In jou kommentaar van 3 deser (onderaan my brief 'Witterige leuentjies) beveel jy aan ek kyk na die probleme wat ander demokrasieë ondervind. Die sou ek nou in boeke kry wat my 'in 'n ander rigting sal stuur.'
Dink jy as dit sleg gaan in ander plekke regverdig dit die agteruitgang hier? Buitendien, die boeke wat jy aanbeveel is deur mense geskryf wat oningelig is want nog nie een van jou aanhalings hou eintlik water nie. Dit kan wees dat ek die waterdraende stukkies misgelees of misverstaan het in welke geval ek dan bly sal wees as jy sodanige stukkies kan uitwys en omskryf. Soos byvoorbeeld " ... die Rand het versterk na 1994 en is nou gelyk aan $2" of " ... die SAS vervoer sedert '94 weer al die swaar vrag en die paaie is nou veiliger sedert vragmotors op snelweë drasties verminder het", die soort van ding.
Jy sê dat dit " ...op algemene rekord is dat hierdie 'swart gebiede' was kunsmatige geskepte gebiede..." Wouter, die hele Afrika, al voormalige die kolonies, het kunsmatig geskepte grense. Daar is volgens die Ethnologue of Languages oor die 2 000 tale in Afrika. Deel dit nou op in 50 of 60 lande en kyk wat se gemors kry jy; oral mense wat voorheen vyande was is nou saamgegooi met die afskuwelikste gevolge. Ware demokrasie sou wees as elk van daardie ongeveer 2 000 volke hulself regeer. Met afsonderlike ontwikkeling het SA die naaste aan daardie ideaal gekom.
Wat my bring by die volgende punt, naamlik jou bewering dat ek wil terugkeer na 1955 (hoekom juis 1955?). Natuurlik onsin want ek wil nie 'terugkeer' nie; dit sal mos nou totaal onmoontlik wees. Wat ek sê is dat die huidige 'demokrasie' 'n gemors is; kyk maar na die uitmoor van plaasboere, die daaglikse opstande, klipgooiery en bandebrandery, die val van die Rand, die misdaad, die lemmetjiesdraad, die vervalle infrastruktuur, die vuil parke, die blouliggevaar ens ens. Die opstande van die 80's en 90's waarvan jy praat was getalgewys byna onbeduidend teen wat deesdae aan die gang is.
Ek sien jy haal Max du Preez aan waar jy die NSA se goeie hoedanighede wil uitwys. Wat besiel jou? Max is deel van die Dr Frankensteinspan wat die teenswoordige gedrog geskep het en natuurlik sal hy 'n klomp twak praat om die maaksel waarin hy 'n aandeel gehad het goed te praat. Kom by swaer, dink voor jy praat.
Jan Rap


Kommentaar
Jan ek wil nie in die bekgeveg betrokke raak nie. Dis nie my geveg nie. Wat my egter tot stomgeit en verslaenheid slaan is die mense wat in 'n ander land as die land waarin ons onsself bevind, woon. Sien die mense nie wat aan die gang is nie. Soos jy al genoem het daar is niemand so blind soos iemand wat nie wil hoor nie. (Of so iets) Wat moet nog gebeur voordat die mense sien wat in die land aan die gang is. Ek praat hier van die algehele afwesigheid van die staat. Die wanadministrasie, misbruik van mag, korrupsie. Hule sal gou noem dat die Nasionaliste/apartheidsregering dit ook gedoen het. Goed en wel, maar tot die vlak waarin ons tans is. Ek het 'n uitreksel van Herman Giliomee se skrywe "the Russian Involvement in South Africa" gelees. My gevolgtrekking is kommunisme is dood, lank leef kommunisme. Ek het in 1984 'n dokument in my besit gahad wat van die Sentrale Komitte in Rusland na die SAKP gestuur is waarin die plan tot oorname verduidelik is. Alles volgens die plan is reeds voltooi. Die plan het begin met die ontwapening van die weermag en polisie. Sosiaal maatskaplike ineenstorting bv onderwys en medies. Ek hoor Blade Nzimande roep vir 'n rewoulsie. Hy het nog nooit gesien hoe dit in 'n land lyk na 'n rewolusie nie. Hy was nog nooit in aanhouding in 'n land wat deur 'n rewolusie is nie. Laat die dromers maar droom. HKGK.