware sleb; sy het nie nodig om 'n image te probeer projekteer nie.
Vir Wouter
Jan Rap
2013-11-29
Gestel Dr Burger het 'n faktor 6 fout gemaak, of ek het met 'n faktor 6 verkeerd geluister dan is dit 6 opstande PER DAG waarvan een gewelddadig is. Dis nou soos jou demokrasie werk.
Vir neef Jannie
Jan Rap
2013-11-28
Jy moet nou nie laat die ouens jou 'n gat in die kop praat en laat skuldig voel oor iets waarin jy geen deel gehad het nie.
Vir neef Jannie
Jan Rap
2013-11-26
Dankie vir jou briefie gister waarin jy jou kommer uitspreek oor wat die polisie destyds verkeerd sou gedoen het.