Vir Jaco wat wil praat

  • 7

Beste Jaco

Onderaan my brief van 2 deser aan jou sê jy ek kibbel oor kleinlikhede.  Die kleinlikhede waarvan jy praat is kwessies deur jóú geopper!  So, ek wou net gehad het jy moes hierdie 'kleinlikhede' staaf.

Laat ek dit vir jou opsom: 

Jy is in vervoering oor die konstitusie; hoe help hierdie konstitusie die wat ly onder misdaad en regeringsonbekwaamhede – plaasaanvalle, rou riool in riviere, stakings, slaggate ens?

Hoe kan Afrikaners, of enigiemand, demokrasie afskiet in hulle najaag van 'n demokrasie?

Hoe regverdig jy dat jy mag kla oor wat jy 'verregses' noem maar hulle mag nie kla oor vergrype en onbekwaamhede nie?  Het jy ook destyds vir die Engelse koerante geskryf en hulle beskuldig dat hulle kla oor die regering?

Hoekom sou 'n demokrasie wat 20 jaar oud is slegter wees as een wat 30 jaar oud is, of beter wees as een wat 10 jaar oud is (veral in die lig van die feit dat hierdie 'demokrasie' van jou al hoe verder verval met tydsverloop)?

Hoekom sê jy hierdie is nie 'n demokrasie nie maar wel 'n regstaat en dan verwys jy in die res van jou brief heeltyd na 'demokrasie'?

Nou sien ek jy wil debatteer oor 'n volkstaat.  Hoekom?  Jy praat net tot iemand jou vra om jy stellings te staaf en dan kruip jy in 'n dop; praat dan kwansuis nie met 'fanatici' (lees 'mense wat van Jaco verskil') nie.  Ek het buitendien al voorheen my siening oor 'n volkstaat gegee naamlik, in die lig van die sirkus wat hom tans afspeel, kan jy niemand kwalik neem wat 'n versugting na 'n volkstaat het nie.

Groetnis

Jan Rap

  • 7

Kommentaar

  • Jan.

    Ek gaan vir eens toegee om aan jou vrae te probeer voldoen. 

    1.  “hoe help hierdie konstitusie die wat ly onder misdaad en regeringsonbekwaamhede – plaasaanvalle, rou riool in riviere, stakings, slaggate ens?”

    Die konstitusie is nie daar om  oplossing vir problem te soek nie, maar om deur midel van die hoogste wetlike gesag, menseregte in terme van die bewoording van die konstitusie, in SA te beskerm.  Die onus berus by die verontgeriefde party om sy saak tot die grondwetlikehof te neem.  Doen hy dit nie, kan die konstitusionelehof nie optree nie. Ek kan  nie onthou dat enige van die gekkegrensers ooit hulle griewe na die konstitusionelehof ooit geneem het nie.  AfriForum het dit gereeld gedoen, merendeels met sukses tot die ANC se verleentheid.

    2.  “Hoe kan Afrikaners, of enigiemand, demokrasie afskiet in hulle najaag van 'n demokrasie?” 

    Jy het dit oorspronklik so gestel: “Jou stelling "'n Sekere kliek Afrikaners wil demokrasie afskiet weens frustrasies omrede hulle dit nie kan regkry om hulle agenda deurgevoer te kry nie" maak nie sin nie. Hoe sal demokrasie nou iemand verhoed om 'n demokrasie na te streef? Anders gestel, wie, wat streef na 'n demokrasie, sal demokrasie afskiet? Jy dink tog nie dié wat 'n volkstaat wil hê wil 'n monargie daar bewerkstellig nie, of hoe?"

    SA is ‘n suksesvolle multikulturele demokrasie, nieteenstaande powere regering, midaad, asook ekonomiese ineensinking nie. PUNT! ‘n Demokrasie is ‘n politieke bestel, nie ‘n polisieman nie.   

