Vir Dirk Rigter

  • 1

Ek sien, in jou brief Dr H F Verwoerd regeer weer, noem jy my Jan (apartheid is goed) Rap. Jy's oneerlik Dirk; ek sê nie apartheid is goed nie, wat ek sê is dat die soort apartheid wat die Engelse koerante of jou pa in jou kop ingeprent het, het nooit bestaan nie. Of, as jy dan nie skelm is nie, is jou begrip verdag, g'n wonder jy vreet als vir soetkoek op nie.

In jou brief noem jy allerhande skenario's wat nou sou gebeur as Verwoerd weer 'regeer' het. Weer eens, wanbegrip van jou kant af – Verwoerd kan nie WEER regeer nie want hy het nooit regeer nie; hy was eerste minister van 'n party wat in 'n demokrasie (ware demokrasie) aan bewind was.

Jy praat van 40 miljoen wat geskuif gaan word na hulle eie gebiede. Verkeerd want die land was ordentlik regeer, daardie miljoene sou in die eerste plek nie hier gewees het nie. Terloops, van die swartes is konstant besig om van daardie miljoene terug te jaag na hulle eie 'gebiede' toe. Buitendien, daar is nie sprake van 'gebiede' nie; dis lande soos Swaziland en Lesotho waarvan die burgers nog steeds daar is; hulle hoef nie ontwortel te word en teruggestuur te word Swaziland of Lesotho toe nie.

Jy praat van sportmanne wat nie in ons spanne sou speel nie en jy's weer verkeerd. Petty apartheid was lankal verby en, soos ons sportmanne vir Franse of Japanners gaan speel, so sou spesifieke sportsoorte ook sterre gekoop het.

Ek sien jou brief handel oor wat jy reken die slegte dinge is wat sou gebeur het. Het jy ooit gedink aan die goeie dinge? Byvoorbeeld geen korrupsie, geen plaasmoorde en –aanvalle, geen tolpaaie en geen slaggate nie, blink spoorlyne want treine vervoer swaar vrag, funksionerende skole, funksionerende rioolplase, Afrikaanse universiteite en kolleges, heerlike studentelewe, geen valhekke in voorstedelike strate nie, funksionerende hospitale en klinieke, geen hoë mure en lemmetjiesdraadheinings nie, skoon parke, geen blouligbrigades nie, skoon polisiestasies waar jy jou eie taal in die aanklagkantoor kan praat, Sunnyside ruik weer lekker en weer goeie Afrikaans op die radio, die soort van ding.

Soos die psalmdigter sê, niemand is so blind soos die horende dowe nie.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Rap bly droom van paddaeiertjies wat pik en is Rap se houvas op die geskiedenis eenvoudig net nie daar nie. 
     
    George het 'n wyle terug aanbeveel dat beide Rap en myself Hermann Gilliomee se nuwe boek aanskaf.
     
    Die het ek gedoen, die naweek wat verby is, aangesien my vakansie begin het ek uiteindelik meer kan lees as wat normaalweg moontlik is. Net soos ek ook 'n IPAD Mini aangeskaf het en nou daarop lees.'n Heel goeie lees ervaring. 
     
    Dit wat volg word uit The Last Afrikaner Leaders: A Supreme Test of Power geneem. 
     
    Die eerste paragraaf van Rap wat ontleed word is die volgende: 
     
    "Jy praat van 40 miljoen wat geskuif gaan word na hulle eie gebiede. Verkeerd want die land was ordentlik regeer, daardie miljoene sou in die eerste plek nie hier gewees het nie. Terloops, van die swartes is konstant besig om van daardie miljoene terug te jaag na hulle eie 'gebiede' toe. Buitendien, daar is nie sprake van 'gebiede' nie; dis lande soos Swaziland en Lesotho waarvan die burgers nog steeds daar is; hulle hoef nie ontwortel te word en teruggestuur te word Swaziland of Lesotho toe nie".
     
    Die beeld wat Verwoerd skets in 1948 is soos volg: 
     
    "If mixed development continued, it would lead to the most clash of interests imaginable". 
     
    "Complete separation between white and black would have been ideal". 
     
