Beste Angus
Ek gee jou gelyk; jy het wel van die korter en die langer strale gepraat. Askies ou maat, maar ter versagting, jy weet as jy vir my skryf moet jy stadig skryf, en duidelik. Soos jy om die beurt UV en ultraviolet by korter en langer strale gebruik het kan die ongeleerde, soos ek, maklik die verkeerde afleiding maak.
Wat die groot trek uit Afrika betref: Jy sê " ... niemand glo dat die mens uit Afrika kom nie. Dit het aan die lig gekom na ... navorsing." Met ander woorde jy reken dis 'n feit. Mag so wees maar wie is seker? Die mense glo wat die navorsers vermoed (vermoed ek).
Dit het so 900 tot 1000 jaar geneem vanaf die begin van die Renaissance tot die maanlanding. Indien die donker eeue nie ingetree het nie, met ander woorde in plaas van die verval van die Romeinse en Griekse beskawings het die Naissance net voortgegaan (met ander woorde daar was nie 'n HERgeboorte nie) het die mens dalk 400 of 500 jaar vroeër op die maan geland.
Kom ons vat dus, onder ideale omstandighede, so 1500 jaar vir 'n beskawing om van geboorte tot maanlanding te vorder, of sê maar 2000 jaar tot interplanetêre reise (wat nou al amper vir ons moontlik is). As dit in 2000 jaar moontlik kan wees, wat kan nie in, sê 3000, gebeur nie? Dalk intergalaktiese reise?
Hoe dit ookal sy, hoeveel 2000-jaar periodes was daar in die mens se geskiedenis. As daar 'n beskawing gebloei het van sê so 200 000 tot 198 000 jaar gelede, sal daar 'n (fossiel)-rekord daarvan wees? Ek twyfel want die hele aarde, seebodem ingesluit, is nog nie omgedolwe om alle fossiele bloot te lê nie. Hoeveel beskawings kon daar nie gewees het wat tot die vlak van die Romeinse, of Griekse of Egiptiese vlak, selfs tot ons vlak en hoër, ontwikkel het nie gedurende die tye wat die landskap nie eers gelyk het soos dit nou lyk nie? Ek dink baie.
So, om as finale of voldonge feite te aanvaar wat fossielontdekkings (en baie van hulle toevallig) tans op dui is bietjie kortsigtig. Hoeveel 2000jaar-periodes was daar nie al op aarde gedurende die mens se bestaan nie, veral as jy in aanmerking dat sulke periodes op verskillende plekke kan plaasvind, dus oorvleuel. Daar kon wel so 'n uittog uit Afrika gewees het maar dis 'n klein deeltjie van die groter prentjie want daar kon baie sulke migrasies gewees het lank voor die tyd. Die 'wieg van die mensdom' se mense kan netsowel immigrante van, sê waar Sjina, of Antarktika nou is, wees. Of nie. Ons weet nog nie.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Ek het die vorige briefwisseling tussen Jan en Angus misgeloop en kan dus nie iets daaroor sê nie. Dit is egter onwaarskynlik, om dit baie sag te stel, dat enige beskawing wat 200 000 jaar gelede bestaan het en gevorder het tot die vlak van die Romeine of selfs ons huidige vlak, nie oorblyfsels sou agterlaat nie en ek praat nie van fossiele nie. Voorts: Jan skryf: " Die 'wieg van die mensdom' se mense kan netsowel immigrante van, sê waar Sjina, of Antarktika nou is, wees. Of nie. Ons weet nog nie."
Ons weet. Daar word al vir dekades lank gebruik gemaak van genetiese merkers, in navorsing wat baie goed uitgevoer is, om vas te stel waar mense vadaan kom en watter migrasies deur die millennia plaasgevind het. Dis nie raaiskote nie, Hierdie werk word ondersteun deur linguistiese navorsing. Lees gerus onder andere Cavalli-Sforza se fassinerende boeke en navorsing hieroor.
Jan Rap
Beste Jan,
Jan Rap: Ek het agv 'n besige program meeste van jou en Angus se gesprek gemis, so dalk is my kommentaar nou ietwat irrelevant of reeds bespreek.
Beste Jan,
Beste Angus, Thomas en Brian,
Ek het geruime tyd die briewe op Menings gelees maar hierdie naweek by nadenke besef dat ek eintlik al 'n hele tyd lank niks daaruit terugkry nie - julle bydraes uitgesonder. My tyd is min genoeg en ek beskou enige verdure bydraes van my kant af as tydmors. Dit was wel vermaaklik om te sien hoe mense wat niks van die onderwerpe onder bespreking weet nie kategorise uitsprake maak maar die tyd om sulke snert te lees is nou verby. Dus, groete aan julle en als van die beste.
Beste Leon,