Gesinsvervreemding
2021-02-02"Ek het onlangs weer eens diep onder die indruk gekom van die impak van gesinsvervreemding toe ek ’n goeie kennis op sy verjaarsdag telefonies skakel. Hy deel my mee dat hy selfs op sy verjaarsdae oor die afgelope tien jaar nie ’n woord hoor van sy twee volwasse kinders en sy enigste kleinkind nie."
Passievolle volharding. Enkele opmerkings oor Grit deur Angela Duckworth
2021-01-27"Sy oorkoepelende lewensfilosofie sal waarskynlik elemente insluit soos vasbyt, deurdruk en nie tou opgooi nie. Dit is wat Angela Duckworth in haar boek met grit bedoel, en wat vir die doeleindes van hierdie artikel met 'passievolle volharding' vertaal word."
The book of joy en lewensvreugde: ’n tweegesprek tussen die Dalai Lama en Desmond Tutu
2020-11-25"The book of joy is ’n universele bron. Die boodskap is toeganklik vir alle mense – adolessente, volwassenes en bejaardes uit alle kultuurgroepe en geloofsoortuigings."
Victoriawaterval: Tweede kans of onoordeelkundige besluitneming?
2020-11-05"Indien die Victoriawaterval-insident as ’n tweede kans beskou sou word, dan is dit moontlik dat ’n individu ’n tweede kans op oorlewing beleef sonder om werklik bewus te wees dat dit ’n tweedekansgeleentheid is totdat die insig op ’n later stadium by wyse van terugskouing teweeggebring word."
Clicks se "herrie-advertensie": risiko’s, kontrole en besluitneming
2020-09-29"Tydens die onlangse herrie oor die omstrede Clicks-advertensie het die hare behoorlik gewaai. Beskuldigings is oor en weer geslinger, saakbeskadiging is gepleeg en personeel is geskors. Sou dit enigsins sinvol wees om (van buite) enkele deurslaggewende onderliggende faktore te probeer identifiseer wat in ’n korporatiewe bestuursomgewing van kardinale belang is en meer lig op hierdie dilemma kan werp?"
Kaapse langarmmusiek
2020-09-16"Hierdie artikel handel hoofsaaklik oor die skrywer se siening en belewenis van en waardering vir die Kaapse langarmmusiekstyl."
Potketelbrandewyn
2020-08-14"Brandewyn wat deur middel van die potketel-metode geproduseer word is in Suid-Afrika tot nuwe hoogtes gevoer, veral wat die kwaliteit van die plaaslike produkte betref."
Persoonlikheidseienskappe en vatbaarheid vir samesweringsteorieë
2020-07-17"Deur middel van ’n samesweringshipotese word die heersende hoofstroomverklaring vir ’n bepaalde historiese of huidige gebeurtenis bevraagteken. Omdat dit ’n teorie is oor ’n moontlike sameswering, is dit meestal vals, maar kan dit ook elemente van die waarheid bevat."
Digitale nuusmedia en radioaktiewe afval
2020-06-29"Met hierdie artikel word ’n poging aangewend om ’n dwarssnit van inligting oor radioaktiewe afvalbestuur te identifiseer en te ontleed."
Quo vadis Mosambiek?
2020-06-24"Die pad vorentoe vir Mosambiek en die impak van Islamitiese radikalisering op sy noordelike gebiede is beslis nie ’n kwessie van maanskyn en rose nie. Die vraagstuk is gegrond in die interaksie van komplekse maatskaplike, ekonomiese, politieke en ideologiese faktore."
Kunsmatige bewussyn
2020-06-02"Teoreties gesproke is dit moontlik dat die argitektuur van gevorderde of toekomstige KI wesenlik en ingrypend van die mens se natuurlike bewussynfunksies kan verskil, veral omdat superintelligente KI oor spesialiskennis op elke terrein kan beskik en dus nie bewussynsinhoude benodig soos dit tans verstaan word nie."
Kunsmatige intelligensie
2020-04-15"Masjienleer en robotika kan tradisionele oorlogvoering soos ons dit tans verstaan, sowel as alle ander fasette van die lewe en die mensdom totaal in ’n ander dimensie plaas. Tot waar strek KI-beheer en -perke?"
Finansiële besluitneming, irrasionaliteit en selfinsig
2020-03-03"Wiener ... beklemtoon dat die sielkunde van investering ’n snel groeiende navorsingsterrein is en dit verteenwoordig spreekwoordelik die sogenaamde innerlike spel van finansiële besluitneming."
Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe: ’n lesersindruk
2020-01-24"Die teks lees maklik, is humoristies en ernstig wanneer nodig, en die skrywer weet wat met 'die ekonomie van woorde' bedoel word. Die teks word met ’n verskeidenheid seldsame foto’s toegelig."
Lesersindruk: Robey Leibbrandt. ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake
2019-11-12"Die skrywer hanteer die biografiese geskiedenis van hierdie Suid-Afrikaanse vryheidsvegter uit die jare dertig en veertig van die vorige eeu baie professioneel en bykans soos 'n kliniese gevallestudie."

