Mense kan darem maar twak praat. Ek hoor in 'n onderhoud met Leon Wessels op RSG vra die omroepster vir Leon hoe hy die volgende twintig jaar vir SA sien. Hy reken toe twintig jaar gelede kon mens nie die huidige toestand (waar misdaad 'n groot 'beduiweler' is om nou sy woorde te gebruik) voorspel nie en netso kan mens nie voorspel wat die toestand oor twintig jaar gaan wees nie.
Dis natuurlik 'n leuen want twintig jaar gelede het die 'dom' kwansuise verkramptes presies die huidige toestand voorspel. En, soos ek al voorheen hier gesê het, NIE omdat hulle met die helm gebore is nie maar omdat hulle bewus was van die heersende toestande in die 'bevryde' state ten noorde van ons. Ek het dit gesê so paar maande gelede toe Pik ook dieselfde bewering, naamlik dat hulle destyds nie kon voorspel nie, gemaak het gedurende 'n onderhoud op KykNet.
Ek het ook kort-kort gedurende hierdie tien dae wat betrekking het gehoor Mandela was in die tronk vir wat hy geglo het. Ook 'n leuen, Mandela was in die tronk omdat hy sekere wette oortree het, wette ten opsigte van staatsveiligheid wat in elke land in die wêreld bestaan. Daar was duisende wat geglo het wat Mandela geglo het maar hulle was nie tronk toe nie omdat hulle geen wet oortree het nie.
Mandela se vergewensgesindheid is ook aanhoudend geloof. Soos ek ook al voorheen gesê het, ek reken hy het 'n sagte plekkie vir die destydse regeerders gehad want die Engelse, byvoorbeeld, sou hom gefusilleer het soos destyds vir Gideon Scheepers. Ook kon hy al lankal uit die tronk gekom het indien hy bereid was om geweld af te sweer waartoe hy toe nie bereid was nie, vandaar sy lang tronkstraf.
'Witterig' omdat hierdie leuentjies hoofsaaklik donkergrys is.
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap het nog steeds nie end nie, maar dit is goed om Jan Rap duidelik te sien. Oorlede Nelson Mandela word nou wel nie as 'n terroris beskryf nie maar wel as 'n persoon wat die wette verbreek het.
Jan Rap glo dat die apartheidsbedeling-wetgewing wat onregverdig teen ras gediskriminiseer het, gehoorsaam moes word, en omdat Nelson dit nie aanvaar het nie, as gevolg daarvan 'n wetsongehoorsame was.
In terme van sodanige "logika", behoort hy geen beswaar teen "reverse" diskrimineerende rasgedrewe wetgewing onder die nuwe bedeling te verweer nie en om wetsgehoorsaamheid daarvoor te bepleit.
Jaco Fourie
Wouter
Wat het dit nou te doen met wat Jan Rap gesê het. Gedurende apartheidsjare was ek al in die volgende
Swart woongebiede.Daveyton,Tembisa, Wattville ,Actonvile om 'n paar te noem.Die groot onrusstokers
was die die mense wat gewerk het om liggaam en siel aan mekaar tehou nie,maar jong oproermakers,wat dikwels geweld gebruik het om selfs hul ouers te intimideer om deel te neem aan betogings.
Hierdie dorpsgebiede het nie tot stand gekom nie omdat die regering van die dag niks wou doen nie,maar juis om die derduisende mense wat hierheen gestroom het van binne en buite Suid Afrika op 'n meer beskaafde wyse as net plakkerskampe te huisves nie.
Dit is duidelik uit jou skrywe dat jy in die opsig nog nat agter die ore is.Daveyton het bv tot stand gekom
agv die sluiting van goudmyne aan die Oos Rand wat meer as 1O duisend mense sonder huisvesting gelaat het.
Myne wat gesluit het het hul dikwels kampongs platgestoot en dan arbeid gewerf waar hul weer mynkonsesies
verkry het.Swart arbeid het nie saamgetrek nie, selfs blankes het nie altyd hul werk behou nie en die wat gelukkig was om dit te behou, moes maar net oppak en trek.
In Daveyton se geval het die Stadsraad van Benoni besluit om in te gryp en die mense tydelik te huisves
in 'n tentkamp in wat nou die nywerheidsgebied Apex is. Daarna is onderhandel met die eienaar
van die spogmielieplaas Holfontein waarvan 'n gedeelte aangekoop is en is die mense daar hervestig in 'n goed georganiseerde woongebied wat nou as Daveyton bekend staan.
En die berugte stadsgebiedewet? Die hoofdoel daarvan was hoofsaaklik om instroming te beheer en plaaslike swart arbeid te beskerm teen werkers van elders wat bereid was soos tans om vir minder geld te werk en te voorkom dat woongebiede nie oorstroom word en in plakkerskampe verander, soos dit tans die geval is.
Dit is duidelik dat hoe meer mense hulself in 'n gebied vestig en meeding om beperkte werksgeleenthede
hoe groter die kans op misdaad word omdat die oorlewingstryd vereis dat jy moet eet om te oorleef.
Ons sien dus oral waarskuwingsborde opgaan wat mense waarsku teen 'hi-jacking' en diefstal uit motors.
Hierdie omstandighede het voorgekom in gebiede noord van ons. Trokbestuurders wat groot vragte
oor Afrika vervoer sal vertel dat hul soveel as 20 USD betaal het om 'n stukkie verbrande hoendervleis
en klipharde 'bun' te koop in gebiede waar daar absoluut niks is nie.
