Nou vir 'n geruime tyd al, sedert 1948 sou ek sê, word die Afrikaner voorgestel as 'n wreedaard en onderdrukker, 'n humorlose, bekrompe, gevoellose en onverdraagsame soort mens.
En tog ... die einste Afrikaner neem verlief met die feit dat Afrikaans vertrap word, Afrikanergeskiedenis verdraai word en Afrikaanse instellings verdwyn. Afrikaanse plek-, straat- en dorpname word verander. Die Afrikaner, een van die grootste bydraers tot die staatskas, kan nie eers in sy eie taal gehelp word by die belastingkantoor nie. Afrikaanse radio en TV is halfpad Engels en is DOELBEWUS besig om Afrikaans te ondermyn. In baie gevalle doen die Afrikaner nog mee aan hierdie heksejag op sy mense en Afrikaans.
Hoe werk dit? 'n Portugees, Engelsman of Fransman, NIEMAND om die waarheid te sê, sal sulke stront duld nie. Hoe kan so gedienstige mens dan soos die Afrikaner die image hê soos in die eerste paragraaf beskryf?
Voorwaar 'n raaisel.
Jan Rap


Kommentaar
Raaisel, nee wat, die Afrikanerding is eintlik maar 'n mite, 'n wensdenkery wat sy ontstaan hier in die 1920's gekry het. Jy praat van Afrikaner en Afrikanergeskiedenis, en dan van Afrikaanse instellings, hoekom lees ek nie in jou skrywe van "Afrikaner straatname, dorpsname, Afrikanerinstellings" nie.
Jy weet Jan, daardie ouens wat in 1835-38 vanuit die Oos-Kaap oor die Oranje getrek en hulle in die Vrystaat en Transvaal gaan vestig het, hulle is die sogenaamde Afrikaner. Dis hulle dorpsname en straatname en wat nog, wat nou al om die hawerklap verander word. Hoekom ?
Met die Afrikaanse ouens hier in die kolonie is dit anders. Bv, dis met uitsondering dat hier 'n naamsverandering gebeur.
Ons hier in die Kolonie was so on-Afrikaner dat Jannie en 'n paar ander kommandomanne in1899-1902 moes kom smeek het om die "Afrikaner" daar anderkant te hulp te snel .
Die blanke hier se voorvaders het tot so onlangs as 60 jaar gelede nog mekaar se kele in Europa afgesny. Hoe kon enige regdenkende persoon dink dat die Hollands, Engels, Duits en Frans sprekende mengelmoes in een saamhorige volk saamgesnoer kan word.
Dan kyk ons nog na die Hanskakies, verraaiers en hensoppers van die ABO.
Die "Afrikanervolk" het nooit bestaan nie, en sal ook nie.
Groetnis
Raed-na-Gael
Raed-na-Gael, jy sê " ... die Afrikanerding is eintlik maar 'n mite". Watter Afrikanerding? Die geskiedenis? Die teenswoordige heksejag? Jy sal moet verduidelik dat ek of oorgehaal word na jou siening of jou kan reghelp.
Jy vra hoekom jy nie in my skrywe lees van Afrikanerstraatname en -dorpsname nie. Ek weet nie; is 'n Afrikaanse naam anders as 'n Afrikanernaam? Sê jy vir my hoekom jy wil hê ek moes eerder "Afrikanername" as "Afrikaanse name" gebruik het.
As jy dink moeilik vind om te aanvaar dat Hollands-, Duits-, Frans- en Engelssprekendes in een samehorige volk saamgesnoer kan word is jy seker in sak-en-as oor bogenoemdes se afstammelinge saam met Zoeloe-, Xhosa-, Swazi-, Ndebele-, Venda-, Tsonga-, Pedi- en Sothosprekers in een 'nasie' saamgesnoer is. Maar wat is jou punt eintlik? Moes die 'blankes' waarvan jy hierbo praat teruggegaan het na hulle ondeskeie lande in Europa?
Maar vir jou 'elfikasie', soos my ouma altyd gesê het, hulle was saamgesnoer genoeg om die Engelse met hulle geallieerdes 'n knou toe te dien wat hulle nou nog nie vergeet het nie, die hanskakies, hensoppers, verraaiers, joiners en die terreur teen hulle vrouens en kinders gedurende die Engelse oorlog ten spyt.
Ek glo nie jy sal ontken dat daar byvoorbeeld 'n Zoeloevolk in SA is nie, so hoekom nie 'n Afrikanervolk nie? Jy's wel reg dat "Afrikaner" maar 'n kunsmatige naam is wat destyds uitgedink is om die anglofiliese kolonialers by die Boere in te sluit maar dit het nou maar deur die jare al gevestig geraak (soos die woord "leerder" deesdae). Van watter volk is jy lid?
Groetnis
Jan Rap