Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, deur Naledi gepubliseer.

Ontsluit die fondse van kennis: Estelle Kruger gesels met Henry Fillies

Estelle Kruger, Henry Fillies Onderhoude 2017-01-10

Dit is die begin van ’n nuwe skooljaar en die land gons nog oor verlede jaar se matriekuitslae. Orals lees mens van geweldige ongelykheid in Suid-Afrikaanse skole. Maar nie almal sit net en toekyk nie. Aslam Fataar en Henry Fillies is besig met navorsing in skole binne werkersklasomgewings. En hul positiewe bevindings binne die gemeenskap laat mens nadink.

Sosiogramme en genetwerkte leer: ’n soort opsitkers vir onderwysers

Estelle Kruger, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2016-11-30

"Onderwysers kan baie by mekaar leer. Soms gebeur dit nie. Wáár kan onderwysers met mekaar gesels oor dinge wat noodsaaklik is? Die web kan dalk gebruik word om 'n tuiste te skep."

Boekresensie: Harry Griesel I: Operasie spookredding deur Sonja Kaiblinger

Estelle Kruger Resensies 2016-11-24

"Hierdie boek is ten spyte van die grieselrige gedagtes nooit te skrikwekkend vir jonger lesers nie en ’n mens is nooit seker watter belaglike dinge volgende gaan gebeur nie."

Boekresensie: Die Engelsman in my slaai deur Dihanna Taute

Estelle Kruger Resensies 2016-11-11

"Die Engelsman in my slaai is ’n prettige tienerromanse vir meisies."

Met bome soos met boeke

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Onderhoude 2016-10-27

 "’n Liefde vir lees moet gekwéék word."

Dink buite die boks: die belang van die vak wiskundige geletterdheid

Estelle Kruger, Wynand van der Merwe, Petro van der Merwe Onderhoude 2016-09-22

"As dit ’n uur neem om ’n gat te grou, hoe lank neem dit om 'n halwe gat te grou?"

As universiteite verengels, hoe gemaak met opvoedkundestudente wat by Afrikaanse skole gaan skoolhou?

Estelle Kruger, Gert van der Westhuizen, Alta Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2016-09-02

"Om opgelei te word as onderwyser deur medium van Engels is die realiteit vir meer as 90% van onderwysstudente aan Suid-Afrikaanse universiteite."

Het Afrikaanse liedjies hierdie studente gehelp om Afrikaans beter te kon uitspreek?

Estelle Kruger, Elbie Adendorff, Jaydey Sass Onderhoude 2016-08-25

"Ek het geleer dat taalverwerwing met pret en genot saamgaan; dat selfs ietsie net so klein soos luister na musiek akademiese waarde het. Dit was vir my verblydend dat die studente wat na musiek geluister het, wel verbetering in uitspraak getoon het."

Onderhoud: Dis swaar as 'n ouer sterf

Estelle Kruger, Ansie Lessing, Zenobia Kock Onderhoude 2016-08-09

“Vanuit my persoonlike gesprekke met dié seuns het ek waargeneem dat hulle dikwels hul rouproses uitstel of onderdruk in 'n poging om nie uiting aan hul emosies te gee nie.”

Gewaardeerde onderwysers, presterende leerders

Estelle Kruger, Hettie van der Merwe Onderhoude 2016-07-27

"Sonder om dramaties te wees, dink ek onderwysers red ... lewens op ‘n daaglikse basis."

Onderhoud: Lyfstraf versus 'n voorbeeld wat respek afdwing

Erna Liebenberg, Johnnie Hay, Roelf Reyneke, Estelle Kruger Onderhoude 2016-07-20

"Onderwysers kan dus begin deur eerstens respek te toon aan leerders en ouers deur self professioneel op te tree en duidelike praktiese riglyne en struktuur daar te stel wat respekvolle optrede betref."

Onderhoud: Richard Stanley en Estelle Kruger se breingebaseerde-leer-projek

Richard Stanley, Estelle Kruger, Naomi Meyer Onderhoude 2016-07-14

"[E]lke kind het potensiaal ongeag die konteks waarin hy hom bevind."

Kreatieweskryfmodule: Wenke vir onderwysers

Marian Clift, Estelle Kruger Skole 2016-06-21

Hoe help 'n mens leerders om opstelle te skryf? Dink buite die boks: gebruik die internet, luister musiek.  Hier is 'n onderhoud tussen Estelle Kruger en Marian Clift wat onderwysers wenke gee om hul leerders se kreatiewe skryfpotensiaal te ontsluit. 

Die aanpassing van skolier na student: waarom party studente dit máák, maar ander sukkel

Louis van Staden, Estelle Kruger Onderhoude 2016-06-01

Daar word baie oor Suid-Afrikaanse universiteite gepraat: oor taal, transformasie, dekolonisasie, en kostes. Tussen als deur is daar studente wat net wil graad en werk kry. Maar wat as jy vroeg in jou studies al uitval? Louis van Staden gesels oor sy navorsing.

Die leerpraktykvorming van hoërskoolleerders op ’n plattelandse werkersklasdorp

Aslam Fataar, Henry Fillies, Estelle Kruger Onderhoude 2016-05-25

"Die omstandighede waaronder hulle geleef het, was by tye ’n bron van inspirasie. Verder was dit betekenisvol in hul sienings van hul toekoms van wat hulle wou word en nie wil word nie."

Top