Handré Brand

Handré Brand is ʼn gewese bergklimmer en was lid van die Worcester-tak van die Bergklub van Suid-Afrika (1972 tot 1980). Hy is ʼn geregistreerde voorligtingsielkundige by die Suid-Afrikaanse Beroepsraad vir Sielkunde, en het in Januarie 2015 afgetree as direkteur, Afdeling vir Akademiese Voorligting en Loopbaanontwikkeling, Universiteit Stellenbosch. Die Rektor se Toekenning vir Voortreflike Dienslewering is by twee geleenthede aan hom toegeken, asook erelidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Studentevoorligting en -ontwikkeling. Sy loopbaan het in Januarie 1972 by die Pionierskool (destyds die Skool vir Blindes) op Worcester as ʼn onderwyser-sielkundige begin, waarna hy in Januarie 1976 as ʼn dosent in sielkunde in die Departement Sielkunde, US aangestel het. Een van sy belangstellings is die Anglo-Boereoorlog en hy is die ontwikkelaar van die Abstrahere (Akademies en Korporatief) sagteware-webtoepassing in samewerking met INNOVUS (Innovasie en Tegnologie-oordragmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch).

Skrywersfoto: Die foto is geneem gedurende September 1973 by die baken van die Seweweekspoortpiek (2 325 m bo seevlak).

’n Interessante (maar potensieel riskante) gewoonte: die kou van areca catechu-saad

Handré Brand Menings 2022-11-03

"In ’n onlangse artikel wat in die gesaghebbende tydskrif die New England Journal of Medicine gepubliseer is, wys Moss (2022) daarop dat arekasaad deur die Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing (van die WGO) as ’n groep 1-mondkarsinogeen geklassifiseer is."

Gesondheidswaarskuwings en alkoholiese produkte

Handré Brand Seminare en essays 2022-09-19

"Een manier waarop die bewustheid van verbruikers bevorder word, is om gesondheidswaarskuwings op die etikette van alkoholiese produkte aan te bring. Grummon en Hall noem verder dat die verbruiker daarop geregtig is om ingelig te word rakende die moontlike skadelike effekte van die produkte wat hul koop, sodat ingeligte besluite in verband met die verbruik daarvan geneem kan word."

Historiese relevansie en betekenisvolheid

Handré Brand Seminare en essays 2022-08-25

"Gebeurtenisse wat tans as irrelevant beskou word, kan in die toekoms dalk as histories relevant met belangrike betekenisvolheid geag word. Solitaire se plaasskooltjie (sowel as ander skooltjies in die Overberg, byvoorbeeld Wolfkraal, Boontjieskraal, Waboomskloof en Jongensklip), beskik oor sluimerende of inherente historiese betekenisvolheid."

Een mens maak ’n verskil! Pseudo-sinchronisiteit: onderlinge verwantskap of blote toeval?

Handré Brand Menings 2022-07-05

"Dit beteken dat wanneer ’n krisis ontstaan, die kanse statisties groter is dat ’n enkele bystander onmiddellik hulp sal verleen as wanneer meer as een bystander betrokke is. Wanneer meer as een bystander op die toneel is, vind diffusie van verantwoordelikheid plaas."

Ysterhoudende geotermiese fonteinwater

Handré Brand Seminare en essays 2022-06-22

"Gedurende hierdie ondergrondse 'reise' van die verhitte water word verskeie chemiese bestanddele in die water opgelos wat terselfdertyd medisinale voordele kan inhou."

KI en stamselle of Karoo-skaaptjoppies? Enkele opmerkings oor kunsmatige vleisproduksie

Handré Brand Menings 2022-06-08

"Die voorstanders van kunsmatige vleisproduksie (KVP) argumenteer dat hierdie vernuwende tegnologie ʼn kritieke bydrae behoort te lewer ten opsigte van dierewelsyn en terselfdertyd  ʼn positiewe impak op omgewingsbewaring en menslike gesondheid sal uitoefen."

