Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, deur Naledi gepubliseer.

Selfportret: Gister vandag en môre – ’n pantoen

Estelle Kruger Poësie 2019-08-02

"musiek was deel van jou lewe en toe sterf die note stadig weg"

Blou is nie ’n kleur nie : ’n leeskring se bespreking

Estelle Kruger Leeskringe 2019-07-03

Estelle Kruger het die jeugboek Blou is nie 'n kleur nie by haar leeskring bespreek. 

Genees die tablet of gee dit kopseer? ’n Gesprek oor tegnologie by die huis en in die klas

Naomi Meyer, Ria Taylor, Estelle Kruger, Jean Vermeulen Onderhoude 2019-04-09

"As hulle reeds in oormaat met tegnologie gebombardeer word, waarom dit dan ook in die klaskamer gebruik?"

Tegnologie in die klaskamer: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Ria Taylor Onderhoude 2019-03-07

Die wêreld is besig om te verander. Behoort onderrigbenaderings aangepas te word om digitale boorlinge binne die klaskamer te akkommodeer?

Hoe besluit ’n mens wie se kultuur moet onderrig word?

Estelle Kruger, Elbie Adendorff, Mari Koegelenberg Onderhoude 2018-12-19

"Die vraag oor wie se kultuur en 'watse' kultuur is nogal problematies. Ek onderrig nie net in my vreemdetaalmodule sogenaamde Afrikaanse kultuur nie. Ek sluit aspekte van die studente se kultuur in."

Só skryf mens ’n akademiese artikel

Estelle Kruger, Hannes van der Walt, Charl Wolhuter Onderhoude 2018-12-12

"Teen die tyd dat die artikel geskryf word, is dit eintlik te laat om so ’n raamwerk te bou, aangesien die raamwerk al die aanvanklike navorsing moes gerig en gelei het."

’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Elize Vos, Ronel van Oort Onderhoude 2018-11-15

"Trauma (veral verlies en dood) is so deel van elkeen van ons se lewens, en met die lees van hierdie jeugroman het ek tot die besef gekom dat jou geloof en die verbreking van stilte tot heling en veerkragtigheid lei."

Onderwys, opvoeding en gebruike in ’n nuwe era

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Onderhoude 2018-10-17

"[T]oe ek begin met my navorsing, was ek reeds deeglik bewus van die heersende toestand van verbruik en misbruik van die aarde se natuurlike hulpbronne, maar ek het nooit werklik besin oor die meerderwaardigheid waarmee die mens die niemenslike bejeën nie."

Onderhoud: Maak die skoolhoof die skool?

Estelle Kruger, Leentjie van Jaarsveld, Charl Wolhuter, Branwen Challens Onderhoude 2018-10-10

"Die onderwysers met wie ek die onderhoude gevoer het, het deurgaans gesê dat hulle verkies dat die skoolhoof ’n demokratiese leierskapstyl beoefen."

’n Persoonlike navorsingsreis: ek en my universiteit

Estelle Kruger, Louise Schmidt Onderhoude 2018-09-06

"Ek sou nie wou sê ons leef in ’n gebroke onderwyswêreld nie, maar eerder in ’n hiperkomplekse een. Die enigste oplossing is kommunikasie, openheid, saamwerk en liefde."

Lag en leesmotivering: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Nandi Lessing-Venter Onderhoude 2018-08-21

"Wanneer ’n mens dieper begin delf in kinders se sin vir humor, maak dit ’n hele ander wêreld vir ’n mens oop."

Gemeenskapsprojekte – mense wat ’n verskil maak: freshStart, Sedgefield

Estelle Kruger Onderhoude 2018-08-02

"freshStart se leuse is om mense te help om hulself te help. Dit is dus ’n gemeenskapsprojek met ’n verskil: ons wil kinders bemagtig om hulself te help dmv herwinning. Hulle leer onder andere lewenslesse soos harde werk, beplanning, spaar en getrouheid."

Wêrelde uitmekaar: raad vir plaaslike, wêreldbekwame navorsers

Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Onderhoude 2018-07-31

"Ons het verskeie 'wêrelde' binne ons eie land, en ons moet bekwaamheid ontwikkel oor kultuur- en taalgrense heen, sodat ons ook suksesvol navorsing kan doen in ’n vreemde omgewing wat dalk net 10 km ver is."

Die slaaimetode: ’n gesonde lees- en leertegniek

Estelle Kruger, Amanda Anker, Sanet Cox Onderhoude 2018-07-11

"Dit behels die konkrete uitbeelding van die denkproses tydens lees met behulp van gekleurde blokkies papier wat onderskeidelik die teks (in groen blokkies) en denke (in rooi blokkies) voorstel. Aan die hand van ’n leesstuk beeld die dosent dan die proses uit en bou die 'slaai' as kombinasie van teks en denke, wat gesamentlik tot die leesproses lei."

Ly jou laerskoolkind aan aandagtekort?

Estelle Kruger, Estelle Swart, Susan du Toit Onderhoude 2018-06-28

As jou kind ATHV het, plaas dit, behalwe die gewone eise van ouerskap, eiesoortige druk en stres op jou as ouer. Raad en wenke vir ouers en onderwysers blyk uit die navorsing vir 'n artikel wat onlangs in LitNet Akademies (Opvoedkunde) gepubliseer is. Lees hierdie onderhoud!

Top