Ek kom nou die dag op die laaste stukkie van 'n program af waar die omroeper (Ettienne Ludik?) 'n onderhoud het met 'n ou met die naam van Hemelbesem. My bek het oopgehang; dat 'n ou so uit die vuis uit kan rym verg talent. Die man kan vir ure praat sonder om enigsins te hakkel of stotter en dit nogal in rym! Dit wil gedoen wees. Hy het nou wel Kaaps, met ander woorde Engels tussenin, gebruik maar dis maar soos mense deesdae praat lyk dit my.
Ek vermoed Jacobus Faasen het dieselfde talent; hy kan, dag vir dag, wat hy wil sê in digvorm sê. Die feit dat ek net min of meer die helfte verstaan van wat hy sê, en net met min of meer die helfte saamstem van wat ek verstaan neem niks weg van die vaardigheid wat hy (volgens my) aan die dag lê nie. Dit wil ook gedoen wees.
Jan Rap


Kommentaar
(Glimlag)
Ja - Faasen doen dit ook. Het al gewonder Jan, wat jy van sy (snaakse) skrywery dink. Of jy dit ooit lees? Mens moet hard konsentreer om by te bly.
Trienie, ek lees dit gereeld. Maar soos jy sê, met die dat die man nou soos 'n Hebreër skryf, sonder klinkers, sukkel mens om by te bly.