Prostitusie om te oorleef en dwelms te bekom.sodat jy kan vergeet, gaan dus ook hand aan hand
met armoede.Was die ou bestel dan soveel beter? Ja in die opsig en nee in ander opsigte,maar teminste kon kinders skool toe stap sonder om beroof te word en het 'n mens jou nie in een afgesperde gebied na die ander vasgery nie.
In die opsig stem ek saam met Jan Rap dat as jy nie die omstandighede kon voorsien nie, dan was jy siende blind en horende doof en het niks geleer uit die gebeure noord van ons grense.
Hello FC,
Hello,
Hello,
Jaco, nou moet jy konsentreer. Uit jou kommentaar hierbo lei ek af jy is teen wat jy 'reverse' diskrimasie noem; jy is dus teen regstellende aksie, reg? Welkom.
Wat Mandela se gevangenisskap betref verstaan jy nog steeds nie; Mandela was nie tronk toe omdat hy wette nie aanvaar het nie, hy was tronk toe omdat hy wette oortree het en hy was langer in die tronk as wat hy hoef te gewees het omdat hy geweier het om geweld - aanval van sagte teikens, terreur en die meer - af te sweer. Vir hierdie soort ootreings sou byvoorbeeld die Engelse hom gefussileer het.
Jan Rap
Hello,
Elders gebruik Henn die ou argument van Kommunisme as 'n verskoning teen apartheid. Die legkaart om dit te verklaar is kompleks en 'n moeilike vraag. Maar hier volg hoe ek die legkaart vir myself voltooi het.
Vir my is die oorsprong van apartheid te vinde in die volgende: Isaiah Berlin verwys in 'n studie van hom na Herder en neem ek die volgende gedagtes daaruit: Die Utopie van die Volk, gebaseer op grond en taal. In 'n sekere tydvak in Europa se geskiedenis was daar 'n tendens om Europa in 'n Franse gemeenskaplike gebied te laat ontwikkel. Johann Gottfried von Herder veg teen dit en kom vorendag met die volgende as die anti-utopiese-denke wat ontwikkel word om die verheerliking van die Volk te formuleer en voer ook aan dat die idee as pluralisties beskou moet word, oop vir enige volk wat dit wil aanneem en ontwikkel.
Die Volk was dus nie net beperk tot die 'Duitse staat' nie. Ander nasies is ook aangemoedig om die idee te aanvaar en te ontwikkel en 'n formulering van hulle eie 'Volkstum' te verwoord. Herder se weergawe van kulturele nasionalisme het ook verraderlike gevolge in 'n politieke konteks. Herder se idees is dan aangeneem deur verskeie minderhede in die magtige Habsburgse Ryk en daarmee die grondslag vir die strewe na ontbinding van daardie bestel. Herder se denke bied dus die samesnoering van 'n groeter Duitsland tesame met 'n aftakeling van die gesag van moontdhede soos die Habsburg Ryk.
Hierdie bevestig dan die volgende:
This place Herder as a precursor of the militantly völkisch thinkers of the nineteenth century, and those thinkers themselves generally saw Herder in that light, ignoring the inconvenient aspects of his thought for the sake of his supreme merits as the founder of the cult of das Volk. And that cult culminated in the most ghastly of all Utopias.
Daardie kultus van utopie woed hom self later uit in Suid-Afrika in die volgende terme:In 1936, a group of Afrikaner nationalist ideologues, Dr. N. Diederichs, Dr. P.J. Meyer, and Dr. A. Cronje, worked out a general nationalist program for South Africa. Not merely would the Afrikaner volk have its own land, but so would every other volk in all South Africa, and every other volk would be encouraged to be as proud of its own identity and traditions as the Afrikaner volk already was. This benevolent conception, when put into practice twelve years later, became known to the world as apartheid.In the South African case nationalism-as-theory was a facade: the reality was Afrikaner nationalism, as a driving feeling.
Daarom dan, apartheid is gebore in Suid-Afrika met die Afrikaner as die skepper daarvan, 'n rassistiese ideologie wat in 'n politieke bestel verhard het.
Maar die winde van verandering het die hardkoppige Afrikaner tog gepoog om bogenoemde projek te laat versnel.
Die projek van 11 nasies, die dagdroom en nagmerrie van die gemenebes van nasies.
Die “gemenebes van soewereine state” of ’n “konfederasie van Suid-Afrikaanse State”. Hierdie is sommige hier se idee van demokrasie met die hardhandige verskuiwing van 'n groot persentasie van die meerderheid bevolking om die utopie van volk en taal te laat realiseer.
Hieraan klou Jan Rap vir al wat hy werd is.
Daardie verstokte ideologie is die nekslag gegee met die nederlaag van Nazi-Duitsland, die desegregasie van die Amerikaanse Suide in die 1960's, en die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika wat bevestig het dat regimes wat gebaseer is op biologiese rassisme of dan die kulturele essensialistiese ekwivalent is 'n ding van die verlede.
Behalwe weereens vir 'n paar wat nog steeds die stryd voer vir dit.
Tesame met Aparheid wat nie in isolasie geskied nie, moet daar dan na jou vraag oor die Koue Oorlog en die wisselwerking daarvan met Apartheid gekyk word.