    Verwoerd se uitdaging was om so na as moontlik aan daardie versugting te kom. 
     
    'n Versugting wat Rap en Henn deel en die gesprek vorm soos dit nou daarna uitsien en die nostalgie wat die twee here het vir apartheid bevestig. 
     
    Hierdie is die leier waarna Henn smag, dit is die land waarna Rap verlang. 
     
    Selfs in 1948 alreeds was hierdie nie 'n 'wit land' nie. 
     
    Aangesien toe alreeds was die swart bevolking se getalle al groter in die stede as wat die getalle van die wittes was. 
     
    In 1951 was daar alreeds 2 380 000 swartes in die stede, 'n kwart van die swart bevolking van die tyd. Selfs in hierdie tyd was die agterstand in huisvesting vir swartes enorm en het so min as 'n kwart van die 800 000 swartes in die Witwatersrand formele huise gehad en bevestig Henry Fagen in 'n studie oor swart verstedeliking dat die swart stedelike bevolking is hier om te bly. 
     
    Maar die verkiesing van 1948 het die wat kon stem belowe dat die probleem die hoof gebied sal word en dat Jan Rap se dagdroom van die reservate implementeer sou word en dat hierdie 'besoekers' nooit gelyke regte met die wit bevolking sou deel nie. 
     
    Hierdie was alreeds te laat indien in ag geneem word hoe vermeng die bevolking alreeds was net soos die studies van die 1950's bevestig dat swartes was al aanwesig in die 'Transvaal-gebied' so vroeg soos die 1100's was. 
     
    Verwoerd en die tydsgees was onbewus hiervan en net soos die toename van die swart bevolking die heersers van die dag die horries gegee het. 
     
    Vanaf 1936 het die swart bevolking toegeneem vanaf 6,500 000 tot 8,500 000 in 1946, in teensstelling met die 2000 000 vanaf 1936 tot 2 400 000 in 1846 vir die wittes. 
     
    Sadie bevestig die tydsgees soos volg en daarmee die denke van 'n Rap en 'n Henn: 
     
    "If whites did not want to be swamped they would have to face up to the fact that there was only one way out, complete separation between white black over the long run". 
     
    Die visie wat Verwoerd formuleer het: 
     
    "The black population was expected to reach 19 000 000 in 2000, while the white population would top 6 000 000. With 10 000 000 blacks living in the reserves, 3 000 000 in the 'white towns and cities' and 3 000 000 in 'white rural areas'. 
     
    Net soos Rap nou, was die idee soos volg: 
     
    "White civilisation would be saved and infinitely better', Verwoerd aan die woord. 
     
    Rap is aan die woord hier: 
     
    "Byvoorbeeld geen korrupsie, geen plaasmoorde en –aanvalle, geen tolpaaie en geen slaggate nie, blink spoorlyne want treine vervoer swaar vrag, funksionerende skole, funksionerende rioolplase, Afrikaanse universiteite en kolleges, heerlike studentelewe, geen valhekke in voorstedelike strate nie, funksionerende hospitale en klinieke, geen hoë mure en lemmetjiesdraadheinings nie, skoon parke, geen blouligbrigades nie, skoon polisiestasies waar jy jou eie taal in die aanklagkantoor kan praat, Sunnyside ruik weer lekker en weer goeie Afrikaans op die radio, die soort van ding".
     
    Die ooreenstemming is verstommend. 
     
    Waar is Comestor, wat ook soveel te skryf gehad het oor wie deel van die beskawing is en wie nie daar hoort nie. 
     
    Net soos die volgende uit Rap se brief perfek aansluiting vind uit die volgende wat die tydsgees van die 1950's bevestig: 
     
    "Buitendien, daar is nie sprake van 'gebiede' nie; dis lande soos Swaziland en Lesotho waarvan die burgers nog steeds daar is; hulle hoef nie ontwortel te word en teruggestuur te word Swaziland of Lesotho toe nie.
     
    Die tydsgees van die tyd word soos volg deur Gilliomee beskryf: 
     
    "The cry, send them back, went up from the voters. Henry Fagan made the comment: 
     
    "There appears to be a belief that every black person had a home somewhere in the reserves that longed to welcome him back". 
     
