Waar kry jy nog 'n nasie so lig- en goedgelowig soos die Afrikaner? 'n Afrikaner sal in 'n restourant of 'n winkel instap en in Engels bedien word (in baie gevalle deur mede-Afrikaners) en sou hy navraag om die rede doen, is die verklaring "anders moet ons die diens in die ander tien tale ook aanbied."
Dit is 'n antwoord en alhoewel dit die flouste en simpelste antwoord denkbaar is, aanvaar die Afrikaner dit klakkeloos; hy's nou tevrede (en, lyk dit my, besluit dan dadelik om sy kinders eendag in Engels op te voed). Dit kom nie by hom op om te vra hoekom die argument van die diens in baie tale dan nie geld as slegs Afrikaans gebruik word nie. Dit dring dus glad nie deur sy verstand die regte antwoord eintlik is "want die swartes wil dit so hê" nie.
Hy reageer dieselfde op die antwoord "dit is maar vir die toeriste dat ons alles in Engels doen." Dit kom nie by hom op dat die meeste toeriste Afrikaans is nie; wat het geword van die klant is koning?. Of dat buitelandse toeriste juis toeriste is om die vreemde te ervaar nie; watter waarde het 'n Ming-vaas vol Engels byvoorbeeld. Soos hierbo is die regte antwoord "want die swart regering wil Afrikaans afskaal tot die vlak wat hulle eie tale is." Nee, dis vir hom 'n aanvaarbare antwoord en hy gaan oefen sy Engels (en plaas sy kinders in Engelse skole).
Is dit nie four king pateties nie (verskoon die Engels)? Die tragiese is dat, hoe meer die Afrikaner hierdie flapdrolhouding openbaar, hoe feller word die stryd teen Afrikaans want daar is geen weerstand nie; op die wat gaan lê word makliker getrap.
Goddank Ons Is Nie Almal So Nie. Goddank daar is nog mense soos Dan Roodt, Steve Hofmeyr, Dan Sleigh, Anton Prinsloo wat wys daar ís nog Afrikaners met ruggraat.
Jan Rap


Kommentaar
Jan (apartheid-was-goed) Rap, four fark's sake, bedank asb. uit die Afrikanerdom, want ons is besig om die hel uit jou te irriteer! Sluit aan by Dan Roodt en sy bende, dan kan julle mekaar warm broei oor "...hoe die swartes dit wil hê..."
Ek het al voorheen vir jou gesê jy moet jou ossewa agterstevoorom inspan en probeer om die verlede in te haal, want wragtig, die toekoms het jou so vér verbygegaan, jy sal dit nooit weer besigtig nie. Arme Jeanne Goosen. Dat jy van alle mense haar ..."Ons is nie almal so nie..." gebruik om jou verkramptheid te regverdig? Maar nou ja, die ironie hiervan het jou in alle waarskynlikheid geheel verby gegaan.