Vir Wouter oor sy kommentaar

  • 0

Hallo Wouter (hello is verkeerd en klink kok)

Ten opsigte van jou kommentaar op my brief aan Dirk Rigter:

Wat sê jy nou eintlik? Oor die 1 500 woorde wat bestaan uit meestal aanhalings. Kan jy nie op eie pote staan nie? Indien die aanhalings relevant is, beduie dan tog in welke mate.

Byvoorbeeld, jy haal my aan waar ek vir Dirk sê sy storie oor verskuiwings van miljoene hou nie water nie omdat, met 'Verwoerd wat weer regeer', sou daardie miljoene immigrante nie in die land gewees het nie. Om dit te negeer help dit nie om Verwoerd aan te haal nie; om die waarheid te sê, jy bevestig net wat ek gesê het.

Hier's 'n wenk: Bêre jou kommentaar vir 'n dag of twee, lees dit weer en werk dit by. Gee vir jou vrou/metgesel/vriend om te proeflees en stuur hom dan.

Ten opsigte van jou kommentaar onderaan my brief 'Witterige leuentjies':

Wat sê jy nou eintlik? In hier by die 850 woorde haal jy aan uit heinde en verre en sê niks behalwe dat die wet of wette waarvolgens Mandela tronk toe is onregverdige wette was. Sedert wanneer is wette wat dood en skade aan ander berokken onregverdig? Dit mag wel die geval wees maar niks wat jy sê dui wat die rede is volgens jou nie.

Kom ek stel dit weer aan jou en om dit eenvoudig te maak volg ek die, wat die Amerikaners noem, black box benadering: Daar was vrede en welvaart, toe dwing terreur en buitelandse druk 'n 'demokrasie' af wat toe chaos, misdaad en agteruitgang tot gevolg gehad het. As jy hou van ekonomiese verval, misdaad en chaos was die swartkassie-uitset goed, as jy nie daarvan hou nie, soos ek, was die uitset sleg.

Op 'n kol kom jy tot die gevolgtrekking dat voorspelling vir die volgende 20 jaar onmoontlik is. Mag so wees, maar wat ek gesê het is dat die 'dom regses' gesê het 'demokrasie' gaan lei tot chaos, soos in die res van Afrika. Pik en Leon maak of hulle dit nie onthou nie.

Ek herhaal: Gee ernstige oorweging aan die wenk hierbo.

Nie te danke nie en dis 'n plesier

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top