Vir neef Jannie

  • 2

Dankie vir jou briefie gister waarin jy jou kommer uitspreek oor wat die polisie destyds verkeerd sou gedoen het.

Jy moet nou nie laat die ouens jou 'n gat in die kop praat en laat skuldig voel oor iets waarin jy geen deel gehad het nie. Jy moet ook onthou enige saak het twee kante; 'n oud-polisieman het my byvoorbeeld al vertel waar hulle diens moes doen deur op sleutelpunte te staan en blink gespoeg was, hulle uniforms was papnat en dit van spoeg.

Dit werk amper soos padwoede; hierdie irritasie bou op en 'n relatiewe klein insident verder aan laat die polisieman heeltemal rede verloor. Kyk byvoorbeeld ook na Marikana; daar gaan nog lank beskuldigings na polisiekant toe gegooi word en dis 'n insident wat sommer in hierdie bedeling gebeur het.

Jy moet ook onthou stories word aangedik.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Ek het al ervaar dat 'n saak gewoonlik drie kante het. My kant, jou kant en die waarheid. Is dit nie snaaks dat die gebeure van die verlede altyd uitgelig word as die gebeure van die duiwel nie. Daar moet mos maar altyd 'n vark in die verhaal wees. Ons is al so vertrap en verguis, ons aanvaar dit maar gelate. Ek glo elke hond kry sy dag, maar 'n brak 'n langnaweek. 

  • Jannie, bogenoemde is nie eers die helfte van die brief wat ek geskryf het nie.

    Jan - dis al wat ek ontvang het - stuur maar weer - Webvoet

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top