Handré Brand

Handré Brand is ʼn gewese bergklimmer en was lid van die Worcester-tak van die Bergklub van Suid-Afrika (1972 tot 1980). Hy is ʼn geregistreerde voorligtingsielkundige by die Suid-Afrikaanse Beroepsraad vir Sielkunde, en het in Januarie 2015 afgetree as direkteur, Afdeling vir Akademiese Voorligting en Loopbaanontwikkeling, Universiteit Stellenbosch. Die Rektor se Toekenning vir Voortreflike Dienslewering is by twee geleenthede aan hom toegeken, asook erelidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Studentevoorligting en -ontwikkeling. Sy loopbaan het in Januarie 1972 by die Pionierskool (destyds die Skool vir Blindes) op Worcester as ʼn onderwyser-sielkundige begin, waarna hy in Januarie 1976 as ʼn dosent in sielkunde in die Departement Sielkunde, US aangestel het. Een van sy belangstellings is die Anglo-Boereoorlog en hy is die ontwikkelaar van die Abstrahere (Akademies en Korporatief) sagteware-webtoepassing in samewerking met INNOVUS (Innovasie en Tegnologie-oordragmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch).

Skrywersfoto: Die foto is geneem gedurende September 1973 by die baken van die Seweweekspoortpiek (2 325 m bo seevlak).

Moravec se paradoks

Handré Brand Seminare en essays 2026-03-27

"Is Moravec se paradoks vandag steeds geldig? In watter mate moet rekening gehou word met die snelle vooruitgang op die gebied van robotika, masjienleer, KI en rekenaarprogrammering?"

Quo vadis, Tweederivier, oftewel: Lourensrivier?

Handré Brand Seminare en essays 2026-01-29

"Die Lourensrivier het aanvanklik as die Tweederivier bekendgestaan. ... Die hoofgevolgtrekking kom daarop neer dat toekomstige holistiese, multidissiplinêre bestuur met betrekking tot die Lourensrivier vanaf oorsprong tot by die monding ’n absoluut noodsaaklike voorvereiste is."

Ketamien-ondersteunde psigoterapie

Handré Brand Seminare en essays 2025-12-11

"Volgens Rogers (2024), verbonde aan die Johns Hopkins Mediese Skool, Harvard-Universiteit, het die openbare belangstelling in ketamien weer opgevlam ná die dood van die akteur Matthew Perry in 2023."

Narratief-gebaseerde geneeskunde: enkele opmerkings

Handré Brand Seminare en essays 2025-11-03

"Persoonlike narratiewe van pasiënte vorm ’n kernbelangrike deel van doeltreffende gesondheidsorg, hetsy of dit binne die spreekkamer as ’n intervensie gefasiliteer word, of buite die spreekkamer deur middel van ekspressiewe verhaalskrywing of dramatisering verkry word."

Stres en orgaanoorplantings

Handré Brand Seminare en essays 2025-10-01

"Die orgaanoorplantingsproses behels ’n kontinuum van verskeie opeenvolgende fases, elkeen kenmerkend van eiesoortige mediese, sielkundige, sosiale en ekonomiese uitdagings."

Onverdiende eiegeregtigheid

Handré Brand Seminare en essays 2025-08-11

"[Eiegeregtigheid is] hoofsaaklik ’n problematiese verskynsel met velerlei implikasies binne die konteks van Eerstewêreldse besigheidsmodelle. Watter onderliggende faktore sou dus moontlik ’n rol kon speel om die heersende perspektief in verband met eiegeregtigheid as ’n negatiewe persoonlikheidstrek uit ’n ander hoek toe te lig?"

Privaatsektorbelegging in waterbestuur en -infrastruktuur: enkele oorwegings

Handré Brand Seminare en essays 2025-07-14

"Suid-Afrika benodig sowat R256 miljard per jaar tot 2050 om watersekerheid te verseker, met ’n jaarlikse tekort van ongeveer R91 miljard."

Die verlofparadoks

Handré Brand Seminare en essays 2025-06-10

"Werknemers wat jaarliks betaalde verlof neem, kom dikwels voor die volgende dilemma te staan: Moet ek heeltemal afskakel, ontkoppel, voluit vakansie hou, vergeet van alle werksverpligtinge en die kantoordinamika, of het ek ’n moreel-etiese verantwoordelikheid om op hoogte te bly van die voortgaande werksaktiwiteite? Kan verdeelde aandag nie moontlik problematies wees nie?"

Misofonie

Handré Brand Menings 2025-05-15

"Vir mense met misofonie is die blootstelling aan spesifieke agtergrondklanke nie bloot vlugtig en van verbygaande aard nie, maar eerder ’n onhanteerbare werklikheid. Vir hulle is sekere klankprikkels die bron van hul intense en atipiese emosionele reaksies daarop."

Geraasbesoedeling

Handré Brand Menings 2025-04-25

"Geraasbesoedeling, veral deur vervoer (pad-, spoor- en lugverkeer), is ’n wydverspreide probleem wat ernstige fisieke en geestelike gesondheidsimpakte het."

Bergklimmer, voorligtingsielkundige, navorser, artikelskrywer: wie is Handré Brand?

Naomi Meyer, Handré Brand Onderhoude 2025-04-15

"Die 76 meningstukke wat ek vir LitNet geskryf het sedert my aftrede, kan ek sowaar almal nog onthou."

Ken jy die see, meneer?

Handré Brand Menings 2025-04-04

"Ervare bootsmanne soos Skipper Nel maak ook soms foute: 'Ervaring en reputasies kan feilbaar wees. Hier het ons te doen met die bekende versus die onbekende.'"

Hiporheïese sones: die lewer van riviere

Handré Brand Seminare en essays 2025-01-21

"Net soos die menslike lewer voedingstowwe verwerk en skadelike stowwe in die liggaam ontgif, speel die hiporheïese sone ’n deurslaggewende rol in die filtrering en transformering van voedingstowwe en organiese materiaal. Dit reguleer die siklus van koolstof en stikstof, wat noodsaaklik is vir die handhawing van gesonde akwatiese ekosisteme."

Interpretiewe of vertolkende versorging en demensie

Handré Brand Seminare en essays 2024-11-15

"Doeltreffende sorg is nie beperk tot slegs gesondheidsorg en fisieke bystand nie. Dit sluit ook emosionele ondersteuning, die uitvoer van huishoudelike take, mobiliteit en komplekse besluitneming in. Daar is ’n voortdurende balans tussen hierdie versorgingstake en ander daaglikse rolle en verantwoordelikhede van die gesin, wat hoëkwaliteit- ekplisiete kommunikasie binne die gesinsisteem noodsaak."

Fisieke oefening en demensie – enkele navorsingsbevindinge

Handré Brand Seminare en essays 2024-10-10

"Watter uitwerking het verskillende soorte oefenprogramme egter op ouer persone met demensie? En het oefening verskillende uitwerkings op persone uit verskillende demografiese groepe en met verskillende tipes demensie?"

Top