Onderwys, opvoeding en gebruike in ’n nuwe era
2018-10-17"[T]oe ek begin met my navorsing, was ek reeds deeglik bewus van die heersende toestand van verbruik en misbruik van die aarde se natuurlike hulpbronne, maar ek het nooit werklik besin oor die meerderwaardigheid waarmee die mens die niemenslike bejeën nie."
Onderhoud: Maak die skoolhoof die skool?
2018-10-10"Die onderwysers met wie ek die onderhoude gevoer het, het deurgaans gesê dat hulle verkies dat die skoolhoof ’n demokratiese leierskapstyl beoefen."
’n Persoonlike navorsingsreis: ek en my universiteit
2018-09-06"Ek sou nie wou sê ons leef in ’n gebroke onderwyswêreld nie, maar eerder in ’n hiperkomplekse een. Die enigste oplossing is kommunikasie, openheid, saamwerk en liefde."
Lag en leesmotivering: ’n onderhoud
2018-08-21"Wanneer ’n mens dieper begin delf in kinders se sin vir humor, maak dit ’n hele ander wêreld vir ’n mens oop."
Gemeenskapsprojekte – mense wat ’n verskil maak: freshStart, Sedgefield
2018-08-02"freshStart se leuse is om mense te help om hulself te help. Dit is dus ’n gemeenskapsprojek met ’n verskil: ons wil kinders bemagtig om hulself te help dmv herwinning. Hulle leer onder andere lewenslesse soos harde werk, beplanning, spaar en getrouheid."
Wêrelde uitmekaar: raad vir plaaslike, wêreldbekwame navorsers
2018-07-31"Ons het verskeie 'wêrelde' binne ons eie land, en ons moet bekwaamheid ontwikkel oor kultuur- en taalgrense heen, sodat ons ook suksesvol navorsing kan doen in ’n vreemde omgewing wat dalk net 10 km ver is."
Die slaaimetode: ’n gesonde lees- en leertegniek
2018-07-11"Dit behels die konkrete uitbeelding van die denkproses tydens lees met behulp van gekleurde blokkies papier wat onderskeidelik die teks (in groen blokkies) en denke (in rooi blokkies) voorstel. Aan die hand van ’n leesstuk beeld die dosent dan die proses uit en bou die 'slaai' as kombinasie van teks en denke, wat gesamentlik tot die leesproses lei."
Ly jou laerskoolkind aan aandagtekort?
2018-06-28As jou kind ATHV het, plaas dit, behalwe die gewone eise van ouerskap, eiesoortige druk en stres op jou as ouer. Raad en wenke vir ouers en onderwysers blyk uit die navorsing vir 'n artikel wat onlangs in LitNet Akademies (Opvoedkunde) gepubliseer is. Lees hierdie onderhoud!
WhatsApp en die onderwys? Die sosiale media tot die redding!
2018-06-20"Ek glo dat aanlynleeromgewings leer effektiewer ondersteun omdat die presiese inhoud van gesprekke outomaties geberg word om sinchroniese en asinchroniese deelname aan gesprekke moontlik te maak."
Omskep ’n skool in ’n ware lugkasteel – en kweek verbeeldingryke leerders: ’n onderhoud
2018-06-13"Dit is ons doel om deur middel van ons artikel ruimte as ’n kragtige stuk gereedskap aan ons lesers bekend te stel en deur middel van die omskepping van dooie fisiese ruimtes in uitnodigende, inspirerende en kreatiewe leeromgewings ons land se leerderprestasie te help verbeter."
Aandagafleibaarheid en skoolkinders
2018-04-18"Breingimnastiekoefeninge is vinnige, pretbewegings wat die leerders se aandag rig en fokus voordat die onderwyser met ’n les begin. Elke oefening is ontwerp om die brein te betrek, om van oortollige energie ontslae te raak, stres te ontlaai en om leer te verbeter."
Oop gesprekke oor genderuitbeelding in jeugverhale
2018-04-05"Ek sal graag wil hê dat my leerders hul selfwaarde moet besef; dat hulle elkeen uniek en ’n individu is en dat hul menswees nie onderhewig moet wees aan die samelewing se vooropgestelde idees van wie hulle as mense moet wees net omdat hulle gebore word as seun of dogter nie."
Kennis is mag! Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders
2018-03-19"Die hele samelewing, en nie net vrouens nie, is aandadig aan gewelddadigheid, omdat ons nie genoeg oor die onderwerp, en die oorsake en gevolge daarvan, praat nie. Dit vra dus vir die aanspreek (en veroordeling) van geweld in opvoeding en onderrrig op alle moontlike vlakke."
Omstrede kwessies in voorgeskrewe jeugliteratuur: ’n onderhoud
2018-02-15"Ek sou beslis ’n voorstander wees daarvan om jeugromans van ’n omstrede aard, maar met ’n hoopvolle einde, voor te skryf. Ek glo dat leerders deur die lees van sulke jeugromans afsluiting (katarsis) kan vind van hulle eie probleme of ten minste vaardighede kan aanleer om soortgelyke probleme te kan hanteer."
KABV: Ruimte vir kreatiwiteit in die taalklaskamer?
2018-01-16"Doen meer as wat van jou verwag word, dit gaan die moeite werd wees. As jy entoesiasties is oor die taal, sal dit aansteeklik wees." Ronel van Oort gesels met Estelle Kruger en deel ook praktiese wenke vir onderwysers se taallesse.

