Nogal eienaardig as mens so daaraan dink …

  • 3

Gestel jou motor se brandstofverbruik is so 10 liter per 100 kilometer en die tenk se kapasiteit is 40 liter.  Jy kan dus van Johannesburg tot in Bloemfontein, 400 kilometer, met een tenkvol ry. 

As jy 40 liter, of dan 40 000 cm^3, in 'n volume, sê 'n silinder, plaas wat 40 kilometer lank is, is die oppervlak van die basis 0.3162 mm^2, 'n sirkel dus van deursnee wortel (.3162/π) wat 0.3173 mm gee.  So, jou kar loop van hier in Johannesburg tot in Bloemfontein op 'n draadjie brandstof van minder as een derde van 'n millimeter dik.

Eienaardig nè, veral as mens in aanmerking neem dat 'n groot gedeelte van die branstofenergie as hitte en geraas verlore gaan.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Beste Jan,

    Dan is jy net die man om my kar se statistieke uit te werk. My motor se tenk (verafrikaanste tank) hou 105 liters brandstof, en die verbruik is tussen 8 en 9 liters per 100 kilometer. My huis is presies 603 kilometer van Johannesburg af. Ek is maar 'n versigtige ou, dra gordel sowel as kruisbande; dus maak ek weer by Villiers vol. Hoe dik is die draad diesel waarop ek ry?
     
    Wag in spanning op die antwoord.
     
    Groete,
     
    Angus
  • Jan Rap: Ja, ek verwonder myself ook soms oor hoeveel energie daar in brandstof opgesluit lê. Gestel jy moet jou motor stoot vanaf Johannesburg na Bloemfontein. Teen honder kilometer per uur! Hoeveel borde pap gaan jy moet eet? 

     
    Dalk is ons gelukkig om in die era van petroleum te leef: ek het so gevoel geen geslag ná ons gaan dit weer so maklik hê nie.
     
  • Angus
    As jy die goed neerskryf, uitvermenigvuldig ens kry mens die algemene formule as 0.2√(v/π) waar v die verbruik is (maw nul punt twee maal die wortel van die verbruik gedeel deur pi), dit gee vir jou die deursnee in millimeter van 'n 100km lange silinder waarin, in jou geval, 8.5 liter pas.
    Vervang mens jou verbruik, naamlik 8.5, in die formule kry jy 0.328976 mm.  So, as jy jou vrou of iemand se draaddikte wil uitwerk, vervang net v met die verbruik.

    Brianvds
    Ja-nee baie pap.
    Die eienaardige ding is, maak jy 'n ploftoestel van daardie tenk petrol en jy ontplof hom onder jou kar skiet hy 'n ent die lug in op maar nog lank nie die afstand Bloemfontein toe nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top