    Rap se versugting tot die letter
     
    Henn is nou al 'n paar keer gevra om meer detail te bied oor die ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika na aanleiding van sy enkele aanhaling uit Ehow. 
     
    Van die hoogtepunte uit Gilliomee se hoofstukke oor Verwoerd word aangehaal: 
     
    "Between 1960 and 1965 border industries succeeded in employing on avarage 8200 black workers per year". 
     
    Vergelyk dit met die ongeveer swart 1 800 000 skoliere in 1963. 
     
    Hierdie is een van die 'komplekse suksesse' van Verwoerd se onderwys beleid en werd om in detail te lees. 
     
    Soos George al voorheen aangedui het.
     
    Hoekom dit met 'n vraagteken agter dit staan is aangesien die besteding per kop in 1972 vir wit skoliere was R461 in teenstelling met R25 per kop vir die swart skoliere. Per gemiddeld het die besteding op swart skoliere toegeneem van R17 in 1953 tot die R25 alreeds uitgelig. Daar is dus 18 keer meer per kop spandeer as wat daar op swart skoliere spandeer is. 
     
    Hierdie totale visie waarna Rap verwys en Henn voor hoop as die leier na Mandela om die land te kom lei bevestig dat hierdie reservate was nooit ekonomies haalbaar nie en het al die lappies grond wat hierdie reservate uitgemaak het minimale ekonomiese grote bereik in 1976 was verwag dat die oorgrote meerderheid van die bevolking 'n bestaan moet maak uit 3,5% van die totale BBP van die tyd. 
     
    Tussen 1960 en 1972 is slegs 85 554 nuwe werksgeleenthede geskep in hierdie reservate. 
     
    Vergelyk dit met die welvaart wat vir die minderheid van die bevolking gehou is, die periode 1961 tot 1966 beskryf as die 'Fabulous Years' en waaraan Henn nou nog kleef as 'n verdediging om die vergrype te probeer toesmeer, maar nie die volkome en komplekse prent van die tyd skets nie.
     
    Dirk was dus heel billik in sy aanbieding van Rap en Henn se intensies en is dit verstommend om weer bevestiging te vind vir Rap se denke as onveranderend vanaf 1955, soos al telkemale bevestig is. 
     
    Sit die boek in jul kerskouse vir julle self: 
     
    Die voor laaste gedagte kom uit‘n gedeelte uit die inleiding van Gilliomee se boek: 
     
    A brief word on apartheid. Irish historian Roy Fosterm writing on a different subject remarks on coming to grips with the collective misdeeds of the past: Apology is easier than explaining. 
     
    Waarop Gilliomee aansluit:
     
    I believe the major duty of historians is to explain rather than to apologise. The challenge is to explain apartheid in the context of the time when it was introduced and enforced. 
     
    Ten spyte van die wat nou nog in ontkenning leef soos gesien kan word in die inleiding van Jan Rap se brief: “wat ek sê is dat die soort apartheid wat die Engelse koerante of jou pa in jou kop ingeprent het, het nooit bestaan nie. Of, as jy dan nie skelm is nie, is jou begrip verdag, g'n wonder jy vreet als vir soetkoek op nie”.
     
    Daar is niks meer amusant as bogenoemde. Die wat die ander beskuldig as 'gebreinspoel', of dan vreet als vir soetkoek op nie. Asook hoe moeilik dit is om die waarheid te ontdek en dan is dit gewoonlik 'n Rap of 'n Henn wat die waarheid in pag het. 
     
    Die laaste gedagte kom uit 'n boek wat Bill Gates aanbeveel. Vir die rekord, Bill Gates is 'n briljante leser. 
     
    Die titel is "Why Don't Students like School" van Daniel T Willingham. 
     
    "Contrary to popular belief, the brain is not designed for thinking. It is designed to save you from having to think. People might be naturally curious, but we are not naturally good thinkers, unless the cognitive conditions are right, we will avoid thinking"  
     
    Met dit dan geen wonder hoekom dit so moeilik is om sin te maak van alles hier. 
     
    Dit is 'n voltydse werk en emosie en vooroordeel is 'n duiwel.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top