    Die gekkegrensers se sieninge van “demokrasie” wissel van een party tot die ander.  Praag, meer as tien jaar aan die gang is ‘n voorskriftelike autokrasie, ‘n eenmansaak wat onder die dekmantel van demokrasie PRAAT, wat wil voorskryf hoe Afrikaners moet lewe, soos onlangs in Dan se rubriek aangaande Feministe. Praagjeug is tot niet, gereelde rubriekskrywers soos Anton Barnard, ens is daar nie meer nie.  Almal met Dan gebots?  Die Suidlanders geld dieselfde. Muller ‘n autokraat.  Van  die gekkegrens partye  wil politieke partye in die volksstaat verbied, want daar was geen in die ou republieke nie, konsensus politiek alleenlik. Die Israelvisie asook omtrent al die ander gekkegrensers, gaan  kieskeurig besluit watter Afrikaners deel van hul volkstaat gaan uitmaak.  Afrikaner ateiste, Katolieke, Jode, Gays, ens  almal Afrikaners, gaan hulle nie toelaat om  in hulle volksstaat burger te wees nie.  Dit is hulle uitgesproke sieninge.

    Wat elkeen van die gekkegrenspartye in gemeen  met hulle siening omtrent “demokrasie” het, is dat dit alleenlik als demokrasie kwalifiseer indien jy ‘n JA-broer is.  ‘n Nee-broer word automaties ‘n volksverraaier en vanuit die gemeenskap verban.

    3.  “Jou verskoning vir die jammerlike mislukking van julle maaksel, naamlik " ... Ons demokrasie is maar net 'n karige 20jaar oud"

    Omrede die regering ‘n mislukking is, beteken dit nie dat die demokrasie ‘n mislukking is nie.  Volgens internasionale standaarde, internasionalereg  en  internasionale waarnemers, is ons beslis ‘n suksesvolle demokrasie met ‘n onsuksesvolle regering.  Selfs die ANC met amperes 2/3 ondersteuning, aanvaar die gesag van die grondwetlikehof, selfs in sake wat vir hulle ‘n ergelike verleentheid is, oa die wapenskandaal, gay huwelike, die verbod om  militere toerusting aan Zimbabwe te verkoop, die afskaling van die skerpione ens om  maar net ‘n paar voorbeelde van vele ander moontlikes te kwoteer.  Omrede Jan Rap en sy vele gekkegrenser maats dit nie als demokrasie wil aanvaar nie, sê ek maar net. TOUGH!

    Die feit dat ek sê die demokrasie is maar net 20 jaar oud, het niks met demokrasie per se te doen nie.  Ek het Frankryk as voorbeeld genoem as jy onthou.   Die proses wat met enige demokrasie gepaard moet gaan  is die uiteindelike volwassenheid by die kieserskorps.  Frankryk het deur ‘n proses gegaan van ‘n ongeletterde kieserskorps tot wat dit vandag is.  Ons kieserskorps is alles behalwe volwasse in die westerse s’n, en stem  merendeels vir ideologie as vir brood en botter sake.  Jou tipiese voorbeeld is Zimbabwe, waar tenspyte van haglike ekonomiese omstandighede, hulle vir dieselfde onsuksesvolle regering stem.  Dit is definitief nie te sê hierdie toestand by die kieserskorps gaan  nooit verander nie. 

    4.  “Hoekom sê jy hierdie is nie 'n demokrasie nie maar wel 'n regstaat en dan verwys jy in die res van jou brief heeltyd na 'demokrasie'?

    Indien jy fyn gelees het, het ek geskryf:  “SA is nie 'n demokrasie nie, wel 'n REGSSTAAT.  Die konstitusie kraai koning. Demokrasie word geduld  ONDERHEWIG AAN DIE KONSTITUSIE.”     

    ‘n Demokrasie is per definisie, waar die wil van die meerderheid stem geld.  Engeland is ‘n voorbeeld van ‘n demokrasie, sonder ‘n konstitusie. Die VSA weens sy konstitusie, is ook ‘n regsstaat.  Demokraties is in ons Parlement gestem dat die Skerpione tot niet verklaar word.  ‘n Enkele indiwidu (kan nie sy naam onthou  nie), het sy saak by die konstitusionelehof gewen, wat die meederheid demokratiese besluit tot  niet verklaar het.  Dus lê die finale besluit nie by die meerderheid nie, maar wel met die grondwetlikehof.   Waar sake nie by die grondwetlikehof uitkom nie, dan geld die demokratiese meerderheidsgevoel.

