Donkerland gaan toe ...

  • 1

... so voort soos ek vermoed het; Boereverguising en eie-bril-stukkend-trap oor die verlede, of sal ek sê gewaande verlede.

Kleinpiet is ongenaakbaar en bekrompe, die Engelse vryer is edel, oopkop en vasberade.  Kleinpiet se jongste seun wil heeltyd by sy pa weet wat die swartes gaan doen oor wat ons aan hulle gedoen het.  "Wat het ons aan die swartes tog nie gedoen nie?" vra hy heeltyd sy pa en dit op 'n stadium toe die Britse goewerneur se beleid ten opsigte van die swartes nog gegeld het.

Deon Opperman was beide die Engelse en die Boere se vuil wasgoed in die openbaar maar ek kry die indruk hy is erger wat betref die Boere.  Die drag slae, en uiteindelike moord, op die jong vryheidsprediker doen niks vir 'vergifnis' vanaf swart kant nie. Is dit Deon se regverdiging vir die wraak wat nog gaan kom?

Miskien oordeel ek te gou; miskien verder in die storie gaan Bongani-hulle hul spyt uitspreek oor Slagtersnek en so aan.  Ons sal maar sien

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Beste Jan.  Ek gaan my skoonsuster  se leuse aanhaal.  "Don't apologise, just ask for forgiveness". Ek het die reeks met groot  opgewondenheid begin kyk en moet bieg, ek kyk nie meer nie. Ek is soos die Germane seg, "die nasevol" wat seker gatvol is vir dieselfde gevoel. Toe lees ek nog boonop 'n brief in Papbord (Rapport) wat 'n ene Appolis van Belhar oor die reeks geskryf het. Dit was die laaste strooi. Ons vat dit te maklik om as uitvaagsels uitgekryt te word.  Ons laat dit toe en tot hier en nie verder nie. Jy kan 'n bang hond aanhou jaag, maar pasop, wanneer jy hom in 'n hoek vasdruk draai hy om en byt jou dood.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top