Bogenoemde bevestig alreeds vir my dat dit nie as 'n verskoning gebruik kan word nie, maar gaan die res van die brief poog om 'n antwoord te bied op die wisselwerking tussen die twee entiteite.
Daar word gefokus op Afrika. Van die argumente formuleer deur die historici voer aan dat die gewildheid van sosialisme en die vennootskap met Kommuniste na onafhanklikheid in die konteks van die kolonies was 'n manier om die nuut bevryde kolonies te beskerm teen die idees en die ekonomiese praktyke van die Weste, die vorige 'meesters'.
Die ironie is dus dat dit eerder 'n verdedigende maatreël as 'n revolusionêre een was. Hierdie dan die prys betaal weens die vergrype gedurende die koloniale tydperk. Dit verklaar dan hoekom die Sowjetunie meer dikwels "genooi" was vir deelname in hierde bevryde lande as wat die Amerikaners betrek is en eerder gesien is as onderdrukkers uit die Weste.
Hierdie ideologiese drukgang van Washington versus Moskou volgens het dan as effek in hierdie state 'n stryd oor watter rigting die samelewing in hierdie state, die nou onafhanklike state sou ontwikkel en was die konflik dan tussen hierdie twee strominge, kapitalisme versus kommunisme en is die wisselwerking tussen die bevryde state en die twee moonthede veel meer kompleks as wat ek die kennis het om dit te kan beskryf hier.
Histories was Suid-Afrika deel van Brittanje se Statebond en was die kant wat Suid-Afrika sou kies 'n uitgemaakte saak, alhoewel Apartheid goed op dreef was en apart van hierdie eksterne faktore ontwikkel het.
Dit is duidelik dat Apartheid is nie 'n antwoord op die gevaar van Kommunisme en is dit 'n interne aangeleentheid maar deel van die groter kwessie van kolonies.
Maar teen die 1960's het die totstandkoming van hierdie nuwe state die wedywering tussen die supermoondhede verskerp en is dit veral die Algerynse vryheidsbeweging, 'Front de Libération Nationale' se sukses, en wat Comestor nagmerries gegee het, wat aanvaarding en legitimiteit verleen het aan hierdie strewe na onafhanklikheid en ondersteuning bied aan 'n verskeidenheid van bevrydings bewegings.
Comestor het rede vir sy vrese en bied die sukses van Front de Libération Nationale stukrag aan die toenemende belangrikheid van die African National Congress in Suid-Afrika, Al Fatah in die Palestynse diaspora, en ander soortgelyke groepe in Angola en Oos-Timor in die internasionale tydperk van dekolonisasie na 1962.
Hierdie rewolusie van dekolonisasiegee vorm aan die 'post-Koue Oorlog wêreld' en kan daar nou gekyk word na die gebeure hier op ons grens.
Net soos Suid-Afrika deel was van die Statebond en 'n natuurlike vennoot teen Kommunisme was het die VSA teen die 1950's sy verhouding met Suid-Afrika gevestig en ekonomiese en militêre hulp aan die apartheid regime gebied.
Maar is dit 'n komplekse verhouding en kan as voorbeeld genoem word die Amerikaanse deelname aan die Verenigde Nasies se sanksies teen Suid-Afrika in 1962, net soos Suid-Afrika ??Kennedy se pogings om apartheid se aanslag te verswak en vryhede daar te begin stel teenstaan.
Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA is kompleks soos gesien kan word deur van die sanksies en die invloed om apartheid te probeer temper gesien kan word gee die VSA tog sy goedkeuring dat Suid-Afrika in Oktober 1975 Angola binneval. Hierdie kampanje is egter nie 'n dawerende sukses op die lange duur nie.
(Ek was nie op die grens nie - ek sou volkome nutteloos daar gewees het en het 'n korporaal en 'n dokter in die kamp my daarvan gered).
In 1988 was die skrif teen die muur en Pretoria gedwing om te onttrek uit Angola en onafhanklikheid aan Namibië te gee.In hierdie tydperk draai Kissinger teen die wit minderheid regime in Rhodesië en aangespoor deur Carter word daar hard gewerk vir die vestiging van demokrasie, waar die meerderheid aan bewind sal kom.
Hierdie is na aandleiding van Kuba se sukses in Angola en dien as versterking van die bal wat aan die rol gesit is met dekolonisasie vanaf 1962. Swart-Afrika is nou binne bereik van die verwesenliking van die droom van totale bevryding.Vanaf die middel 1970's het die VSA die noodsaaklikheid van evolusionêre verandering tot swart meerderheidsregering aanvaar en was die debat slegs een van die spoed waarvolgens dit moet geskied.
President Jimmy Carter het aangevoer dat rasse regverdigheid en onafhanklikheid was die beste weerstand teen Kommunistiese invloed en dominansie. In teenstelling tot hierdie aansporing het die wit regerings van Suid-Afrika en Rhodesië voortgegaan om die bedreiging van Kommunisme te gebruik om die bevrydingsbewegings te demoniseer en die rassistiese bestel behoue te laat bly.
Dit was veral die opstand wat begin het in Soweto van Junie 1976 wat die Suid-Afrikaanse regering van die tyd se oortuiging in 'n Kommunistiese "totale aanslag" op die wit minderheid verhard het en daarmee dan die doelwit 'n "totale strategie" om dit te verslaan noodsaaklik is en het hulle hulself oortuig van die bestaan ??van 'n internasionale Kommunistiese bedreiging en ontwikkel daar die diep oortuiging dat die wit bevolking onder gedurige aanslag is, intern en ekstern.
