Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, deur Naledi gepubliseer.

WhatsApp en die onderwys? Die sosiale media tot die redding!

Estelle Kruger, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2018-06-20

"Ek glo dat aanlynleeromgewings leer effektiewer ondersteun omdat die presiese inhoud van gesprekke outomaties geberg word om sinchroniese en asinchroniese deelname aan gesprekke moontlik te maak."

Omskep ’n skool in ’n ware lugkasteel – en kweek verbeeldingryke leerders: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Johann Burger, Aslam Fataar Onderhoude 2018-06-13

"Dit is ons doel om deur middel van ons artikel ruimte as ’n kragtige stuk gereedskap aan ons lesers bekend te stel en deur middel van die omskepping van dooie fisiese ruimtes in uitnodigende, inspirerende en kreatiewe leeromgewings ons land se leerderprestasie te help verbeter."

Aandagafleibaarheid en skoolkinders

Estelle Kruger, Ronel Wiese Onderhoude 2018-04-18

"Breingimnastiekoefeninge is vinnige, pretbewegings wat die leerders se aandag rig en fokus voordat die onderwyser met ’n les begin. Elke oefening is ontwerp om die brein te betrek, om van oortollige energie ontslae te raak, stres te ontlaai en om leer te verbeter."

Oop gesprekke oor genderuitbeelding in jeugverhale

Estelle Kruger, Isabella Geldenhuys, Johan Anker Onderhoude 2018-04-05

"Ek sal graag wil hê dat my leerders hul selfwaarde moet besef; dat hulle elkeen uniek en ’n individu is en dat hul menswees nie onderhewig moet wees aan die samelewing se vooropgestelde idees van wie hulle as mense moet wees net omdat hulle gebore word as seun of dogter nie."

Kennis is mag! Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Geesje van den Berg Onderhoude 2018-03-19

"Die hele samelewing, en nie net vrouens nie, is aandadig aan gewelddadigheid, omdat ons nie genoeg oor die onderwerp, en die oorsake en gevolge daarvan, praat nie. Dit vra dus vir die aanspreek (en veroordeling) van geweld in opvoeding en onderrrig op alle moontlike vlakke."

Omstrede kwessies in voorgeskrewe jeugliteratuur: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Elize Vos Onderhoude 2018-02-15

"Ek sou beslis ’n voorstander wees daarvan om jeugromans van ’n omstrede aard, maar met ’n hoopvolle einde, voor te skryf. Ek glo dat leerders deur die lees van sulke jeugromans afsluiting (katarsis) kan vind van hulle eie probleme of ten minste vaardighede kan aanleer om soortgelyke probleme te kan hanteer."

KABV: Ruimte vir kreatiwiteit in die taalklaskamer?

Estelle Kruger, Ronel van Oort Onderhoude 2018-01-16

"Doen meer as wat van jou verwag word, dit gaan die moeite werd wees. As jy entoesiasties is oor die taal, sal dit aansteeklik wees." Ronel van Oort gesels met Estelle Kruger en deel ook praktiese wenke vir onderwysers se taallesse.

Prettige maniere om Afrikaans te leer praat

Estelle Kruger, Elbie Adendorff, Arné Binneman, Ju-Mari du Plessis Onderhoude 2017-12-22

"Ek het opnuut my liefde vir Afrikaans ontdek. Die studente se opgewondenheid en positiewe reaksies wys daarop dat Afrikaans ’n lekker leef- en lagtaal is."

Kinders en lees: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Nandi Lessing-Venter Onderhoude 2017-12-22

"Leeswaardering beteken dat die leser hou van ’n teks en emosioneel daarby betrokke raak deur met die karakters en gebeure in die teks te kan identifiseer. Leesbegrip vind plaas wanneer die leser verstaan wat hy/sy lees."

Ondersteuning van onderwysers aanlyn: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2017-12-06

"Ek dink juis aanlynleeromgewings bied ’n manier om onderwysers in afgeleë gebiede te bereik en by die groter Suid-Afrikaanse onderwysergemeenskap te betrek. Tegnologie is geduldig, en berg artefakte van gesprekke, en dus hoef onderwysers nie die hele tyd aanlyn te wees om saam te leer nie."

Jeugfiksie en 'n verkenning van die natuur: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Onderhoude 2017-12-06

"Werklike belewenis van die natuurlike omgewing is nie noodwendig vir kinders in stedelike gebiede beskore nie. Om in ’n digte woud te gaan stap en onbevange daar te kan speel, is deesdae bykans onvoorstelbaar."

Nuusflits: Flitskaarte is ’n belangrike hulpmiddel in enige klaskamer

Ansie Lessing, Marike W de Witt, Estelle Kruger Onderhoude 2017-11-09

"Dis belangrik dat onderwysers sal besef dat die gebruik van flitskaarte ’n onderontginde hulpmiddel is wat in meer as net die leesprogram gebruik kan word."

Sonder kompas: Hoe navigeer ’n arm leerder sy pad deur sy skoolloopbaan?

Jerome Joorst, Estelle Kruger Onderhoude 2017-09-27

"Hierdie kinders moet dikwels hul skoling doen parallel met ’n stryd om oorlewing. Alhoewel die regering baie gedoen het en steeds baie doen om historiese ongelykhede tussen skole aan te spreek, sukkel arm, landelike leerders steeds meer as ander kinders met historiese materiële ongelykheid binne en buite die skool." 

Die opvoedermoreel van vandag se onderwysers

Kobus Liebenberg, Estelle Kruger Onderhoude 2017-09-21

"Baie opvoeders is in staat om spanning en stres in hul beroep en persoonlike lewe te hanteer. Vir baie ander opvoeders is die stres en die spanning onhanteerbaar en dit veroorsaak werkuitbranding, emosionele uitputting en gevolglike lae moreel." 

Vergifnisonderwys: wat is dit en waarom is dit nodig?

Hannes van der Walt, Estelle Kruger Onderhoude 2017-09-12

"As ons en ons kinders nie leer wat onreg is en wat vergifnis behels nie, sal ons tot in lengte van dae sukkel met swak verhoudinge onder mekaar, veral ook met swak verhoudinge tussen die verskillende bevolkingsgroepe waaruit ons bevolking van meer as 56 miljoen mense bestaan."

Top