Aftree-oord

  • 4

Ons almal wag
Party vir ons kos
Ander vir ons vriende
Party vir ons pos
Ander vir ons kinders en ander dierbares
Party vir tyd om te kyk na die vlinders
Ander vir die dood
Party vir die einde van ons pyn en lydingsnood
Ander vir ’n lewe of ’n strewe
Party vir ’n vriendelike glimlag
Ander vir ’n nuwe dag
Ons almal wag

Lees ook

Selfportret: Gister vandag en môre – ’n pantoen

 

  • 4

Kommentaar

  • Christa van Staden

    Hierdie skryfwerk bly lank in my gedagtes ronddwaal, miskien omdat dit die lewe in 'n aftree-oord in 'n paar woorde saamvat, anders as wat ek my eie dae in 'n aftree-oord voorstel. Op die oomblik. Miskien omdat die afwisselende gebruik van party en ander verskeie woorde in my gedagtes laat vassteek. Misien oor die gebruik van ons wat my by die wag betrek en laat wonder watter een van die wagtendes ek sou wees die dag wat ek wel in 'n aftree-oord aftree. Daarom wil ek die digter gelukwens met 'n woordkragspel.

  • Lucille Berner

    Dit is pragtig, Estelle! Weerspieël soveel van die emosies wat mens by die inwoners van so 'n oord sien. Laat mens dink. Dankie.

  • Sjoe, Estelle, dit is mooi en tog ook hartseer. Ek moet meer by my ouers uitkom, hulle wag ook in hulle aftreehuis. Jy is egter baie, baie besig, dus wonder ek of die tyd nie vir jou vinniger as vir ander vlieg nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top