Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, en in 2025 haar versebundel, Skemerversedeur Naledi gepubliseer.

Kaleidoskoop van ’n vriendskap

Estelle Kruger Poësie 2020-08-18

"Jy het my pelgrimspad in die labirint
met ’n mosaïek van kleur bestrooi soos vir ’n sterrekind"

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser Onderhoude 2020-08-17

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer."

Lugkastele

Estelle Kruger Poësie 2020-07-03

"Swierige kleuredos
tooi my wêreld
met stapels van
ander koninkryke"

Tieners se stryd met die "nuwe normaal" in ’n grendelstaat

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Bernie Plaatjies, Henry Fillies Onderhoude 2020-07-02

"Soms is die bloedjies so oulik jy kan hulle opvreet en soms so onmoontlik jy wens jy het hulle opgevreet."

Afskeidsgedigte

Estelle Kruger Poësie 2019-12-11

“Hoe boetseer ek klei of modder
om ’n beeld te vorm ...”

Sedgefield se leeskring loop ’n natuurpad

Estelle Kruger Leeskringkamer 2019-12-04

"Sedgefield Leeskring het behoorlik die natuurpad saam met Antoinette en oom Johannes geloop tydens Dianna Lombard se bespreking van Die lang man sonder skaduwee."

’n Doolhof en ’n haikoe

Estelle Kruger Poësie 2019-10-15

“Hier en daar
vleg deurmekaar
en verdwaal in die doolhof”

Aftree-oord

Estelle Kruger Poësie 2019-09-11

“Party vir ’n vriendelike glimlag
Ander vir ’n nuwe dag
Ons almal wag”

Selfportret: Gister vandag en môre – ’n pantoen

Estelle Kruger Poësie 2019-08-02

"musiek was deel van jou lewe en toe sterf die note stadig weg"

Blou is nie ’n kleur nie : ’n leeskring se bespreking

Estelle Kruger Leeskringe 2019-07-03

Estelle Kruger het die jeugboek Blou is nie 'n kleur nie by haar leeskring bespreek. 

Genees die tablet of gee dit kopseer? ’n Gesprek oor tegnologie by die huis en in die klas

Naomi Meyer, Ria Taylor, Estelle Kruger, Jean Vermeulen Onderhoude 2019-04-09

"As hulle reeds in oormaat met tegnologie gebombardeer word, waarom dit dan ook in die klaskamer gebruik?"

Tegnologie in die klaskamer: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Ria Taylor Onderhoude 2019-03-07

Die wêreld is besig om te verander. Behoort onderrigbenaderings aangepas te word om digitale boorlinge binne die klaskamer te akkommodeer?

Hoe besluit ’n mens wie se kultuur moet onderrig word?

Estelle Kruger, Elbie Adendorff, Mari Koegelenberg Onderhoude 2018-12-19

"Die vraag oor wie se kultuur en 'watse' kultuur is nogal problematies. Ek onderrig nie net in my vreemdetaalmodule sogenaamde Afrikaanse kultuur nie. Ek sluit aspekte van die studente se kultuur in."

Só skryf mens ’n akademiese artikel

Estelle Kruger, Hannes van der Walt, Charl Wolhuter Onderhoude 2018-12-12

"Teen die tyd dat die artikel geskryf word, is dit eintlik te laat om so ’n raamwerk te bou, aangesien die raamwerk al die aanvanklike navorsing moes gerig en gelei het."

’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Elize Vos, Ronel van Oort Onderhoude 2018-11-15

"Trauma (veral verlies en dood) is so deel van elkeen van ons se lewens, en met die lees van hierdie jeugroman het ek tot die besef gekom dat jou geloof en die verbreking van stilte tot heling en veerkragtigheid lei."

Top