… as iemand sê hy kan nie Afrikaans praat nie, is dit in die sleutel van 'n stelling soos "ek is mos nie eintlik 'n pillemens nie", of "ek maak mos nie eintlik kos nie" terwyl, daarenteen, as iemand nie Engels kan praat nie, is dit in die sleutel van "berge bedek my"?
Hoekom, in preke, selfs in die NG Kerk (veral die NG Kerk?) haal dominee's lang stukke in Engels aan, lees selfs uit 'n Engelse Bybel maar in Engelse kerke gebeur nie dieselfde ten opsigte van Afrikaans nie?
Hoekom kan, in 'n TV-onderhoud (Sleep byvoorbeeld), iemand Afrikaanse vrae in Engels antwoord so al asof dit die mees natuurlike ding op aarde is maar andersom gebeur dit nie? (Alhoewel, ek het onder andere al Hougaard hoor Afrikaans antwoord op 'n Engelse vraag – bravo Hougaard en die handjievol ander wat dit wel al gedoen het)
Van rugby gepraat, hoekom is die aanloopbespreking voor 'n wedstryd (Supersport) in Engels as meeste (Naas, Willem, Ashwin ens) Afrikaanssprekend is? En hoekom is Carte Blanche net in Engels?
Hoekom kan inbellers na 'n Afrikaanse radiostasie toe Engels praat (en partymaal antwoord die omroeper hulle nog in Engels ook) maar andersom gebeur dit nooit?
Hoekom, in Afrikaans, word woorde soos 'stunning', 'amazing', 'beautiful', 'exciting', 'even' en 'excited' gereeld gebruik, veral onder die aartiefaarties maar in Engels word NOOIT 'luisteryk', 'selfs', 'asemrowend', 'wonderbaarlik', 'verruklik', 'befok', 'opwindend', 'opgewonde' gebruik nie, selfs nie eers onder die aartiefaarties nie?
Die antwoord is eenvoudig: Die Afrikaanssprekende reken hy's die Engelsman se ondergeskikte (ek sê 'reken' want, soos Eleanor Roosevelt sê, daar is net een wat jou kan oortuig jy's minderwaardig en dit is jyself). Hy, die Afrikaanssprekende, voel hom tot so'n mate ondergeskik dat daar van hulle is wat selfs hulle kinders in Engelse skole sit sodat dié nooit die verleentheid moet wees oor hulle nie soos Engelse klink nie.
Wat 'n four king skande (verskoon die Engels).
Jan Rap


Kommentaar
Ag neewat, geen minderwaardigheidskompleks nie. Afrikaans is ryker as Engels. In die Afrikaanse konteks, is albei Afrikaans.
Absoluut die waarheid Jan Rap!! Ondergeskik en 'n helse minderwaardigheidsgevoel.