Dit is dan sekerlik op hierdie tydstip waar 'n interne ideologie van rassisme dan vermeng word met die stryd teen Kommunisme en die twee mekaar verhard en ondersteuning bied. Reagan beskou Suid-Afrika as waardevolle bondgenoot wat inligting verskaf oor Kommunistiese aktiwiteite en daarmee ook die argumente dat Suidr-Afrika 'n bron van noodsaaklike strategiese minerale vir die Weste is, net soos daar wyd aanvaar is dat indien die ANC aan bewind sou kom in Suid-Afrika dit vir Russiese Sosialistiese stelsel sou wees en dit sou implementeer.In hierdie ideologiese drukgang het die Sowjet-Unie op sy beurt aangevoer dat steun van hulle aan die ANC en SWAPO sou beteken dat hulle aan die 'right side of history' is.
Met dit dan is dit duidelik dat daar was wel pogings van die VSA se kant, afhangende van die President aan bewind om in Suid-Afrika die regering van die dag te probeer oortuig om demokrasie te bewerkstellig maar het die plaaslike regering geskrik met alles wat ekstern aan die gang was en die opwellings plaaslik en die beleid inderdaad verhard.
Daarom dan, die Koue Oorlog in die vroeë 1980's het definitief gehelp om apartheid langer te laat hou net soos die verslapping van die internasionale spanning 'n ewe belangrike rol in die uiteindelike ineenstorting van aparheid gespeel het.
Soos FW De Klerk in 'n 2010 onderhoud met die Financial Times bevestig:
Die geweld waarna verwys word is die geweld wat ontplof het in 1984 en gedreig het om Suid-Afrika te verswelg het:
I also came to the conclusion that if we did not undertake fundamental change the country would be drawn down in a downward spiral of growing violence, armed conflict which no side could really win which would eventually destroy the country and which would end in catastrophe. I was helped in putting the package together by the fall of the Berlin Wall. The implosion of international communism as a threat with its expansionist policies enabled me to make the package that I announced on 2nd February much more powerful than it would have been possible if that did not happen.
Die onderhoud eindig soos volg:
Vraag: History will rightly say that you effectively drew a line under apartheid. What now, with the benefit of hindsight, do you conclude about apartheid?
De Klerk:
The concept of nation states, bringing full political rights to everybody through the nation state concept, is morally defensible. Isn’t that now what the whole world supports for Israel and Palestine? But in our case it failed; it failed for three main reasons.The one is the whites wanted to keep too much land for themselves, which was indefensible and wrong; they therefore did not make the offer attractive enough. So the whites were too selfish. And the second reason is we became more and more economically interdependent, all South Africans, irrespective of race or colour, and we became an omelette and you can never unscramble an omelette.And thirdly because under the leadership of the ANC even while in exile the majority of blacks said, that is not how we want our political rights.But, in the end, because we failed, we ended in the place which was totally, morally unjustifiable, and we ended in a place where we were discriminating in a morally unjustifiable way against blacks and people of colour – which is, and was, wrong. It was defended on the basis this was a transitional phase and it was necessary to set up the nation state concept, but once the nation state concept failed it became a permanent fixture which was, nobody can justify.
Behalwe vir Jan Rap wat nou nog briewe daaroor skryf en wat Cornelius Henn dan met groot gejuig sekondeer en neem ek nou aan dat FC ook heel simpatiek staan tot die verlede en die 'goedheid' daarvan.
Baie dankie
Wouter
Hierdie soort boewery blyk eindeloos en volgehou deur die gesplete klug "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis" ... ek daag enigeen ("Wouter Ferns" ingesluit), om die huigel aan my toegedig naamlik "Elders gebruik Henn die ou argument van Kommunisme as 'n verskoning teen apartheid", met 'n aanhaling uit enige van my bydraes te staaf ... ja, dis maar hoe demoraliserend dit hier is met elke letter wat die immorele karikatuur "Wouter Ferns" op LitNet LIEG (nes Jan Rap dit ook in sy opskrif beaam)!
Ai Wouter
Jy laat jou so maklik meesleep deur politici, wat die grondkwessie aanbetref en dan wat die blankes dan sou besit. Een derde van Suid Afrika is ongeskik vir die aanplant van gewasse om die bevolking meet te voed. Wat van die res?
SOUTH AFRICA’S SOIL RESOURCES AND SUSTAINABLE DEVELOPMENT M.C. Laker, Retired Professor of Soil Science, University of Pretoria
1. NATURE OF SOUTH AFRICA’S SOIL RESOURCES
South Africa falls within the relatively little known “Third Major Soil Region” of the world. This region covers the mid-latitudes on both sides of the equator, between the humid tropics and the high latitudes. South Africa’s soil patterns are somewhat comparable to those of other countries at the same latitudes, such as Australia, the Sahel area and countries around the Mediterranean Sea.
They are completely different from those of the developed countries at the high latitudes in the northern hemisphere, including North America (USA, Canada) and Europe (West and East). South Africa’s soils also differ from the deep, highly weathered soils of the humid tropics. The developed countries at the high latitudes in the north are dominated by plains with deep, fertile soils and thus high crop production potential. South Africa is dominated by very shallow soils.
