Bravo Amanda Strydom!

  • 0

Ek luister nou die dag na 'n onderhoud wat Ian Wessels van RSG met Amanda en Janine Neethling voer en Amanda het nie één keer die woorde 'amazing', 'stunning' of 'bejehoedievoel' gebruik nie, woorde, lyk dit my, waarsonder geen aspirerende sleb (nog nie in die woordeboek nie) kan klaarkom nie. Amanda is 'n ware sleb; sy het nie nodig om 'n image te probeer projekteer nie.

Sy het ook nie een keer 'n Engelse sin ingegooi nie, iets wat so kenmerkend in die 'kûngskringe' is. Dit was verfrissend, veral nadat die fees geopen het (Lynette se Praatsaam) met 'n vrou wat Engels gepraat het (nogal 'n Combrink!) en die ander gas, ene Ishmael Mohammed, het wel goed Afrikaans gepraat maar hy het kort-kort oorgeslaan Engels toe. Maar, aan die ander kant nou weer, dalk was die RSG-kunstefees nie 'n Afrikaanse kunstefees nie.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top