Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, deur Naledi gepubliseer.

Hoe om 'n graad 3-leerder in staat te stel om beter en vinniger te leer

Irene Brand, Christine Anthonissen, Estelle Kruger Onderhoude 2017-09-06

"Die een beginsel wat hier ondersteun word, is dat leerders wat lees-, skryf- en narratiefwerk geniet, meer en vinniger sal leer. ‘n Tweede beginsel is dat minder aandag aan 'taalfoute' en meer aandag aan die proses van skeppend vertel en skryf op die lange duur ook die formele aspekte van taal beter gaan help ontwikkel, omdat leerders nie geïnhibeer word deur vrees vir 'foute maak' nie."

Navorsingsassistentskappe: wie behoort aangestel te word?

Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Onderhoude 2017-08-28

"Dit is my oortuiging dat ons nie net moet konsentreer op die mentorskap van permanent aangestelde jong personeel nie, maar ook moet belê in toekomstige navorsers deur die potensiaal van navorsingsassistente te ontgin."

Kan leerders uitstyg bo moeilike omstandighede? Ja, hulle kan!

Petro van Niekerk, Estelle Kruger Onderhoude 2017-08-21

"As kinders by hulle opvoeders die boodskap kan kry dat hulle nooit slagoffers van enige situasie hoef te wees nie, dat hulle altyd ’n keuse kan uitoefen om self verantwoordelikheid op te neem vir hulle eie bestemming, kan dit ontsaglik baie tot innerlike veerkragtigheid bydra."

Afknouery en bullebakkery teenoor onderwysers

Nehemiah Phooko, Helen Meyer, Estelle Kruger Onderhoude 2017-07-31

"Slagoffers is bang om te praat, omdat dit aanleiding kan gee tot meer teistering. Hulle verduur dus die situasie met die hoop dat dit sal oorwaai en omdat dit hul bron van inkomste is wat hul nie kan verloor nie, en dit verklaar ook die geweldige trauma en spanning wat hul ervaar."

Mik-en-tik teenoor selfgerigte leer en toetsbordvaardigheid

Elsie Lubbe, Estelle Kruger Onderhoude 2017-07-19

"Dit sal vir my wonderlik wees as ek dit kan regkry dat leerders in Suid-Afrika ook die waarde van toetsbordvaardigheid in die tegnologiese era waarin ons ons bevind kan besef en hierdie vaardigheid ook reeds in laerskole (vanaf graad 4) in ons Suid-Afrikaanse skole onderrig kan word."

Stories help om navorsing – en menswees – te verstaan

Estelle Kruger, Marguerite Müller, Julian Müller Onderhoude 2017-07-06

"Dit is juis deur fiksie dat dit vir ons moontlik word om uitdrukking te gee aan beide ons negatiewe en ons positiewe ervaringe." 

Leerders se behoeftes versus die druk op onderwysers om self te presteer

Estelle Kruger, Milton van Wyk Onderhoude 2017-06-27

"Ek het deur my onderwysloopbaan eerstehands bepaalde kritiese dilemmas ervaar. Van die dilemmas is dat die betekenis van onderwys radikaal verander het en dat dit uitsluitlik gemik is op prestasie, uitsette en effektiwiteit."

Die jeugboek Anna Atoom, wetenskapfiksie en omgewingsgesprekke

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Onderhoude 2017-06-15

"Niks verhoed ... die wetenskaponderwyser om fiksietekste soos die Anna Atoom-reeks, met die talle feiteblokke, in die klaskamer in te span nie."

Skoolleiers en sosiale geregtigheid: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Clarence Williams Onderhoude 2017-06-07

“Ek is ’n voorstander van die begrip van gedeelde leierskap wat gebaseer is op die idee dat leierskap nie die uitsluitlike domein van een individu is nie, maar in baie mense gesetel is. Ek glo dat alle opvoeders die potensiaal het en geregtig is om tot leierskap by te dra.”

Om al die balle in die lug te hou: 'n Gesprek oor rolkonflik by manlike onderwysers

Estelle Kruger, Deon Vos Onderhoude 2017-05-31

"Hierdie navorsing het bewys dat rolkonflik ’n baie ernstige werklikheid is waarmee rekening gehou moet word. Alle opvoeders beleef rolkonflik tot ’n sekere mate. Dit is uiters belangrik dat persone in gesagsposisies by die werk asook gesinslede toegerus moet word om rolkonflik te begryp en te minimaliseer."

Kinders se leesprobleme: is daar oplossings?

Ansie Lessing, Marike W de Witt, Estelle Kruger Onderhoude 2017-05-18

"Ongeletterde ouers kan stories vertel en hulle kinders aanmoedig om te luister, aandag te gee en die stories te herhaal. Maak die kinders bewus van klanke, vorme en kleure."

Onderwêreld: gewaagd of geslaagd?

Estelle Kruger, Elize Vos Onderhoude 2017-03-28

"Adolessente beleef nie noodwendig meer ’n 'beskermde wêreld waarin hulle veiligheid ervaar' nie. Ons kan hierdie kontensieuse onderwerpe nie meer van hulle weghou en hulle leesstof langer in watte toedraai nie."

Die "ons" in Afrikaanse handboeke

Estelle Kruger, Alta Engelbrecht Onderhoude 2017-03-20

"Ek dink almal kan op hierdie stadium ’n tuiste in Afrikaanse handboeke vind, maar ons moet net bly waak daarteen dat ons nooit weer ’n 'ons' en 'hulle' in ons handboeke skep nie."

Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud

Estelle Kruger, Michele van der Merwe, Carina America Onderhoude 2017-03-07

“Woordeboeke moet as kennisbron gesien word – houers vol nuttige taalkundige inligting.”

Decolonising education in South Africa: An interview with Aslam Fataar

Estelle Kruger, Aslam Fataar Universiteitseminaar | University Seminar 2017-01-23

"Intercultural education promotes a type of epistemic openness to the knowledges of all human beings."

Top