This is because the combination of hard rock parent materials and very low, inefficient rainfall seriously limits soil formation. Large parts of the country are covered by sandy soils, with severe inherent limitations. In most parts of the country with between 500 and 700 mm annual rainfall, where crop production could theoretically be important, poor quality, unstable soils prohibit this.
The poor quality of these soils is due to the influence of the parent materials from which they formed. Approximately 35% of South Africa receives enough rain for dryland crop production. However, South Africa has only 13% (about 14 million ha) arable land, i.e. land suitable for crop production. Most of this is marginal for crop production, i.e. it has low production potential.
Only 3% is considered to be high potential land. Using the international norm that 0.4 ha arable land is required to feed a person, would mean that South Africa could produce food for only 35 million people on its 14 million ha arable land. Normally over-exploitation and fastly accelerated degradation follows when the human carrying capacity of the land is exceeded. In comparison:
The USA has 350 million people, but the arable land to feed 800 million. South Africa has very limited irrigation potential. It is estimated that a maximum of 1.5 million ha can be irrigated. Limited water availability is the main reason for this, but on some of the southeastern rivers limited irrigable soil is the main factor. Only 10% of the irrigated soils in South Africa have high potential.
In comparison: Iran, a country with the same size as South Africa, has the potential to irrigate 7.5 million ha. A characteristic of most South African soils is that they are extremely vulnerable to various forms of degradation and have low resilience (recovery potential).
Thus even small mistakes in land use planning and land management can be devastating, with little chance of recovery once the degradation has been caused. In some cases, e.g. in the Drakensberg-Maluti area, environments are described as being robust against degradation, but having very low resilience once they give in.
2 2. TYPES, DEGREES AND CAUSES OF SOIL DEGRADATION IN SOUTH AFRICA
2.1 Water erosion Water erosion is the type of soil degradation with by far the biggest effect on the basis of the area affected. It has been described as South Africa’s biggest environmental problem. Many figures are mentioned regarding how much soil is annually lost due to water erosion, but these are difficult to verify. It is estimated that South Africa has lost 25% of its topsoil during the 20th century due to water erosion. One estimate is that the average annual soil loss in South Africa is 2.5 tons per hectare.
Although this may not seem much, it far exceeds tolerance levels when compared with an annual soil formation rate of 0.3 tons per hectare. In some catchments soil loss rates of over 100 tons per hectare have been measured. In some areas soil loss rates have dropped sharply because virtually all erodable material has already been removed and there is little or nothing left that can be lost. Water erosion is serious and extensive in both cropland and rangeland. In cropland inappropriate farming practices play a role, but the most serious cases are where nonarable soils that are extremely vulnerable to erosion have been cultivated.
An extreme example is the terrible erosion in cultivated areas in the “betterment schemes” or “rehabilitated” areas in the former homelands, where planners often sited fields for cultivation on extremely highly erodable non-arable soils. These have long ago been abandoned, but recovery is very limited. Many such areas carried some of the country’s best rangeland, but these have for all practical purposes been permanently destroyed. In rangeland used for extensive grazing serious erosion is due to removal of the protective vegetative cover due to poor management. Primarily it is due to removal of the dense grass cover.
Overstocking with grazers (especially sheep) led to destruction of the grass cover, leaving the soil barren or leading to bush encroachment or densification. Injudicious exclusion of browsers and/or burning to contain bush encroachment or densification contributed largely to the situation. Some of the worst erosion is found in game reserves, established for ecotourism, with alarming signs even in parts of the Kruger National Park. Rangeland management is more difficult in these than on livestock or game farms, because fencing to protect vulnerable areas is, for aesthetic reasons, unacceptable.
2.2 Wind erosion
It is estimated that 25% of South Africa is covered by soils that are potentially highly susceptible to wind erosion. These include the sandy soils in the western half of the “maize quadrangle” in the Northwest Province and northwestern Free State, the areas that produce most of the country’s maize. Annual soil loss of as high as 59 tons per hectare due to wind erosion has been measured in this area.
Yet, very little attention has been given to wind erosion, which is in South Africa often seen as a “nuisance” rather than as a source of soil degradation. 3
2.3 Soil compaction South African soils are extremely prone to serious soil compaction under intensive mechanized cultivated agriculture, both dryland and irrigated. It is throughout the country a problem and much more widespread and serious than the global norm.
For example, about 80% of the area on which maize is produced, is prone to serious compaction. It is becoming an increasingly more widespread problem in small-scale agriculture due to increased mechanization. Because compaction restricts roots to a very shallow soil depth, the growth and yields of crops are seriously limited and drought risk is aggravated because the plants cannot utilize the water stored below the compacted layer. From the early 1960s soil compaction became a widespread and serious problem in South Africa.
Its extent and impact is in many areas presently much less than before, because the farmers have adopted appropriate cultivation practices that combat it effectively. In many areas farmers have not yet adopted these practices, however, and compaction remains a serious problem in those areas.
2.4 Soil crusting (surface sealing)
Large areas of South Africa are covered by soils that are extremely prone to serious crusting. The extent of crusting, as well as awareness of it, has increased sharply during the last approximately 25 years. The increased switching to overhead and micro-irrigation systems and the widespread problems associated with these on crusting soils greatly contributed to this. The lack of recovery of the large areas of bare patches in overgrazed rangeland (including game farms and nature reserves/parks) and abandoned cultivated areas is mainly due to severe soil crusting.
