Kommentaar op Kobus Faasen se brief van 1 Julie 2013

  • 1

Paragraaf 1
Die openingsin is korrek.  Dit is dus 'n valse persepsie dat skade deur maglustiges aan hierdie tale berokken word.  Mense wat onder die indruk verkeer dat skade aangerig is, is dus mislei en moet hulle koppe regkry.

Paragraaf 2
Sien kommentaar hierbo oor sy 'misbruik van die medium'.  Verder, as die plaasboer 'n Boer was, hoe anders dat sy taal as die Boer se taal sou staan?  Op dieselfde manier het die Zoeloe-, Xhosa- en Khoisanwerkers op die plaas se tale as die Zoeloe-, Xhosa- en Khoisantaal bekend gestaan; wat is verkeerd daarmee?  Kobus kla ook oor die 'werktaal'; die werkers van drie (miskien meer?) taalgroepe MOES Afrikaans praat.  Beteken dit Kobus is ongelukkig oor die boer nie al hierdie tale kon praat nie?  Hy sê ook die meeste boere was Afrikaanssprekend en die implikasie is dan dat die Engelse boere (aangesien hulle nie deur Kobus aangekla word nie) van hierdie taalverpligting vrygestel was.  Dis mos absurd, net so absurd soos die stelling dat die slawe en Khoisan hulle tale MOES prysgee. 

Paragraaf 3
Loutere snert.  Wat bedoel hy in elk geval met die 'legitimisering en wettiging van taalsuperioriteit'?  Die feit is, Afrikaans was nog nooit in 'n bevoorregte posisie geplaas nie en nooit in enigiemand se keel afgedruk nie.  Die enigste taal wat in kele afgedruk was, was Engels; dink maar aan die bordjies 'I am a donkey, I may not speak Dutch' wat Afrikaanse kinders as straf moes dra as hulle Afrikaans by die skool gepraat het.  Die gedurige verwysing na 76 is al holrug gery; as daar geen Afrikaans op daardie stadium in die skole was nie sou hulle in opstand oor geskiedenis, of aardrykskunde of so-iets gekom het.  Opstande en opmarse en bandebrandery is 'n simptoom van 'n dieperliggende frustrasie (wat dit is, is miskien die onderwerp van 'n nuwe debat) en dié is nog steeds daar want daar is deesdae nog meer opstande, tot 16 per dag hoor ek.

Paragraaf 4
Ouers op die Kaapse vlakte wat hulle kinders in Engels opvoed spreek eerder van 'n (ongegronde) minderwaardigheid as 'n afkeer van Afrikaans (daar is baie Afrikaners wat ook aan hierdie kwaal ly).  Buitendien dui dit ook daarop dat sodanige ouers nie eintlik Afrikaans as hul taal beskou nie want hoe kan jy nou 'n wrok bevredig deur jou eie te versaak?

Paragraaf 5
Die eerste sin is die waarheid, die res van sy betoog is onduidelik.  Beweer hy Afrikaners doen nie genoeg vir bruines nie of wat?

Paragraaf 6
Ek verstaan nie sy betoog nie want wie wil nou watter term (isiBhulu?) onder die mat vee?  Sover dit my aangaan, as daar iets foutief in 'n Xhosawoordeboek is, is dit vir die Xhosas om reg te maak.  Dieselfde geld wat die ANC en DA se dokumente betref, dit is vir die ANC en DA om reg te maak (en waar kom hy daaraan dat in enige DA-dokument na Afrikaans as 'die taal van die Boer' verwys word; oor die Xhosawoordeboek so sê?).  Sy stelling dat rassisme ongrondwetlik is, is ook verkeerd want regstellende aksie is uit en uit rassisties en dit is grondwetlik.  Die enigste mense teenoor wie rassisties opgetree word in hierdie land is die Afrikaner.

Paragraaf 7
Hy praat van die Boer as 'apartheidsonderdrukker' en hy is nogal reg; die Boer het apartheid wat deur die Engelse ingestel is onderdruk.  As hy egter bedoel die Boer was die onderdrukker is hy verkeerd, hy ken nie die geskiedenis nie; hy lees te veel Engelse (en deesdae Afrikaanse) koerante.

Kobus Faasen is die moer in vir die Afrikaner; hy sou die oorsaak wees van alles wat sleg is wat die bruines, swartes en woestynmense getref het.  Dit is tyd dat hy hand in eie boesem steek, introspeksie doen en dan begin om meer inklusief teenoor die Afrikaner op te tree (soos die Afrikaner teenoor die bruines optree).  Kyk maar na enige besprekingsprogram waar Afrikaners en bruines by betrokke is; die Afrikaner paai, skerm en troos terwyl die bruine (oor die algemeen) aanvallend is.  Op die manier sal geen van die verskille waaroor Kobus so tekere gaan ooit uitgewis word nie.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Ai, Baas Rap, dit gaat oor die Taalraad, maar u mentioneer hierdie taalchihuahua nie een keer nie, terwyl hulle hand-ommie-blaas met Orania-gesindes flankeer en die (oud-)apartheidsonderdrukkers met nuutgewonne euro's wil vlei. Vra tog vir Mashatile hoe staan Afrikaans bekend in isiXhosa, en maak seker dat die Parlement se dokumente nie meer na "die apartheidsonderdrukker" verwys nie. Sommige van ons kennisse gebruik nog die woord "Kaffer" informeel, maar die mens wat dit amptelik wil gebruik, weet hof en/of tronk is sy of haar voorland. Hoe kan ondersteuners van die Vryheidsmanifes na Dr Beyers Naudé en Advokaat Bram Fischer verwys as "amaBhulu"?  My taal is nie "isiBhulu" nie, net soos Duits nie "isiNazi" is nie.

     

    Kobus Faasen

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top