horlosies en tyd bepaal jou bestaan
die een kyk ondertoe, agtertoe met mistroostigheid en wanhoop
die ander een kyk boontoe, vorentoe met entoesiasme en hoop
musiek was deel van jou lewe en toe sterf die note stadig weg

’n wals tussen jou volwasse self en die kind in jou

speel, lag, lees, werk, swaai, wip-en-hop, bepeins en skryf
’n wals tussen jou volwasse self en die kind in jou
die ander een kyk boontoe, vorentoe met entoesiasme en hoop
speel, lag, lees, werk, swaai, wip-en-hop, bepeins en skryf
horlosies en tyd bepaal jou bestaan

Kommentaar
Mooi Estelle. Hou aan skryf
'n Uitstekende skryfstuk, min woorde om 'n groot boodskap uit te dra. Moenie ophou skryf nie, Estelle.
Mooi Estelle. Baie raak gesê!