Nou dat die skole weer begin is daar baie radiopraatjies en inbelprogramme wat handel oor wat gedoen moet word om die skole WEER reg te kry. Terloops, kom dit ooit by iemand op oor wat die oorsaak is dat die skole nie MEER reg is nie?
Eventwil, van die gaste asook baie van die inbellers gee hulle antwoord vir die probleem: Onderwys begin by die huis. Onsin; hierdie storie van begin-by-die-huis is net weer werk wat op die belastingbetaler gelaai word wanneer die dienste waarvoor hy belasting betaal nie gelewer word nie soos byvoorbeeld sekuriteit, vullisverwydering en ander munisipale dienste.
Dit is wel so dat waardes soos dissipline, pligsgetrouheid, respek (vir onder andere onderwysers), stiptelikheid, netheid ens ens deur ouers behoort teweeggebring word maar waar dit nie gebeur nie beteken dit net 'n bietjie meer werk vir die onnie. Daar is niks soos 'n goeie drag slae om 'n leerling weer op die regte pad te plaas nie.
Ook is dit wonderlik as ouers kinders aanmoedig en ondersteun maar nie tot die mate dat die kind eendag verlore gaan wees sonder die hulp nie, byvoorbeeld op universiteit of kollege. Te dikwels doen ouers die kind se take, 'n luuksheid wat nie koshuis- of weeshuiskinders beskore is nie.
So, die oplossing vir die probleem om die onderwys WEER op dreef te bring is goeie onderwysers en lyfstraf. Om goeie onderwysers te kry moet hulle baie goed betaal word wat natuurlik logieserwys meebring dat hulle goed opgelei moet wees wat slegs kan gebeur as onderwyskolleges weer ingestel moet word.
Regstellende aksie in die onderwys werk gewoon nie. Trouens, dit werk nêrens nie (gebruik mens ooit die dubbele negatief saam met 'nêrens'?).
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap,
ek is bevrees jou pleidooi, vir die herinstelling van lyfstraf gaan op dowe ore val.want :
"South African Schools Act, 1996 (Act No. 84 of 1996) Chapter 2 :
Learners 10. Prohibition of corporal punishment
1)No person may administer corporal punishment at a school to a learner.
2)Any person who contravenes subsection (1) is guilty of an offence and liable on conviction to a sentence, which could be imposed for assault."
Hoe daar verwag word van onderwysers om dissipline in oorvol klaskamers, veral in seunskole te handhaaf, sal net die wetopstellers weet. Dit is 'n natuurlike neiging, van die jeug, ons almal was daar deur, om die grense te toets, voordat daarop getree word, veral as 'n onderwyseres voor 'n klas staan.
As sy nog mooi is, is die aandag in ieder geval op 'n ander plek as die les. So ek is bevrees sielkunde is in
en die rottang uit. Geen wonder dinge ruk soms hande uit. As die weermag, veral die een in my tyd,
moes gefunksioneer het, soos vandag se onderwysstelsel, sou bittermin, hindernis -en rivierkruising, voltooi gewees het, en was donga kruip uit.
Dit is nogal 'n ervaring as jy deur 'n donga kruip en 'n stem van bo af sê,' skouers en boude plat ' en dan sommer uit die sy word gevuur, net bokant jou boude en skouers, sodat jy net die dowwe plofgeluide bokant jou hoor en grondkorrels op jou neer reën.
Kon my draai nie kry nie, toe die donga wegswaai en kry toe 'n mooi ronde gaatjie in die lus van my oorpak.
Reken ek moes onmiddellik vir sielkundige berading na die voorval gegaan het. Wonder of ek nog 'n eis kan indien?
Charity starts at home...en as julle mislike onopgevoede kinders wil sien, gaan basies na OZ, NZ, of enige ander land in EU, VSA of Kaknada...daai kinders is dikwels demonies en duiwels, van vroeg af op die dwelms en drank...en SA volg fluks die Weste se voorbeeld in nog alles en wat...
