Nou die dag toe ek die bakkie aanskakel vang ek die laaste stukkie van die praatjie wat Amore met Nathaniel oor etiket het en die stukkie wat ek hoor Nathaniel sê is: " ... 99 Afrikaanssprekendes in die gehoor en een Japannees dan praat jy Engels."
Dis mos loutere onsin; wie se al 99 Afrikaanssprekendes verstaan Engels? Ek was eenkeer by 'n geregtelike ondersoek gewees waar die betrokkenes van die Noord-Kaap hulle getuienis in Afrikaans gelewer het. Dit het die jaw uit die voorsittende beampte irriteer want hy kon nie Afrikaans praat nie maar hy was een en die ouens van die Noord-Kaap was elf en hulle kon nie Engels praat nie. Daar ís mense wat nie kan Engels praat nie.
Wat wel etiket sou wees is, sodra die Japannees agterkom 99 ouens word benadeel net om hom te akkommodeer hardloop hy uit die saal uit of hy sê hy het 'n tolk saamgebring of iets. Daar is nie 'n manier wat dit enige vorm van etiket kan wees net omdat een ou uit 'n groot klomp nie Afrikaans kan verstaan nie. Dis nie etiket nie, dis pateties.
Jan Rap


Kommentaar
Ek kak sommer in my kouse as iemand dit vir my durf seg dat ek moet Ingels praat want hier is een persoon wat die volksvreemde taal praat. Ek en my Ingelse skoonfamilie verstaan mekaar ook nou al mooi. My swaer het te vertelle dat hy nie nodig het om Afrikaans te praat nie. Hy bly sedert 1980 in die land. Hy is 'n "Whenwe" oud Rhodesier. Ek laat hom toe verstaan dit is net ordentlik om jou gasheerland se taal te kan praat. Hy net 'n negosiewinkel gehad met Afrikaanse klandisie, hul geld is goed en dis waar dit eindig. Ek het al grappe vertel en hier en daar Afrikaanse woorde gebruik. dan vra die boks my wat dit beteken. Ek antwoord hom maar net die "punchline" gaan verlore as jy dit probeer vertaal. My vrou het my aangespreek nadat ek vir hom geseg het dat dit nie my skuld is dat hy nie kan verstaan nie.
Beste Reusedwerg,
Ek het na sy vlak gedaal en hom in Ingels geantwoord.
Beste Reusedwerg,