    5.  “Ek het buitendien al voorheen my siening oor 'n volkstaat gegee naamlik, in die lig van die sirkus wat hom tans afspeel, kan jy niemand kwalik neem wat 'n versugting na 'n volkstaat het nie".

    My uitdaging aan jou om Volksstaat te debatteer is as gevolg van jou voortslepende negatiewe aanvoering vir die afgelope 5jaar wat ek hier deelneem, oor taal, die sosio-ekonomiese verval, en die Afrikanerpolitiek, waaroor jy heul, sonder ooit met enige vorm van positiewe voorstelle vorendag te kom.  Die ergste natuurlik is jou verkwaliking van meer as die helfte Afrikaners wat wel JA in die vorige eeu gestem het, vir die huidige toestand.   Die nimmereindigende:  “ONS en JULLE” sindroom. onder gekkegrens-Afrikaners. 

    Dit help nie om by ‘n  “versugting na ‘n volkstaat” te bly nie.  DOEN  iets daaromtrent indien  jy so sterk voel, nie net daaroor PRAAT nie.   Dis die dat ek my voorgeneem het, dat indien daar nie positiefs oor Afrikaner toekoms gesels kan word nie, weerhou ek my van enige negatiewe en steriele debat wat op die verdelende verlede geskoei is.

    Terloops.  ‘n “Fanatici”  in my oë is iemand wat ‘n onwrikbare standpunt huldig,  nieteenstaande oorweldigende bewyse tot enige teendeel nie.  Jy gee ongelukkig vir my daardie indruk. 

    Jaco Fourie

  • Cornelius Henn

    Jaco Fourie tik: "Afrikaner ateiste, Katolieke, Jode, Gays, ens  almal Afrikaners, gaan hulle nie toelaat om  in hulle volksstaat burger te wees nie" (die vetdruk deur my aangebring - die res verbatum).   

     

    'n Mens kan maar net droom dat Jaco Fourie by sy beskaafde styl hierbo sal hou, en sulke wilde stelling en vooroordeel op sy eie aannames gegrond soos hierdie en tussen vele, kan verduidelik.  

     

    Derhalwe,  om 'n ieder buite die Nasionaliste se kringetjie as "gekkegrens Volkstaters" te probeer neerhaal, dui op die kinderagtigheid van 'n leë blik ...

     

    Jaco Fourie, sal sy "inligting" moet hersien en sy kombers aanduidings bedink.  

     

    Orania byvoorbeeld; ek wonder of Jaco Fourie vir ons die guns kan doen - aangesien hy so seker is van sy onsin - om enige bewys te lewer waar Katolieke, as Oraniërs, onwelkom sou wees? ... of dat Professor Carl Boshoff, of sy seun Carl Boshoff IV, of enige ander leier van die Orania Beweging, ooit hul ideaal  as iets buite 'n vorm van konfederasie voer, of gevoer het, maw onafhanklik soos Lesotho of die "demokratiese monargie van Swaziland"? ... 

     

    Cornelius Henn

     

  • Neelsie

    Jy bly net eenvoudig te lief om in jou eie kak te trap. 

    Jy plaas Orania onder my gekkegrensers hierbo.  Ek nie, en het nog nooit.  Hulle sit ten minste hulle geld waar hulle mond is.  Terloops.  Indien jy op hoogte van sake was, sou jy geweet het hulle is deel van die Afrikaner Burgerlike Netwerk, waarvan Flip Buys voorsitter is.  Met ander woorde Orania en AfriForum werk saam. Hulle skakel definitief nie in met die gekkegrensers nie.  Inteendeel van hulle, oa. Dan Roodt, het nie veel ooghare vir Orania nie.

    Jy skakel ooglopend nie in by die gekkegrensers se webblaaie nie, anders het jy ongetwyfel agtergekom die meeste wil nie "Afrikaner ateiste, Katolieke, Jode, Gays, ens  almal Afrikaners, gaan hulle nie toelaat om  in hulle volksstaat burger te wees nie".  Jy sal vinnig agterkom dit word heel duidelik deur hulle uitgespel.

