Handré Brand

Handré Brand is ʼn gewese bergklimmer en was lid van die Worcester-tak van die Bergklub van Suid-Afrika (1972 tot 1980). Hy is ʼn geregistreerde voorligtingsielkundige by die Suid-Afrikaanse Beroepsraad vir Sielkunde, en het in Januarie 2015 afgetree as direkteur, Afdeling vir Akademiese Voorligting en Loopbaanontwikkeling, Universiteit Stellenbosch. Die Rektor se Toekenning vir Voortreflike Dienslewering is by twee geleenthede aan hom toegeken, asook erelidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Studentevoorligting en -ontwikkeling. Sy loopbaan het in Januarie 1972 by die Pionierskool (destyds die Skool vir Blindes) op Worcester as ʼn onderwyser-sielkundige begin, waarna hy in Januarie 1976 as ʼn dosent in sielkunde in die Departement Sielkunde, US aangestel het. Een van sy belangstellings is die Anglo-Boereoorlog en hy is die ontwikkelaar van die Abstrahere (Akademies en Korporatief) sagteware-webtoepassing in samewerking met INNOVUS (Innovasie en Tegnologie-oordragmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch).

Skrywersfoto: Die foto is geneem gedurende September 1973 by die baken van die Seweweekspoortpiek (2 325 m bo seevlak).

Vroeë artikels oor die Anglo-Boereoorlog wat in internasionale vakkundige tydskrifte verskyn het

Handré Brand Seminare en essays 2015-09-29

"Die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is baie goed gedokumenteer soos blyk uit die groot getal boeke, biografieë, outobiografieë, koerant- en populêretydskrifartikels, ongepubliseerde dokumente, argief- en museummateriaal asook mondelinge getuienis wat beskikbaar is. Vergelykenderwys het minder artikels in vakkundige tydskrifte oor die onderwerp verskyn."

Die fusillerings van Johannes Morgendaal en Lambert Colyn

Handré Brand Seminare en essays 2015-08-12

Twee manne sterf voor die vuurpeleton tydens die ABO: Morgendaal en Colyn. Hul gevalle word met mekaar vergelyk en deur die kognitiewe-dissonansie-teorie geïnterpreteer.

Top