Wenke vir RSG se kietie vir die kerspartymakietie II

  • 0

Ek het vergeet om te noem in die eerste brief:  Uitspraak is ook 'n groot storie en daar moet na gekyk word:  Oorronding is 'n euwel; daar is 'n ou wat homself Jawk noem maar ek is seker sy naam is Jacques.  Dan is daar in 'n oggendprogram 'n paar dames wat weer skuldig is aan oor-afplatting; hulle praat van praaisstaaigings, plaasaktiwitaaite, die soort van ding.   

Hier gaan boetes nie help nie; hulle moet eers 'n paar elokusielesse kry en as hulle dan daarna nog plat en/of rond praat kan hulle beboet word.  Spraakmentors kan wees mense soos Amanda Olivier, Jacky January, Amore Bekker, Mariette Kruger, Lynette Francis, Terrance April, Kobus Bester en Ian Wessels om nou maar 'n paar te noem.  Alhoewel bogenoemdes nie aan afplatting of oorronding skuldig is nie, is hulle natuurlik glad nie gevrywaar van die ander boetes nie – soos byvoorbeeld Engelse gaste nooi –  en moet hulle dan natuurlik daarvoor beboet word.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top