2.5 Waterlogging and salinization/sodification
Waterlogging (the building up of excessive water levels in soils due to over-irrigation) and the resultant salinization or sodification (building up of harmful levels of salts or sodium) is of small extent in South Africa, compared with world trends and with other forms of soil degradation in South Africa.
This is because in the past South Africa’s irrigation water has generally been of good quality. Some small irrigation schemes have been abandoned due to salinization or sodification, however. The quality of the irrigation water is declining due mainly to pollution from urban, industrial and mining sources.
2.6 Acidification
Human-induced soil acidification is a major problem in South Africa. Its impact is serious, because it affects the scarce arable land, especially high potential land. More than 5 million ha cultivated land have already been seriously acidified, due mainly to injudicious fertilizer practices and inadequate lime applications.
This is in addition to the 16 million ha naturally acid soils. In the high potential areas of Mpumalanga opencast and strip coal mining causes soil acidification. Although the contribution of acid rain to4 soil acidification in this area is relatively small, it has, according to one report, a financial implication of R28 million per annum (at 1992 rates) to farmers.
2.7 Soil fertility degradation
The annual loss of the three main plant nutrients due to soil erosion is estimated at 30 000 t N, 26 400 t P and 363 000 t K. The estimated cost to replace these is R365 million per annum at 1985 prices, and probably up to five times as much at present prices. This does not include all the other nutrients that are lost due to erosion. Due to various reasons very little fertilizer is applied in small-farmer agricultural systems, leading to exhaustive cropping and soil fertility decline. Because yields are low, the annual amounts of nutrients removed, are small, but the long-term effects are large. In commercial agriculture there has been a tendency of “nutrient capital building” for some nutrients, especially phosphorus and zinc. In some cases P has even been built up to excessive levels, where it decreases yields.
Statistics for the last 20 years indicate that trends in P levels follow two opposite directions: In a significant proportion of fields P levels are declining from adequate to deficient, whereas in other cases it is still being increased from adequate to excessive levels due to over-fertilization.
2.8 Pollution
The total soil area affected by pollution is much smaller than those affected by other types of degradation, but the direct effects of pollution are big, especially on human health. Mines and industries, both manufacturing and processing, are the main sources of pollution. Mining pollution consists mainly of toxic levels of various heavy metals and serious acidification. Industrial pollution consists of toxic metals, excessive levels of sodium or phosphorus and/or organic pollutants. Urban waste, such as sewage sludge, is an important source of pollution. In various cases liquid wastes, inorganic and organic, are disposed on soils, e.g. bleached sands, which do not have the capacity to retain the pollutants in them. The consequence is pollution of underground water bodies, streams, etc. The same will happen with human excreta when pit latrines are sited on such soils.
2.9 Effects of urbanization, industrialization and mining
Apart from their pollution effects, urbanization, industrialization and mining have several other negative impacts on soil – to such an extent that internationally there is presently often more concern about the impacts of urbanization than erosion or pollution on soils. In South Africa indiscriminate invasion of the scarce prime and unique high potential arable land by urban expansion, industrial development and mining is a major problem. It represents a complete and irreversible form of land degradation.
It has always been a problem, but has during the last 10 years escalated due to the fast expansion of informal settlements – often onto prime agricultural land. During the last few years there have also5 been a number of cases of development of shopping centres and other urban complexes in wetlands – areas in which no type of development should ever be permitted because of their key ecological roles.
3. PROGNOSIS FOR FUTURE SUSTAINABILITY
From a soil point there are various aspects that will determine whether ecological, socioeconomic and economic sustainability will be achieved and maintained in future. These include, inter alia: a. It must be realized that South Africa is part of the “Third major soil region of the world”, of which the nature and quality of the soil resources differ vastly from those of the soils of the developed countries of the northern high latitudes.
This soil region is characterized by serious constraints that create special management requirements. Thus one must be very circumspect when trying to transfer technologies from the northern developed countries to South Africa and/or trying to use experts from those countries.
It must be realized that any technology is specific to the physical, social, and economic environment in which it was developed and, in order to succeed elsewhere it must be modified and adapted to local conditions. It has been stressed that Africa (also South Africa) needs locally trained soil scientists and experts and leader farmers with local experience to guide land use and management.
b. Because of the wide range of environmental and socio-economic conditions, location specific technical solutions are required, blanket solutions do not work. It is often best to start from indigenous knowledge and technologies and to improve these for a specific area.
c. It must be realized that the resilience (recovery potential) of most South African soils is very poor. Once they have been degraded it is very difficult or impossible to get them back into a productive state again. Thus, it is very important that degradation of areas that are still in good condition should be prevented. This is especially true in regard to soil erosion.
d. Sustainable land use can only be achieved and degradation avoided if land use and management planning is based on correct land suitability evaluation. It should be realized that the American eight class land capability evaluation system and its clones are not suitable for achieving the latter. One should use and further develop South Africanized versions of the FAO’s land suitability evaluation framework and guidelines.
e. Correct land suitability evaluation is possible only if it is based on high quality physical-biological resource information, including soil maps and soil survey reports. Government should give much more support for surveys to collect this detailed resource information and its safe storage as national asset of very high value. It should be available to the national and provincial governments and local authorities when land use decisions and planning have to be made. This does not refer to agriculture only, but to all types of land use.
f. From a soil point, it is very important to have well-qualified soil scientists to conduct the required soil surveys and research and to be part of the multi-disciplinary teams that are needed to do efficient land suitability evaluations. Unfortunately there is a6 tendency to believe that quasi-soil scientists, i.e. people with limited soil science training or training only in somewhat related fields can fulfill this role. Due to South Africa’s very difficult and complicated soil scenario, this only leads to big planning errors and eventually unsustainability.
g. Reclamation of already degraded areas poses big challenges and new thinking. Regarding water erosion the emphasis has in the past been on expensive engineering works – building concrete structures across dongas, etc. These are basically traps to collect eroded soil, but they do not combat erosion at its source. Actual erosion control by farmers has been disappointingly limited. Promising successes with community-based soil and water conservation approaches, based on models from the Sahel, have recently been achieved in the Eastern Cape.
