Jan Rap

Gebore op ’n baie vroeë ouderdom. Onlangs afgetree.

Nog steeds vir Angus oor sy taalsiklus

Jan Rap 2013-07-18 Jy sê jy sien ek is bekommerd oor die vertaal van Afrikaans na ander tale.  Waar kom jy daaraan?

Vir Angus oor sy brief Taalsiklus

Jan Rap 2013-07-16 As taal evoleer het, moes dit ontwikkel het van 'n primitiewe geblaf en gegrom tot uiteindelik 'n taal met naamvalle, verbuigings en dies meer.

Vir Wouter oor sy kommentaar

Jan Rap 2013-07-15 Hoe werk jy dit uit dat die feit dat Afrikaans in 1925 amptelike status gekry het 'wettiging van taalsuperioriteit' verteenwoordig?

Vir Angus steeds oor taal

Jan Rap 2013-07-12 Slordig beteken onafgewerk, nie goed voltooi nie.  So die gebruik van Engelse woorde omdat Afrikaans jou tweede taal is wat jy nie goed ken nie, of vir effek (die aartiefaarties) is slordige Afrikaans, net soos ek partykeer slordige Engels gebruik omdat dit my tweede taal is, 'n taal waarin ek nie so bedrewe soos in Afrikaans is nie.

Daar is mense wat glo …

Jan Rap 2013-07-11 … in evolusie, onwrikbaar.

Geheuekiekie 24 en 25

Jan Rap 2013-07-11 My pa gesels land en sand in die passasiersitplek langs my en skielik hou hy op gesels, sak in sy sitplek af tot op sy rug en begin ritmies en met mening op die paneelkissie trap.

Nogal eienaardig as mens so daaraan dink …

Jan Rap 2013-07-11 Gestel jou motor se brandstofverbruik is so 10 liter per 100 kilometer en die tenk se kapasiteit is 40 liter.  Jy kan dus van Johannesburg tot in Bloemfontein, 400 kilometer, met een tenkvol ry.

Vir Wouter

Jan Rap 2013-07-09 Ek betwis nie die feit dat Afrikaans in 1925 'n amptelike taal geword het nie; wat ek sê dat jy dit nie as rede kan aanvoer vir jou stelling dat Afrikaans daardeur "tot taalsuperioriteit gelegitimiseer" is nie.

Vir Angus

Jan Rap 2013-07-09 Dit is inderdaad goed om oor taal te dink.  Dit is juis oor die dink aan taal dat ek dink ons is hier afgelaai deur ruimteskepe eerder as evoleer het saam met die primate van een of ander oerprimaat af.

Vir Wouter oor loutere snert

Jan Rap 2013-07-05 Ek het al meermale, na stellings en/of gevolgtrekkings wat ek gemaak het, dit duidelik gestel dat ek verkeerd mag wees en feite sal verwelkom wat aandui dat ek die kat aan die stert beetgehad het. 

4 maal (kommentaar op) vir Angus

Jan Rap 2013-07-05 Jy hou aan sê Afrikaans kan nie verengels nie terwyl dit voor jou oë (ore) gebeur; die Kaapses byvoorbeeld praat 'n hewig verengelsde Afrikaans.

Nog verder oor ons gelatenheid

Jan Rap 2013-07-04 Klink skeef maar die presiese omgekeerde toestand geld tans en word as heeltemal normaal deur die Afrikaner beskou.

'n Raaisel

Jan Rap 2013-07-04 Hoe werk dit?  'n Portugees, Engelsman of Fransman, NIEMAND om die waarheid te sê, sal sulke stront duld nie.

Kommentaar op Kobus Faasen se brief van 1 Julie 2013

Jan Rap 2013-07-03 Dit is dus 'n valse persepsie dat skade deur maglustiges aan hierdie tale berokken word.

Antwoord op Angus se kommentaar

Jan Rap 2013-07-03 Jy het wel gesê Afrikaans moet aanpas om te oorleef maar jy het te kenne gegee dat die lukrake ingooi van Engelse woorde hierdie aanpassing verteenwoordig.
Top