Vir Wouter

  • 1

Dagsê Wouter, ek verwys na jou brief van 21 deser, 'Neef Jannie vs Jan Rap'.

Jy sê ek is 'n "verstokte ideoloog uit 1955 wat glo [dat die tuislande] alle probleme soos mis voor die son sal laat verdwyn."  Jy mag reg wees maar net op 'n puntjie van orde; ek praat nie van tuislande nie, ek praat van outonome onafhanklike state soos Swaziland en Lesotho.  Kon jy byvoorbeeld al vir my vertel hoekom jy dink die Basoetoes en die Swazi's pyn en lyding ervaar omdat hulle, soos die Portugese, Franse en Duitsers, in 'n eie land woon?

Maar kom ek gee jou die voordeel van die twyfel, met 'tuislande' bedoel jy onafhanklike soewereine state soos Swaziland, Nederland, Duitsland, Lesotho en Frankryk, sê nou maar.  Nou hoekom sal dit nie probleme oplos nie?  Miskien sal dit nie maar jy sê nie hoekom nie, konstateer net dat dit volgens jou dit onmenslik is. 

Jy haal weer Engelse aan om jou bewerings te staaf en dis nou nie die mees objektiewe nasie op aarde nie.  Jy praat byvoorbeeld van die trauma van mense wat teen hulle wil verskuif word en dit wás so, naamlik traumaties maar dit was nie deurgaans die geval nie; as al daardie miljoene waarvan jy praat hervestig was kon die polisie godsonmoontlik met hamers by elke huishouding opgedaag het.

As jy werklik wil weet van traumaties gaan kyk na polisieverslae en –foto's van 'n plaasaanval en sulke tonele speel oral in die land af met eentonige reëlmaat. Om jou nou aan te haal: "Chilling and heart-breaking scenes [are] repeated up and down the country." Dis nou, soos jy sê, "tonele van 'demokrasie' in werking."  En dis nie al nie, daar is nog verkragtings (van oa baba's), onklaar rioolpompe, korrupsie, rowe en aanvalle deur mense in polisie-uniform, slaggate, verengelsde universiteite en kolleges, disfunksionele hospitale, renosterstropery, onbeheersde immigrasie, daaglikse protesopstande die toetie.

Van opstande gepraat, jy sê ek is lief vir hiperbool met die syfer van 30 opstande per dag.  Ek het die syfer nie uit my duim gesuig nie; dis wat Dr Burger op die program Dagbreekbestes gesê het.  Hy het gesê gemiddeld 30 opstande per dag waarvan gemiddeld 5 gewelddadig is.  Gestel Dr Burger het 'n faktor 6 fout gemaak, of ek het met 'n faktor 6 verkeerd geluister dan is dit 6 opstande PER DAG waarvan een gewelddadig is.  Dis nou soos jou demokrasie werk.

Genoeg sover vir jou om aan te kou.

Groetnis

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan Rap, 

     
    Jy is nie goed met statistiek wanneer dit jou pas. Jou aanvanklike syfer van 'n paar maande terug was 15 opstande 'n dag, die het jy intussen aangedik tot 30 opstande 'n dag wat dan 'n totaal van 11000 opstande 'n jaar veronderstel. Oor 'n drie jaar periode is dit 33000 opstande, tog is dit nie wat die nuus vul nie, maar sal Jan Rap sekerlik weer aanvoer die media is net 'n spul leuns en dat die lesers gebreinspoel word. Vergelyk Jan Rap se 33000 opstande, volgens die somme van Jan Rap se bewerings met Municipal IQ se 410 opstande oor drie jaar, dan dik Jan Rap aan tot en met 'n faktor van 75 of met 'n faktor van 48 wanneer UWK se berekening van 720 aanvaar word.  
     
    Dr Burger se statistieke wat op rekord is word soos volg deur Beeld en Volksblad rapporteer. Weereens media wat Jan Rap as gebreinspoel sal afmaak: Volgens TLU SA, wat rekord hou van elke plaasmoord waarvoor ’n plaasnaam, die name van slagoffers en ’n saaknommer gevind kan word, was daar vanjaar reeds 181 plaasaanvalle (teenoor 171 verlede jaar) en 54 plaasmoorde (teenoor 63 in 2012).Soos alreeds aangedui moet 54 moorde in die konteks van 16200 moorde gesien word. 
     
    Hierdie bevestig nie 'n volksmoord nie en is die goedkoop sentimente wat Jan Rap en jou mede sluipers opjaag nog steeds 'n skandaal en is dit 'n vuil spel wat gespeel word. Die fokus moet wees, hoe word 16200 moorde en die brandpunte aangespreek, soos die 'Cape Flats' onder andere....
     
    Tuislande, onafhanklike state, die idee was dat daar 11 state sou wees, maar het die idee platgeval voor die beloofde land kon bereik word en was mense brutaal verskuif. Indien Jan Rap wil aanvoer dit het nie gebeur nie, dan laat ek Jan Rap met daardie oortuiging en wens Jan Rap sterkte toe en hoop dat Jan Rap eendag aan 3,5 miljoen mense kan verduidelik dat wat met hulle gebeur het, nie met hulle gebeur het nie, dat die geskiedenis lieg en dat Jan Rap in die finale oomblik die enigste een is wat die waarheid kan sien vir wat dit is. 
     
    Verskoon my dus verder, die dag wanneer Jan Rap 'n modikum begin toon van in voeling wees met die werklikheid dan kan daar miskien met 'n gesprek aangegaan word, maar op hierdie stadium nie. 
     
    Jan Rap se idees oor die val van kommunisme is lagwekkend. 
     
    Jan Rap se idees oor die geld wat op is in Suid-Afrika en dan die vergelyking met kommunisme trek en geen tred hou met die krises van 2008 nie op globale skaal nie asook geen insig toon in die feit dat die BBP vyfvoudig toegeneem het vanaf 1980 tot nou toe. 
     
    Jan Rap se powere verskoning van die "Engelse is onbetroubaar - daarom is die geskiedenis onbetroubaar"
     
    Ek stel voor dat Jan Rap gaan herkou en gaan soek harder na die waarheid. 
     
    Op hierdie stadium het ek niks nodig om te herkou nie en hoop dat oom Jan Rap en neef Jannie 'n blink toekoms tegemoet gaan en gelukkig met mekaar sal wees en dat oom Jan 'n rolmodel van formaat vir die jonge Jannie sal wees. Hopelik sal ek nie verder kommentaar lewer op Jan Rap se ontkennings nie.....
     
    Wat sou die punt wees? 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top