    Terloops.  Orania is nie 'n ware volkstaat in die  sin wat die gekkegrensers se siening van volksstaat is nie.  Dit is 'n geregistreede Suid Afrikaanse private maatskappy, net soos enige ander "golf estate" hier SA is wat 'n spesifieke demografiese of ekonomiese mark teiken, in hierdie geval Afrikaners wat aan sekere waardes kleef waaraan Orania aan voldoen.

    Ek het al in vorige briewe genoem dat een opsie vir Afrikaner-selfbeskikking is die totstandkoming van Kantons, en het spesifiek Orania als voorbeeld van een genoem.

    Nou Neelsie. Was dit nie vir jou blinde venyn teenoor my nie, is daar 'n moontlikheid, LW. 'n moontlikheid dat jy nie so aanhoudend 'n gek van jouself maak wanneer jy my aanvat nie, en pleks om sinnelose byvoeglikenaamwoode en ander "ramblings" te gebruik soos hierbo en dit eerder te vervang met kalm LOGIKA, sal jy miskien iets van waarde kan se.

    Terloops.  Jy het my nog nie ge-antwoord op die volgende, waar jy tweekeer in een dag 'n gek van jouself gemaak het: (Sien https://www.litnet.co.za/Article/brief-die-kinders-van-vandag)

    Neelsie

    Nie alleen is jy deurmekaar verward nie, maar ook 'n tweegesig. Jy skryf hierbo mbt ('n ander rubriek) met eerbied en vereering oor FW de Klerk: "Met respek; Mnr FW de Klerk, is 'n formidabele Nasionalis en leier -  die kanse dat hy net op die kantlyn sou aftree, is nul!   Ek dink meeste beskou dit hul voorreg om deur Mnr. de Klerk genooi te word  - wat ookal die agenda".

    Op 19 Apr 2013 praat jy hom sleg in jou brief "F.W. de Klerk en die Afrikaner - Litnet", 

    "In teenstelling tot FW de Klerk se kruipery by die Ingelse, het President Paul Kruger die volgende op Dingaansdag 1880 aan die Britse Kommissaris in die Kaap, Sir Owsen Lanyon, gestuur". 

    Dan kan jy dit glo.  Wyl hy Solidaiteit / AfriForum hierbo mbt ('n ander rubriek) slegsê doen hy hulle die ere in April 13. 

    "Wyl FW de Klerk via sy stigtings net loop en mond spoel, is daar darem Solidariteit en AfriForum wat hul eie steunbasis moes opbou en vandag namens die Afrikaner intree".   NEED I SAY MORE?!

    Sy volle stront is hier te lese:  https://www.litnet.co.za/Article/fw-de-klerk-en-die-afrikaner.

    Neelsie, dis nou die tweede keer in een dag dat jy in die kak trap, en ek het jou so mooi gevra, kyk waar jy loop "maatjietjie"

    Jaco Fourie

  • Cornelius Henn

    Jaco Fourie, jou platvloerse en banale reaksie hierbo demonstreer net nogmaals jou opvoeding en algemene gedrag daarin enige onderwerp - en dit verg gewis geen antwoord deur my nie. Enigeen wat geloofbaarheid in enigiets wat kwytraak vind, is gewoon op dieselfde vlak waarin jy so gereeld met jou promiskue en dekadente leefstyl spog. Nee wat, val maar verby Jaco Fourie ...

     

     

     

     

  • Cornelius Henn

     

    ... gewis Jaco Fourie, enige opgevoede mens kom daardie gevoel langs hul ruggraat af as hulle in kak trap ... ongelooflik hoe jy jouself so kan beskryf en nog boonop daarmee spog ook ...

     

     

     

  • Vorige week is verschenen, Steven Paas, Israëlvisies in beweging: Gevolgen voor Kerk, geloof en theologie, bij Brevieruitgeverij in Kampen, http://www.brevieruitgeverij.nl/boeken/9789491583353/israelvisies-beweging.html   Voor de media is een recensie exemplaar beschikbaar. Het boek is bedoeld als een bijdrage aan de theologische en politieke discussie die vandaag weer door velen in Nederland wordt gevoerd over dit onderwerp. Op de site van Brevier kan men kennisnemen van de Inhoudsopgave en het Woord vooraf. Zie ook dit artikel, http://www.cip.nl/artikel/39824/Israëlvisies-in-beweging    

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top