Dagsê Chris
Om 34 vyandige vliegtuie af te skiet sit nie in enige ou se broek nie, hy wás dus 'n yster. Ook is dit my beskeie mening dat die destydse NP 'n groot fout gemaak het om die Kleurling van die kiesersrol te verwyder. Die res van jou meningstuk is egter bietjie verdag, half seepkisstylpropaganda.
Byvoorbeeld: "Die beskerming van die demokrasie en menseregte teen die fascisme van die Nazi's en hul bondgenote was eerste prioriteit." Dis onsin, Sailor was maar 'n lid van een van die baie bondgenote wat die Engelse gaan help het. Terloops, waar het Engeland OOIT 'n oorlog sonder bondgenote aangepak? Selfs met die Engelse Oorlog van 1899-1902 dink ek was slegs hulle bondgenote dalk amper soveel as die hele Boeremag.
En ten spyte van hulle oormag het hulle nog terreur ook bedryf; die Engelse joernalis W T Stead skryf byvoorbeeld oor die kindersterftes in die konsentrasiekampe: "Every one of these children who died as a result of the halving of their rations, thereby exerting pressure onto their family still on the battle-field, was purposefully murdered. The system of half rations stands exposed, stark and unashamedly as a cold-blooded deed of state policy employed with the purpose of ensuring the surrender of men whom we were not able to defeat on the field."
Sailor Malan, soos die res van die Afrikaners wat oorlog toe is, is nie soontoe vanweë hulle sin vir reg en geregtigheid nie maar oor hulle 'n gat in die kop gepraat is deur die anglofiliese Jan Smuts en sy Sappe. 'King's favourite Afrikaaner', waar in jou lewe; Sailor moes, of behoort, vir die koning te gesê het "in the first place there are only two a's in Afrikaner and in the second place I'm not your Afrikaner and you're not my king so fly in your moer and go fight your own battles."
Dan praat jy ewe melodramaties van die 'donker wolke' van Afrikanernasionalisme. Die 'rassistiese beleid' het Malan-hulle netso van Jan Smuts-hulle (dus die Engelse) gekry. Om die waarheid te sê, die NP het dit vermenslik met aparte parallelle ontwikkeling (behalwe nou vir die fout ten opsigte van die Kleurlinge). Jy praat ook van "... die skandvlek van die internasionale gemeenskap waartoe hierdie beleid SA vir die volgende 50 jaar sou degradeer." Bo-en-behalwe dat dit hoofsaaklik Engelse beleid was, is jou 50 jaar ook 'n mite want in die liberale PW Botha se tyd – so 30 jaar na '48 – is die beleid al verander tot so 'n mate dat dit toe al duidelik was dat die land binne die afsienbare tyd 'n swart regering sou kry.
Dit is eers in '94, 46 jaar na 1948, dat die sogenaamde demokratiese verkiesing toe plaasgevind het en (raai-raai) 'n swart regering toe aan bewind gekom het wat toe gelei het tot die penarie waarin ons, wit en swart, ons vandag bevind.
Jan Rap


Kommentaar
Ek het soos gewoonlik grotendeels ooreenstemming met jou Jan Rap ... ek dink 'n mens moet maar aanvaar dat kognitiewe dissonansie eintlik 'n BAIE lelike ding is, en dat die onderwerp selfs eerder in Ingels gevoer moet word as jy hoegenaamd tot die bygelowigheid van die slagoffers daarin wil deurdring ... ek meen; hoeveel Afrikaner "Djykou Vou-ies en Kis Daaipenaas" ken jy? ... en dan moet Jan Rap, na iets soos SlayerX of Muertos verander - dan sal jy sien hoe val die werf se slimjanne vir jou ... met respek; ek dink Chris de Wit is net ietwat onervare, sy bedoeling opreg. Boeregroete, Cornelius Henn
Ongelukkig kan ek nie met Jan Rap en sy maat saamstem nie want dan is ons al drie verkeerd.