Die vorige twee briewe in hierdie verband verwys.
24) Engelssprekendes, met die skakel van 'n hulplyn, sal nr 2 druk vir Engels en hulle sal dan afgesny word of moet dan 'n verdere nommer druk waarna dan 'n stem sal opkom en hulle vertel dat hulle slegs in Afrikaans gehelp kan word. Of die telefoon sal in Afrikaans geantwoord word en sodra die Engelssprekende vra vir iemand om hom in Engels te help sal hy 'n halfuur wag waarna hy ingelig sal word dat daar ongelukkig niemand is wat hom in Engels kan help nie.
25) Afrikaanse name sal aan die orde van die dag wees, name soos Piet, Karlien, Gert, Stefaans, Abel, Sarie, Koos, Willem, Wilmien, Bets, Roelf, Katryn ens onder Engelssprekendes. Veral die Kaapses, al het hulle Engelse vanne, sal oorwegend Afrikaanse name hê.
26) Uithangborde voor besighede sal net in Afrikaans wees, selfs in oorwegend Engelse stede.
27) Engelssprekers sal altyd vreemdes eerste in Afrikaans groet. Engelssprekendes sal lang gesprekke in Afrikaans voer voor hulle agterkom die ander ou is ook Engels en dan oorslaan Engels toe.
Klink skeef maar die presiese omgekeerde toestand geld tans en word as heeltemal normaal deur die Afrikaner beskou.
Jan Rap