These could serve as blueprints for future efforts in this regard. h. In regard to soil compaction, the required knowledge to identify vulnerable soils and to successfully manage it is available from local research. It is important to get farmers in Mpumalanga and Limpopo, who have not done so, to adopt appropriate management systems. The best way could be by farmer-to-farmer extension visits to the Northwest Province and the northwestern Free State.
i. In regard to soil crusting, the required knowledge to identify vulnerable areas and to adapt management systems is also available from local research.
Unfortunately this knowledge is seldom used, especially in irrigation planning. The most extreme present situation prevails in Limpopo province where from provincial government side all future irrigation schemes are apparently prescribed to be based on overhead irrigation. For many soils in the province these are not suitable systems.
Furthermore, there are small-scale farmers in the province who have for decades been using very successful short furrow irrigation systems – which are the ideal systems for such soils. This type of approach from government side will seriously jeopardize socioeconomic and economic sustainability. Similarly, inappropriate approaches can also jeopardize sustainability in regard to other factors. j.
It has been found that soil acidification due to inadequate lime application by farmers is mainly because the cost-benefit squeeze force them to cut on inputs. The high costs to apply lime are not due to high lime prices, but the consequence of excessive transport costs. Adequate lime applications will not be possible without subsidies for lime transport. Inadequate lime applications lead to large yield decreases and both ecological and economic unsustainability
. k. Strict laws to protect prime and unique agricultural land from being invaded by other uses, especially urban development, and the political will to enforce these, are essential for maintaining sustainable resource use. Likewise effective laws against injudicious subdivision of agricultural land into uneconomic units and strict enforcement of them is required to achieve ecological, socio-economic and economic sustainability. In the end the prognosis for achieving and maintaining ecological, socio-economic and economic sustainability over the next 20 years will depend on a sound knowledge of the country’s resources and the political will to implement appropriate land use planning principles and management practices."
By die plaas van artikel het sekere indelings verlore gegaan, maar die kerngedagtes het behoue gebly.
Landbougrond moet dus toevertrou word aan mense wat weet wat hul doen. Ons kan nie 'n 90% mislukking soos tans bekostig nie. Voedselinflasie skiet die hoogte in.
Dit is duidelik dat die onderhandelaars politici was en dat die grondkwessie nie behoorlik tydens die onderhandelinge uitgepluis is nie. Een van die belangrikste sektore nl die landbou is onbeskerm agter gelaat
in die hande van mense wat grond soos smarties wil uitdeel. Ons betaal reeds 'n groot prys hiervoor met die groot aantal verlies van boere, hetsy deur misdaad of onttrekking.
Daar is ook geen poging aangewend om die instroming van buitelanders te beheer nie. Tussen 6 en 8 miljoen
vreemdelinge het hul in Suid Afrika gevestig. Dit is duidelik dat Suid-Afrika onder normale omstandighede
sou sukkel om sy bevolking te voed en die onbeheerde instroming vererger dit.
Waar sekere Europese land nou begin wal gooi teen die instroming uit Afrika bly Suid-Afrika se grense oop.
Dit is duidelik dat die ANC-regering geen benul het om die probleem asook die renosterstropery te hanteer nie.
Dit is duidelik dat sekere sektore tydens die ondehandelinge geen aandag gekry het nie. Natuurlik moes
F W de Klerk dit sê wat hy gesê het, hoe anders sou hy steun kon verwerf vir 'n 'oorgawe'. Dit sou taamlik dom wees om te sê dat daar nie onderhandel moes word nie. Die manier waarop dit gedoen is het mi veel te wense
oorgelaat en pluk ons vandag die wrange vrugte daarvan.
Daar is 'n onbeheerste bevolkingsgroei aangewakker deur 'n onbekostigbare sosiale besteding, terwille van stemverwerwing, terwyl die aantal voedselverskaffers jaarliks verminder.
Politieke praatjies het nog nooit enige gaatjies gevul nie, ongeag van wie dit kom.
Ons kan nie die geskiedenis terugdraai nie of herleef nie, maar dit is taamlik duidelik dat 'n unieke geleentheid
deur die vingers laat glip is wat sekere sake aanbetref.
Jan
Ek is nie lief om oor SA-geskiedenis te kibbel nie. Nie omdat ek in kennis daaromtrent ontbreek nie, inteendeel, ek het SA-geskiedenis as hoofvak (3 jaar) vir my BA graad gehad. My uitgangspunt is wat verby is is verewig verby en kan nooit weer herstel word tot wat die verskillende partye dit so graag wou gehad het nie. 'n Futiele strewe.
