Enkele standpunte oor postume spermonttrekking en voortplanting
2024-08-19"Reproduktiewe mediese tegnologie ontwikkel teen ’n vinnige tempo. Dit is duidelik uit ’n oorsig van beide plaaslike en Westerse internasionale regsraamwerke dat die wetgewer dit problematies vind om op hoogte te bly van hierdie ontwikkelings."
Risikopersepsie en klimaatsverandering
2024-07-18"Die term risikopersepsie verwys na ’n indiwidu se subjektiewe oordeel oor die waarskynlikheid van negatiewe uitkomste van ’n gebeurtenis (soos aardverwarming/klimaatsverandering) gebaseer op voorafgaande kennis en ervaring, sowel as emosionele reaksies wat daarmee geassosieer word."
Mynwater en –rehabilitasie: enkele opmerkings
2024-06-04"Waterbesoedeling deur metaalmyne neem dus nié noodwendig spontaan af in die dekades na hulle sluiting nie. Hierdie waarneming behoort ’n wekroep te wees vir die bedryf en die tersaaklike staatsdepartemente om voorkeuraandag aan mynassessering en -rehabilitasie te gee."
Sosiohidrologie: menslike interaksie en waterstelsels
2024-05-27"Hidrologie is die studie van die beweging en verspreiding van water. Sosiohidrologie fokus op die komplekse verhouding tussen menslike interaksie en waterstelsels. Beide sosiohidrologie en hidrososiale teorie, wat albei uit hidrologie ontwikkel het, kry erkenning op grond van die klem wat geplaas word op die rol van sosiale faktore in fisiese prosesse."
Spermskenkergeboortes: deursigtigheid versus vertroulikheid
2024-04-11"Die debat rondom openbaarmaking teenoor nie-openbaarmaking van mediese geskiedenisse aan nageslagte wat met behulp van spermskenkerinseminasie gebore word, is ’n komplekse en veelfasettige kwessie, met belangrike verbandhoudende etiese, sielkundige en wetlike implikasies."
Die multidimensionele aard van spermskenkings en kunsmatige spermskenkerinseminasie
2024-03-06"Altruïsme behoort ’n grondliggende rol in eerlike skenkerskap te speel, aangesien dit skenkers sou motiveer om skenkings te doen sonder om verdere teenprestasies te verwag as bloot die bevrediging om te weet dat hul skenking ’n positiewe verskil in die lewens van ander individue maak."
Kriminele residivisme
2024-01-31"Residivisme word gesien as ’n kernkonsep in kriminaliteit omdat dit die mate weerspieël waartoe oortreders voortgaan of ophou met kriminele gedrag nadat hulle gestraf of gerehabiliteer is."
Antimoon: potensiaal versus toksisiteit
2023-11-01"Die vraag of Suid-Afrika die produksie van antimoon volstoom behoort te hervat, kom neer op ’n tipiese tweesnydendeswaardkwessie."
Dooie See: dodemars of omkeerstrategie?
2023-09-11"Die Dooie See-gebied ondervind deesdae ernstige omgewingsprobleme soos ’n afname in die watervlak, toenames in die soutgehalte van die water en die ontstaan van sinkgate op die oewer. Dit is van kardinale belang om die oorsaaklike faktore van die verskynsels te ondersoek en doeltreffende aksieplanne saam te stel om die Dooie See en die Jordaanrivier-skeurvallei as natuurlike bates te bewaar en doeltreffend in stand te hou."
Klimaatsmanipulasie: tegnologie en sosiale konteks
2023-08-25"Klimaat-ingenieurswese verwys na die grootskaalse manipulasie van spesifieke prosesse wat sentraal staan tot die beheer van die aarde se klimaat met die doel om sekere voordele daaruit te verkry."
Chemikalieë vir ewig en altyd
2023-06-27"Weens die wydverspreide voorkoms van hierdie chemikalieë in die omgewing, hul betreklik maklike beweging in water en grondstowwe, asook hul onbepaalde leeftyd, beteken dit dat die gevaar van PFAS-blootstelling tot in toekomstige generasies sal bly voortbestaan."
Geestesgesondheid en die Russiese inval in Oekraïne
2023-03-25"Wat sou hierdie sielkundige skade presies behels, hoe wydverspreid kom dit voor, watter soort navorsing word tans oor die onderwerp gedoen, hoe word sielkundige skade bepaal en wat presies word met 'geestesgesondheid' bedoel?"
Ledigheid; die duiwel se oorkussing, of nie heeltemal so eenvoudig nie?
2023-02-28"Die inoefening van ’n daaglikse ledigheidsessie van 60 minute (of minder) kan spoedig ’n gesonde gewoonte word. Op dié wyse kan negatiewe emosies wat met ledigheid in verband staan, deur positiewe belewenisse soos vreedsaamheid en rustigheid vervang word."
Balneologie en -terapie
2023-01-25"Balneoterapie verwys na die terapeutiese gebruik van natuurlike termiese fonteinwater teen temperature van minstens 20°C en met ’n minimum mineraleinhoud van een gram per liter."
Gesinsgeheime: taboe of bate?
2022-12-09"Die spesifieke doel van hierdie artikel is om die rol en implikasies van geheimhouding en anonimiteit in gesinne waar ’n swangerskap met behulp van skenkerinseminasie (kunsmatige inseminasie met skenkersaad of KIS) geïnisieer is, kortliks te bespreek."

