Vir Wouter oor sy kommentaar

  • 0

Hallo Wouter

Ek verwys na jou kommentaar van 11 Julie op my brief van dieselfde datum.

Wat ek kan uitmaak van jou hele betoog kan ek nie mee verskil nie; dis juis die rede hoekom jy nie kan verduidelik dat die instel van Afrikaans as amptelike taal vir jou 'wettiging van taalsuperioriteit' verteenwoordig nie.

Dit is ook so, soos jy aanhaal, dat totale onkunde uiteindelik tot ontkenning lei; hier te lande is dit aan die orde van die dag.  Almal wat so blinkoog oor die sogenaamde demokrasie was sit nou met 'n eier op die gesig.  Al wat oorbly is ontkenning; ontken dat dit slegter gaan, dat daar geen einde aan korrupsie is nie, dat misdaad buite beheer is.  En, natuurlik, waar ontkenning darem té dik vir 'n daalder raak, te verkondig hoe sleg en wreed 'apartheid' was; dit is dan die regverdiging vir die meewerk aan die huidige gemors.

Jy het nou nog nie geantwoord nie:  Hoe werk jy dit uit dat die feit dat Afrikaans in 1925 amptelike status gekry het 'wettiging van taalsuperioriteit' verteenwoordig?  Ook moet jy my nog vertel waar ek gelieg het dat ek kan regmaak en verskoning vra.  En terloops, as jou voorvader 'n baksteenmaker in Ierland was, is jy heel waarskynlik dan van Ierse afkoms (nie Engels nie).

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top