Maar feitlik. Blankes het die tuislande afgebaken, sonder enige onderhandeling met al die betrokke partye. Swart leiers wat met die blanke siening ingeval het, soos bv. Mangope, Matanzima, ens. was nie verteenwoordigend van hulle volke nie, en het ingeval vir eie persoonlike gewin. Daar was geen referendums gehou om swart gevoel te peil nie. Vir hulle was dit 'n geval van "take it or leave it".
Op sy laagste, was daar 'n beraamde 9mil swartes binne blanke gebiede. Soos die ekonomie gegroei het, was daar grootskaalse instroming wat blankes probeer keer het sonder sukses. Met die grensnywerheid beleid, het min. Blaar Coetzee voorspel dat 'n ommeswaai binne vyf jaar sou plaasvind. Die teendeel het gebeur.
Vir die nie-blankes binne "blanke" gebied was daar agtereenvolgend die een onderdrukkende wetgewing op die ander totdat 'n punt van opstand gekom het. 'n Punt in "hindsight" waarvoor ek die nie blankes nie voor kan blameer nie. Was ek nie-blank, glo ek sou ek saam in opstand gekom het.
Nou wanneer onderdrukking so erg geraak het, hoe kan jy verwag dat die betrokke persone gedweë sodanige wetgewing moet aanvaar en gehoorsame burgers bly, en gesien geen skikking gevind kon word nie, inteendeel, die regering was nie eers bereid om met enigeen te onderhandel nie, is geweldadige opstand toe 'n gegewe en internasionaal aanvaar en ondersteun.
Die vorige bedeling het eenvoudig "implode". Hy is nie deur buite magte vernietig nie. Die ANC was nie op 'n "wen" voet nie. Inteendeel, hulle was teen die regeringsmagte hulpeloos. Die hele bestel het net eenvoudig ekonomies onmoontlik geword om in stand te kon hou. Die landsgrense met al die kolletjies swart gebiede, plus nasionale grense en kuslyn, was te groot om menslik deur Afrikaners met sy klein bevolking beman te kon word. Ons grens was langer as selfs die grens van enige Europese staat.
Die meerderheid jeug was in die burgermag vasgevang. Met ontslag, was werk vir hulle skaars, nie teenstaande blanke werksresevering. Die ekonomie was oorlog gedrewe, gevolglik min natuurlike werkskeppende geleenthede nie. Privaat entrepreneurskap onder blankes 'n karigheid. Die meerderheid het vir die staat, myne en banke gewerk.
NOU DIE HUIDIGE STAAT;
Op aandrang van die ANC is die Versoeningskommitee gehou om "menseskenings" albei kante toe te straf, en ook tot 'n vergelyk te kom om mekaar se "sondes" van die verlede te vergewe, wat toe wel wetlik gebeur het. Vir my is dit die begin van die Nuwe Suid Afrika, met 'n multikulturele inhoud, almal op ewe voet, tot so 'n mate dat 11 amptelike tale erkenning verkry het. 'n Wonderlike konstitusie is ook in die proses beding.
Die ANC regering het toe vir eers lippediens aan beide die Versoeningskommissie se voorstelle, asook die konstitusie verleen, maar jaar op jaar daarna, het hulle al hoe meer die non-swartes en blankes hulle regte begin inkort wat op onderdrukking besig is om te neig. Solank daar enige vorm van rasgedrewe wetgewing op ons wetboek bestaan, is landsburgers nie meer in die oë van die wet gelyk nie. Bruinburgers en Indiërs het dienooreenkomstig tweedegraads en blankes derdegraadse burgers van die land geword.
Die verwerping van versoening deur die ANC is duidelik te bespeur in hulle pogings om blanke geskiedenis te probeer uitwis, naamsveranderings een voorbeeld daarvan, die verskuiwing van standbeelde, pogings om Afrikaans te ontsetel ander voorbeelde. Enige diskriminasie op ras gegrond, is ongrondwetlik.
mbt Die ekonomie. Blanke werkers in die staatsdiens is nou geheel en al met swartes vervang. Blankes wat op eie inisiatief entrepreneurs geword het, word nou met BEE gedreig om nog te kan bestaan. Dit is nie die geval van die beste persoon, ongeag ras, ens. vir enige gegewe pos nie, maar werksresevering vir swartes (omgekeerde diskriminasie). Die kwotastelsel word ook ondermyn. AfriForum probeer die afgelope paar jaar die lys studente innames van die Universiteit van Pretoria te bekom sonder sukses. Daar word vermoed, dat pleks van die 10% blanke inname resevering, dit met minder geskied. Die ANC is reeds op ander gebiede uitgevang dat hulle nie by die kwota stelsel bly waar dit blankes betref.
Indien die ANC regering al hoe meer onderdrukkende wetgewing te boek staaf wat teen veral die Afrikaner gemik is, gaan daar mettertyd al hoe meer weerstand plaasvind. Tans word sodanige weerstand in die gronwetlikehof openbaar waar verskeie ANC aksies beveg word. Indien die grondwet tot nadeel van die Afrikaner gewysig word, sal daar ongetwyfel geweldadige opstand kom. In sodanige geval, sal ek beslis nie 'n gehoorsame landsburger wees nie. Soos Mandela in die ou bedeling, sal ek ook na geweld oorgaan. Om 'n staat te ontwrig, verg nie groot getalle nie. Hopelik sal die ANC dit nie uit oe verloor nie. Hopelik ook, sal die ANC ontsetel word alvorens sodanige situasie plaasvind.
Jaco Fourie