Dobbelary: Enkele gesigspunte

Handré Brand Seminare en essays 2022-04-26

"Ek het die geleentheid gehad om vroeg in die tagtigerjare ’n interessante gesprek te voer met ’n groep professionele dobbelaars (bekend as ’n junket-groep)  in Las Vegas, Nevada voordat dobbelary amptelik binne die grense van Suid-Afrika toegelaat is."

Objektiwiteit en regterlike besluitneming

Handré Brand Seminare en essays 2022-02-22

"Wat behels regters se strewe na integriteit en objektiwiteit in hofuitsprake? Is daar spesifieke faktore wat partydigheid (of sydigheid) van uitsprake op ’n subtiele wyse kan bevorder?"

Navorsing oor water en infrastruktuur: die Rozendal-reservoir by Stellenbosch

Handré Brand Seminare en essays 2022-01-19

"Die resultate van die onlangse buitewerkingindeks waarin meer as 200 Suid-Afrikaanse munisipaliteite en agt metrorade geëvalueer word wat dienslewering betref, was in baie opsigte verrassend en selfs ontstellend. ... Daar word vertrou dat die sukses van die Rozendal-reservoirprojek ’n besliste impak sal uitoefen op die evaluering van plaaslike infrastruktuurinstandhouding tydens ’n toekomstige buitewerkingindeks-opname."

Van organiese afval tot energie: enkele opmerkings

Handré Brand Menings 2021-10-04

"Suid-Afrikaanse munisipaliteite gaan beslis in die toekoms toenemend gekonfronteer word met die probleem hoe om organiese afval op vernuwende wyses te bestuur en te verwerk."

Heuristiek: konsepte en invalshoeke

Handré Brand Seminare en essays 2021-08-17

"Heuristiek vorm deel van mense se alledaagse lewenspatrone en besluitnemingsprosesse. Indien Port Elizabeth se naam na Gqeberha verander, aanvaar baie mense die regering se besluit bloot omdat die staat as ’n gesagsfiguur beskou word. Eskom se verweer dat kragonderbrekings voorkom weens nat steenkool, word aanvaar omdat die persepsie bestaan dat dié staatsondersteunde maatskappy ’n gesagsfiguur is."

Rehabilitasie van die Ertjieskloofdam

Handré Brand Seminare en essays 2021-07-06

"Samevattend blyk dit egter dat die US, wat die rehabilitasie van die dam betref, ’n voortreflike taak verrig het. Teen die agtergrond daarvan dat water ’n skaars en waardevolle hulpbron is, is dit nie alleen ’n voorbeeld van ’n projek wat die artistieke kant van sake in ag geneem het nie, maar terselfdertyd ook ’n funksionele eindproduk gelewer het wat die ekologie tot voordeel strek."

Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War: ’n lesersindruk

Handré Brand Lesersindrukke 2021-06-02

"Sights, sounds, memories is ’n bron waarin die persoonlike belewenisse van Suid-Afrikaanse soldate aan die front tydens die Tweede Wêreldoorlog bespreek word. Dit is in die eerste plek ’n akademiese teks van hoogstaande gehalte, maar is beslis ook vir die algemene publiek toeganklik. Die boek word sterk aanbeveel."

"Groenpoetsery": Wanneer "groen praat" en "groen doen" nie by mekaar aansluiting vind nie

Handré Brand Menings 2021-05-17

"Die term groenwassery (of groenmakery) – in hierdie artikel groenpoetsery genoem – verwys breedweg na misleidende inligting oor aansprake in verband met die impak van 'groen' produkte op die omgewing en wat by implikasie (of doelbewus) vrygestel word deur korporatiewe bemarking."

Integriteit

Handré Brand Menings 2021-04-02

"Volgens Seok (2019) word integriteit en konsekwentheid van morele gedrag vanuit die vertrekpunt van die Confucianisme gesien as kwesbaarheid, met ander woorde ’n openheid en sensitiwiteit vir ander se emosies, hul omstandighede, asook vir die onvoorspelbaarheid van die lewe."

Top