Jan jy sê ons het "goeie onderwysers" nodig. Ek dink "goed" in die sin van gedissiplineerd. Die eerste wat moet waai is die onderwysvakbonde of hulle mag moet drasties verminder word. 'n Onderwyser wat 'n las vir die skool is moet eenvoudig ontslaan word. Dink aan al die kinders wat hy benadeel. Hoe ons die afgelope twintig jaar se tradisie van (feitlik) geen ontslag gaan omkeer weet ek nie. 'n Mens verlang sommer terug na die ou skoolinspekteurs!
Beste Jan,
Angus
Wow! Ek self ontbreek in suiwer standaard Afrikaans, beide prakties en akademies. Dit is verblydend om te sien hoe iemand soos jy dit kan uitwys hoe moeilik dit eintlik is om 'n taal-puris te wil wees soos dit Jan se ideaal is.
(Jan. Geen geniepsigheid teenoor jou hierby bedoel nie).
Angus, dankie man!
Jaco, moenie hoeharrie nie, ek het dan immers die vraag gevra. Mens is nooit te oud om te leer nie. Om die waarheid te sê, hoe ouer jy word hoe meer moet jy leer want jy vergeet al hoe meer wat jy geleer het. Soos jy kan sien sukkel ek nou met standerd 3 se goed.
Groetnis
Jan Rap
Beste Jaco,
Angus
Toemaar. Ek en Jan is ook groot vrinne. Hy weet dit net nie.
Goeienaand Jan
Ek stem saam wanneer die skool begin, dan praat almal skool. Gelukkig hoor ek nie al die praatjies en programme nie. Dis 'n feit dat almal praat en baie probleme val op dowe ore.
Ek is self 'n onderwyseres. 'n Dag in my lewe is dat die helfte van die kinders wat by my klas kry, nie oor die vermoë besit om in die graad te wees nie. Die departement erken nie dat ons vandag in ons klasse met leerders sit, waar hulle kronologiese en verstandsouderdom nie in lyn met mekaar is nie. Miskien het iemand vir my 'n antwoord.
Hoe gaan die volgende leerder 60% vir wiskunde behaal, en wis mens die agterstand uit? 'n Betrokke leerder is vir die 2de jaar in graad 4, geen spasies tussen die woorde nie, alles lyk soos een lang sin, tydens eksamen word die vraag net so gedupliseer as die antwoord. Die leerder kan glad nie lees of skryf nie. Geen fyn metoriese beheer nie, by tye baie aggressief. Aan die einde van die jaar is die leerder 14 jaar oud met 'n verstandsouderdom van 'n 6jarige kind.
Ons as skool kry geen hulp van die departement nie. Dis maar een kind. Daar is baie sulke gevalle. Gaan lees wat is al die karaktereienskappe van Fetale Alkoholsindroom kinders. Hierdie kind verstaan nie lyfstraf nie want eintlik is die kind verstandelik gestrem. Jy rig meer skade aan. Op die platteland is alkoholmisbruik 'n groot probleem. Spandeer 'n dag saam met my in my klas dan praat ons weer. Bring net baie geduld saam.
Daar is baie probleme in die onderwys en ek weet nie of ons ooit by al die oplossings gaan uitkom nie. Daar kan honderd unies wees, dit los nie my probleem in die klas op nie. Vir taak-opdragte moet ons as onderwysers die bronne, die skryfbehoeftes, die tydskrifte en wat jy ook al nodig het vir die taak, uit ons sakke betaal, want oorwegend kan die ouer nie eens skryf of lees nie, of daar is nie 'n ouer nie. Party gevalle is daar geen ouer nie. Ek het 139 leerders vir wie ek vakonderrig gee, met net EEN handboek, en al die skole het mos die handboeke gekry.
Ek stem saam dat onderwyskolleges weer ingestel word en dat daar skole is waar dit maar baie sleg gaan. Mens kan niks aan die saak doen as jy bly ontken daar is nie 'n probleem nie.
Groete
Ettorina