Handré Brand

Handré Brand is ʼn gewese bergklimmer en was lid van die Worcester-tak van die Bergklub van Suid-Afrika (1972 tot 1980). Hy is ʼn geregistreerde voorligtingsielkundige by die Suid-Afrikaanse Beroepsraad vir Sielkunde, en het in Januarie 2015 afgetree as direkteur, Afdeling vir Akademiese Voorligting en Loopbaanontwikkeling, Universiteit Stellenbosch. Die Rektor se Toekenning vir Voortreflike Dienslewering is by twee geleenthede aan hom toegeken, asook erelidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Studentevoorligting en -ontwikkeling. Sy loopbaan het in Januarie 1972 by die Pionierskool (destyds die Skool vir Blindes) op Worcester as ʼn onderwyser-sielkundige begin, waarna hy in Januarie 1976 as ʼn dosent in sielkunde in die Departement Sielkunde, US aangestel het. Een van sy belangstellings is die Anglo-Boereoorlog en hy is die ontwikkelaar van die Abstrahere (Akademies en Korporatief) sagteware-webtoepassing in samewerking met INNOVUS (Innovasie en Tegnologie-oordragmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch).

Skrywersfoto: Die foto is geneem gedurende September 1973 by die baken van die Seweweekspoortpiek (2 325 m bo seevlak).

Kwikintoksikasie: transendensie van gevolge

Handré Brand Menings 2017-08-30

"Kwik word reeds vir nagenoeg 150 jaar in amalgaamvulsels as ’n belangrike herstelmetode in tandheelkunde en -tegnologie gebruik. ’n Hewige en omstrede debat oor die moontlike nadelige effek van kwik en amalgaam op tandheelkundige pasiënte duur reeds dekades lank."

Keuses en gevolge: ontleding van ’n gebeurtenis

Handré Brand Seminare en essays 2017-06-13

"Hoe beïnvloed emosionele faktore dus rasionele besluitneming? Dit kan selfs gebeur dat traumatiese gevolge op rasionele besluitneming volg, terwyl onweldeurdagte besluitneming positiewe uitkomste tot gevolg het."

Standpunte oor menslike reproduktiewe kloning: ’n verkenning en samevatting van die literatuur

Handré Brand Seminare en essays 2017-03-31

"Die doel van hierdie artikel is om ’n bondige en ’n ewewigtige oorsig van die beskikbare en tersaaklike literatuur, insluitende standpunte, navorsingsbevindings, argumente en gevolgtrekkings, oor menslike reproduktiewe kloning (MRK) saam te stel, sodat die noodsaaklike narratief oor hierdie uiters relevante onderwerp sinvol en objektief verder gevoer kan word."

Stellenbosch se Vergenoeg: Die pad vorentoe

Handré Brand Menings 2016-10-26

"Is dit moontlik om hierdie besondere ekosisteem te bewaar en dienooreenkomstig te benut sodat die ontstaan van ʼn moontlike teenproduktiewe en sluimerende 'onvergenoeg(d)heid' ten alle koste voorkom word?"

Stereotyping rock climbers: True heroes or seekers of fatal glory?

Handré Brand Academic research 2016-09-07

"The Eiger rock-climbing culture in the 1930s went hand in hand with extreme risks, but it appears that the risks were envisaged and well considered cognitively by the climbers; nonetheless, the climbs still ended traumatically."

Stereotipering van rotsklimmers: Ware helde of soekers na rampspoedige roem?

Handré Brand LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-09-07

Waarom is sekere individue bereid om die bykans onmoontlike te waag, of om die uiterste grense van risiko’s te toets?

Grysberg, Geelberg, Groenberg

Handré Brand Seminare en essays 2016-07-07

"Die hoofdoel met die Devonvallei-grondvullingsprojek is om  ’n 'groenberg' so spoedig as moontlik beskikbaar te stel waarop ’n diversiteit gesonde en natuurlike plante kan  floreer."

Opponerende standpunte oor waardigheidsdoding (eutanasie)

Handré Brand Menings 2016-05-27

Die gesprek rondom waardigheidsdoding betrek mediese sowel as moreel-etiese kwessies. Handré Brand bespreek 'n paar opponerende standpunte.

Enkele perspektiewe op waardigheidsdoding (eutanasie)

Handré Brand Seminare en essays 2016-05-05

"Psigiese pyn en lyding as ‘n faktor in die toepassing van eutanasie tree tans meer dikwels op die voorgrond."

Waardigheidsdoding (Eutanasie)

Handré Brand Seminare en essays 2016-03-31

"Wat sou die kenmerke van die proses wees as ‘n basis vir ‘n goeie/waardige dood?"

Stellenbosch se oorlogsperdeplase (1899–1902)

Handré Brand Seminare en essays 2015-10-30

Min weet dat twee historiese plase naby Stellenbosch tydens die Anglo-Boereoorlog oorlogsperde aan die Britse weermag voorsien het. 

Vroeë artikels oor die Anglo-Boereoorlog wat in internasionale vakkundige tydskrifte verskyn het

Handré Brand Seminare en essays 2015-09-29

"Die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is baie goed gedokumenteer soos blyk uit die groot getal boeke, biografieë, outobiografieë, koerant- en populêretydskrifartikels, ongepubliseerde dokumente, argief- en museummateriaal asook mondelinge getuienis wat beskikbaar is. Vergelykenderwys het minder artikels in vakkundige tydskrifte oor die onderwerp verskyn."

Die fusillerings van Johannes Morgendaal en Lambert Colyn

Handré Brand Seminare en essays 2015-08-12

Twee manne sterf voor die vuurpeleton tydens die ABO: Morgendaal en Colyn. Hul gevalle word met mekaar vergelyk en deur die kognitiewe-dissonansie-teorie geïnterpreteer.

Top